СТАТЬИБИБЛИОТЕКАЖУРНАЛЫ
КАТЕГОРИИ
ИЗБРАННОЕ
СТАТЬИБИБЛИОТЕКА
Кулинария и Вино
SARIE KOS

SARIE KOS

Jan/Mar 2020

SARIE KOS gaan oor kos wat die mond laat water en is trots SA. Die tydskrif is vir enigeen wat geïnspireer word deur smake en geure, wat geliefdes wil bederf met geregte so reg uit die hart. G’n fieterjasies of aansitterigheid nie, net goeie, eerlike kos en gesonde idees vir almal wat die wêreld van kos wil ontdek en die heilsaamheid daarvan wil geniet.

Страна:
South Africa
Язык:
Afrikaans
Издатель:
Media 24 Ltd
Читать больше
ПОДПИСАТЬСЯ
670,03 ₽
4 Номера(ов)

В этом номере

2 мин.
kospraatjies

Ek het nog altyd ’n sagte plek in my hart gehad vir die Kalahari en sy mense. En dis nie net omdat ek daar grootgeword het nie; kom ek vertel jou hoekom. Die mense daar is gul en hulle sal jou altyd met ’n groot glimlag groet. Dis mense wat jou verwelkom met goeie, eerlike kos – sonder tierlantyntjies. Hulle verstaan waaroor die lewe gaan: saamwees en oomblikke om te koester. Toe ek onlangs lees dat ons eie Michelin-sjef Jan Hendrik van der Westhuizen eersdaags die deure van KLEIN JAN by die Tswalureservaat in die Kalahari oopswaai, was ek bitter opgewonde. Want ek het net weer besef die Kalahari staan vir niks en niemand terug nie. Ek wou die nuwe jaar afskop met sy storie. Een van eerlike kos en ’n plattelandse…

1 мин.
sarie kos

REDAKSIONELE SPAN REDAKTEUR Michélle van Breda KOSREDAKTEUR Herman Lensing herman.lensing@sarie.com PROJEKBESTUURDER Pieter Hugo ONTWERPDIREKTEUR Anel Stapelberg TEKSREDAKTEURS Liesl Roodt & Natasja Lochner BEMARKINGSBESTUURDER Carmen Botma BEMARKINGSASSISTENT Anéne de Klerk REPRODUKSIE Noorieyah Fakier KANTOORBESTUURDER Amina Essop 021 406 2205 REDAKSIONELE ASSISTENT Liesel Pienaar 011 713 9263 DIGITALE REDAKTEUR Annemie Lombard annemie.lombard@sarie.com 021 406 4149 INHOUDSBESTUURDER Liani Jansen van Rensburg Liani.jvRensburg@sarie.com 021 406 4146 ADVERTENSIEVERKOPE HOOF: ADVERTENSIEVERKOPE Sarah Curtis Bowles Sarah.CurtisBowles@media24.com VERKOOPSBESTUURDER (JOHANNESBURG) Susan Pienaar spienaar@media24.com SLEUTELKLIËNTBESTUURDER (KST) Charlene Meyer 082 928 5970 HOOFBESTUURDER: MEDIA24 MAANDELIKSE TYDSKRIFTE Nerisa Coetzee FINANSIËLE BESTUURDER Jameelah Conway SIRKULASIEBESTUURDER Riaan Weyers 021 503 7179 KORPORATIEF UITVOERENDE HOOF: MEDIA24 Ishmet Davidson UITVOERENDE HOOF: DRUKMEDIA Rika Swart HOOFBESTUURDER: LEEFSTYL Minette Ferreira…

1 мин.
bmw se e-motor

BMW is een van die vervaardigers wat die voortou neem met die ontwikkeling en verkoop van elektriese voertuie. Só is die BMW i3 een van die gewildste e-motors op die mark. Sy futuristiese ontwerp trek veral baie aandag terwyl dit ongelooflik luuks is. Die jongste generasie i3-reeks, waarvan ons die sportiewe i3s-model toetsbestuur het, is ’n toonbeeld van volhoubaarheid. Die i3s kan ’n afstand van tot 240 km aflê, terwyl ons toetsmodel ’n opsionele petroltenk gehad het wat tot 120 km by jou rit kan voeg. Boonop is die i3s nogal rats en versnel dit van 0-100 km/h in ’n blitsige 6,9 sekondes. As jy die battery wil herlaai, neem dit 15 uur by ’n gewone sok om 80%-krag te laai, maar jy kan BMW se iWallbox installeer sodat jy…

1 мин.
ons hou van

ELKE ITEM IS UNIEK Mooi eetware vir jou tafel is altyd besonders. Elke item in Mervyn Gers se wye reeks erdeware word met die hand gevorm en geglasuur. Ons hou veral van die seegroen kleur. Besoek www.mervyngers.com FEESBORRELS Vir ’n ligte drankie vir jou tafel die somer is Robertson Winery se sauvignon blanc met note van groenappel, soetrissie en varsgesnyde gras vol sagte borrels net waarvoor jou kuiers vra. Sowat R65 vir 750 ml KLAAR GEROL Spaar tyd die somer wanneer jy bak met klaargemaakte broskors van Spar. Dit proe byna so lekker soos tuisgemaakte deeg. Kry dit landwyd in winkels se afdeling vir bevrore kos VOL ENERGIE As jy ’n vinnige energiehupstoot benodig, wees op die uitkyk vir die Sir Fruit Cold Pressed Health Shots-reeks. Dis vol van alles wat gesond is vir jou. Geure is…

2 мин.
7 organiese vir jou glas wyne

1 BETOWERENDE WIT Die Waghuis (R179) is die pronkwyn van Org de Rac, ’n Swartlandse wynkelder waar omgewingsvriendelike wynmaakmetodes prioriteit geniet. Dit is ’n eiesoortige witwynversnit van verdelho, roussanne en chenin blanc wat betower met dominante smake van ryp perskes, vars appels, speserye en neutmuskaat. 2 SIKLUS VAN WYN EN LEWE Avondale se etos is “terra est vita”, letterlik “grond is lewe”. Op dié plaas word alles gesien as ’n dinamiese stelsel met die dele interafhanklik. Die mooi web van verhoudings kom tot hul reg in hul wyne, wat almal eers goed verouder word voor bekendstelling. Die Samsara Syrah 2009 (R350) se mondgevoel is soepel met lieflike aromas van witpeper en rooi vrugte. 3 ORGANIESE BORRELS Elgin Ridge is ’n gesertifiseerde organiese wynprodusent uit Elgin wat ’n reeks verfrissende wyne maak. Die Marion Bubbly 2011…

2 мин.
5 minute met barbara mugo

1. Hoekom het jy die ICA as sjefskool gekies? Omdat dit die beste in Afrika is, en ’n familievriend wat daar gestudeer het, het dit aanbeveel. Ek het na baie ander skole ook gekyk, maar keer op keer teruggekom na die ICA as my eerste keuse. 2. Wat het jy in jou drie jaar by die ICA geleer? So baie, maar ek wil die volgende uitsonder: Om gedissiplineerd te werk, hoe belangrik spanwerk is, en natuurlik ook al die kulinêre vaardighede waarvan ek voorheen nie eens bewus was nie. Die ICA het my liefde vir kos verder gestimuleer en geneem tot hoogtes wat ek nie voorheen gedink het moontlik is nie. 3. Wat het jy van Suid-Afrika se kos geleer, en hoe beïnvloed dit jou kookstyl? Suid-Afrika se kos het my gewys hoe divers Afrika se…