‘Hulle hou my in die duister en voer my kraalmis of ek ’n sampioen is.”
Dis wat ’n onseker kieser, Paulette van Pennsilvanië, in ’n fyn uitgesoekte fokusgroep van die twee kandidate in die Amerikaans presidentsverkiesing dink ná Donderdagaand se TV-debat tussen Donald Trump en Joe Biden.
“Ek het gedink Biden gaan vanaand vir ons vertel hoe hy die groot dinge gaan doen wat hy belowe, maar daar was niks daarvan nie,” het Paulette gesê in antwoord op vrae van Frank Luntz, een van Amerika se voorste peiling-spesialiste.
Luntz, wat vroeër baanbrekerswerk met peilings vir die Republikeine gedoen het, het die 14 deelnemers aan die fokusgroep sorgvuldig gekies uit ’n halfmiljoen kiesers wat nog nie besluit het vir wie hulle gaan stem nie. Die groep is só saamgestel dat sy…