СТАТЬИБИБЛИОТЕКАЖУРНАЛЫ
КАТЕГОРИИ
  • Искусство и архитектура
  • Лодки и авиация
  • Бизнес и финансы
  • Автомобили и Мотоциклы
  • Знаменитости и Стиль жизни
  • Comics & Manga
  • Рукоделие
  • Культура и Литература
  • Семья и Воспитание
  • Мода
  • Кулинария и Вино
  • Здоровье и Фитнес
  • Дом и Сад
  • Охота и Рыбалка
  • Дети и Подростки
  • Роскошь
  • Стиль жизни - Мужчины
  • Фильмы, ТВ и музыка
  • Новости и Политика
  • Фотография
  • Наука
  • Спорт
  • Технологии и Игры
  • Путешествия и Отдых
  • Стиль жизни - Женщины
  • Для взрослых
ИЗБРАННОЕ
СТАТЬИБИБЛИОТЕКА
 / Новости и Политика
Rapport

Rapport

1/26/2020

Die Rapport wat jy ken. Kry eksklusiewe nuus oor politiek, sport en mense asook Hanlie Retief se profielonderhoud. Kry raad oor jou finansies in Sake, menings en boekresensies in Weekliks en heerlike stories oor reis, kos, gesondheid en leefstyl in Beleef.

Страна:
South Africa
Язык:
Afrikaans
Издатель:
Media 24 Ltd
Читать больше
ПОДПИСАТЬСЯ
4 152,72 ₽
52 Номера(ов)

В ЭТОМ НОМЕРЕ

4 мин.
vry nadat hy drie kinders vermoor

’Nvoormalige lugmagsersant van Hoedspruit wat ’n kinderprostituut in Burundi verwurg het en daarna ook sy eie kinders met ’n R4-aanvalsgeweer in sy huis doodgeskiet het, gaan vrygelaat word ná slegs 13 jaar agter tralies. Flippie Venter (48), wat as ’n lid van die Suid-Afrikaanse vredesmag in Burundi diens gedoen het, is in 2006 tronk toe gestuur vir die moord op sy kinders, en ’n jaar later gevonnis vir die moord op die 14-jarige sekswerker. Venter se parool is Woensdag deur die paroolraad van die Barberton-tronk in Mpumalanga goedgekeur. Venter se eksvrou, Millie, wat die aanval oorleef het nadat sy self in die maag geskiet is, vrees nou opnuut vir haar lewe. Millie, wat die afgelope dekade hard gewerk het om vir haar ’n nuwe lewe te bou, het gister aan Rapport gesê sy gaan…

5 мин.
cyril wil self besluit wat jy vir jou grond kry

Ná maande se pogings om die kwessie van onteiening sonder vergoeding te skik, het pres. Cyril Ramaphosa die afgelope week die knuppel in die hoenderhok gegooi deur te sê dat hy en sy kabinet die mense is wat moet bepaal hoeveel geld – indien enige – ’n boer mag kry indien die staat sy plaas vat. Ramaphosa se uitspraak – wat deur sommige opposisielede beskryf word as “skrikwekkend” – kom enkele dae voordat die spertyd vir openbare kommentaar oor die wysiging van art. 25 van die Grondwet Vrydag sluit. Soos die voorstelle tans staan, gaan art. 25 van die Grondwet gewysig word om te beveel dat nasionale wetgewing die spesifieke omstandighede moet uitstippel “waar ’n hof mag besluit dat die vergoedingsbedrag (vir onteiende grond) nul is”. Vir Ramaphosa en die ANC is dié…

3 мин.
trump se amerika skuld ons niks nie

Suid-Afrika is ten beste ondankbaar vir Amerikaanse vriendskap, en soms openlik vyandig. Ons moet hieroor besin. Dit is lankal bekend dat die ANC nader voel aan Teheran en Harare as aan Washington, al is Amerika ekonomies gesproke ’n sleutel-bondgenoot, en al is die VSA steeds verreweg en ondanks Donald Trump die wêreld se mees robuuste, nastrewenswaardige demokrasie. Nikki Haley, ’n voormalige Amerikaanse ambassadeur by die Verenigde Nasies, het in 2018 al gesê Amerika sou hulp beeindig aan lande wat die VSA vyandiggesind is, en bygevoeg Suid-Afrika is een van die tien lande wat die meeste teen Amerika stem in VN-resolusies, saam met klepto-piesangrepublieke soos Zimbabwe, Burundi, Iran, Sirië, Venezuela, Noord-Korea en Kuba. Intussen het ’n Suid-Afrikaanse diplomaat selfs aangebied om Venezuela, waar mense uit asblikke eet en opposisiefigure geëlimineer word, militêr teen Amerikaanse aggressie…

4 мин.
mashaba-twis: mmusi wou lei

’NUitval oor wie die leier van hul politieke party sou wees, het glo veroorsaak dat Mmusi Maimane en Herman Mashaba se paadjies vir eers skei. Rapport verneem by ’n ingeligte bron dat Maimane, voormalige leier van die DA, en Mashaba, voormalige DA-burgemeester vir Johannesburg, twee weke gelede ’n uitval gehad het oor wie leier van die voorgenome wegbreekparty sou wees wat volgende jaar aan die munisipale verkiesing wil deelneem. Die ontmoeting het volgens Rapport se bron, wat na aan Maimane was toe hy nog DA-leier was, by Mashaba se huis in Johannesburg plaasgevind. Die twee kon nie tot ’n vergelyk kom nie. Kort daarna het Maimane aangekondig dat hy sy eie “beweging”, die Movement for One South Africa, begin. Maimane het egter gister aan Jacob Rooi gesê dat daar “geen geveg” tussen hom…

3 мин.
sal: mboweni se duur bloedneus

Die bloedneus wat Tito Mboweni by die ANC se nasionale uitvoerende komitee oor sy SAL-plan gekry het, kan belastingbetalers duur te staan kom. Mboweni het op die NUK se vergadering en lekgotla verlede naweek voorgestel dat die lugdiens gelikwideer word en ’n nuwe in sy plek gevestig word. In plaas daarvan is besluit die sukkelende redery moet geherstruktureer word. Die koste van dié proses kan na verneem word tot R10 miljard beloop. Die mikpunt is om ’n winsgewende nuwe redery onder die SAL-handelsnaam te vestig. Die regering het reeds R2 miljard vir die sakereddingsproses beloof. In die herstruktureringsproses sal ’n bykomende R8 miljard vir onder meer skeidingspakkette gebruik word. Onmiddellike likwidasie kan egter volgens ’n bron in die regering se ekonomiese groepering R50 miljard kos. Dit sal volgens Mboweni se kritici tot verdere afgradering van…

3 мин.
alexa se skok: my meisiekind kan nie hoor nie

Vyf en ’n half jaar gelede het Alexa Strachan, aktrise en feesbestuurder van Aardklop, verpletter op die vloer neergesak toe sy hoor haar babadogtertjie is gehoorgestremd en haar toekoms is onseker. Maar voorverlede Woensdag was klein Tana (7) al om 06:00 aangetrek en reg vir haar eerste gr. 1-dag by die Eduplex-laerskool in Pretoria. Dié mylpaal volg ná kogleêre inplantings en jare van terapie nadat Strachan gehoor het haar jongste het ouditiewe neuropatie. “Ek was daardie dag net plat, maar kan nou sê dat mense op verskillende tye groei en blom, en dis nou Tana se tyd,” het Strachan Donderdag by haar huis in Pretoria vertel, terwyl Tana opgewonde prentjies wys wat sy by die skool geteken het. ‘Wat jaag ons as ouers so?’ “Jy weet, ek wens net ek kan vir alle ouers een…