Кулинария и Вино
SARIE KOS

SARIE KOS Oct/Dec 2019

SARIE KOS gaan oor kos wat die mond laat water en is trots SA. Die tydskrif is vir enigeen wat geïnspireer word deur smake en geure, wat geliefdes wil bederf met geregte so reg uit die hart. G’n fieterjasies of aansitterigheid nie, net goeie, eerlike kos en gesonde idees vir almal wat die wêreld van kos wil ontdek en die heilsaamheid daarvan wil geniet.

Страна:
South Africa
Язык:
Afrikaans
Издатель:
Media 24 Ltd
Читать больше
ПОДПИСАТЬСЯ
628,58 ₽
4 Выпуск(ов)

в этом номере

2 мин.
kospraatjies

Een van die dae is dit vakansietyd! En dít beteken saamkuier, see, son, wildtuin, Kersfees, groot kook, langpad reis . . . en draairoomys! Daardie nostalgiese lekkerte wat jou terugneem na jou kinderjare en die dae van roadhouses – metaalrakkie gehaak aan die motorruit, groot hamburgers, en die roomys aan die einde. Maar hoekom hou ons so baie van nostalgiese dinge? Nostalgie kom in verskeie vorms en elkeen se ervaring daarvan is anders. Een van die groot nuwe tendense is nou-stalgie, oftewel nowstalgia: ’n gevoel wat jy nou ervaar en vasvang omdat jy weet jy gaan jare van nou met nostalgie daaraan terugdink. Kom dit by kos, probeer al hoe meer restaurante ervarings skep wat jou laat hunker na gister, maar jou ook toelaat om die herinnering te koester vir die toekoms.…

1 мин.
ons hou van

MENGER VIR ALTYD Elke kombuis kort ’n menger van industriële gehalte sodat jy vreesloos kan bak. As jy een wil koop wat jou gaan oorleef, belê in dié een van Macadams, te kry in 5, 10 en 20 liter. Vanaf R10 626 (BTW uitgesluit) by www.macadams.co.za SPRINGMIELIE-STROOP As jy versot is op die geur van springmielies, kan jy dit nou ook geniet in jou melkskommel, gebak en selfs jou koffie of piña colada. Vanaf R185 vir ’n 750 ml-bottel Monin Popcorn Syrup by www.liquidconcepts.co.za ONTSLUIT DIE GEUR Moet nooit vergeet dat die meeste geure in kos eintlik eers werklik na vore kom wanneer jy sout byvoeg nie. Gebruik sout uit die Kalahari vir die beste smake. Wees op die uitkyk vir hul pakkies met sout- en pepermeule. Sowat R60 landwyd KALM GROEN Saliegroen, oftewel sage green, sorg…

1 мин.
bmw x5

BMW het in 1999 met die bekendstelling van die X5 ’n nuwe motorsegment geskep vir deftige, duur sportnutsvoertuie en die vierde generasie het in 2018 sy buiging gemaak. SARIE KOS het die xDrive30d xLine-model toetsbestuur en ten spyte van strawwe mededinging, gee die X5 steeds op ’n drafstap die pas aan. Dié vyf eienskappe maak van die X5 ’n treffer: 1. Die ontwerp is meer treffend as tevore met BMW se kenmerkende niertjie-sierrooster wat deesdae groter aangebied word. 2. Binnelangs slaan die X5 ook jou asem weg met afwerking van topgehalte en ’n nuwe digitale instrumentepaneel, terwyl die rathefboom se glasafwerking dit na ’n kristal laat lyk. 3. Maar die X5 is nie net pragtig nie, dit is ook prakties met meer as genoeg ruimte vir vyf passasiers en hul bagasie. 4. Hoewel die…

2 мин.
’n glasie sonder kommer!

VONKEL SONDER DIE SKOP Met die eerste proeslag van The Duchess sal jy verbaas wees dat dié drankie 100% alkoholvry is. Die jenewer-entonikum-vonkeldrankie het die eiesoortige droë nasmaak wat jenewer-aanhangers verlang, met lieflike smake van botaniese ekstrakte soos lemoenskil, naeltjies, kardemom en steranys. Bedien met somerbessies in ’n lang glas. Sowat R99 per bottel by Yuppiechef.com BRAAF, BRAWER BREVA ! BREVA is ’n soet moutdrankie, beskikbaar in verfrissende geure soos grenadella, appel, perske en pynappel, wat nes gewone bier gebrou word, maar sonder die gistingproses wat suiker in alkohol omskakel. Dit is die ideale keuse vir almal wat ’n volwasse, niealkoholiese drankie wil geniet! Sowat R18 per bottel by Pick n Pay landwyd MICHELIN-KLAS ALKOHOLVRYE SPIRITUS Met sy pragtige verpakking en luukse voorkoms is Seedlip, ’n niealkoholiese spiritus, ’n welkome verskynsel in SA. Dit is…

1 мин.
lente in ’n glas

Tropiese sangria Maak genoeg want almal gaan weer en weer skink, en self huis toe kan bestuur. genoeg vir 3 liter 2 x 750 ml yskoue Lautus De-Alcoholised Sparkling Wine1 liter sodawater400 ml gemmerbier80 ml vlierblomstroop (elderflower)1 hand vol kruisement4 lemmetjies, in skywe gesny pulp van 6 grenadellas (of vars bessies soos kersies, frambose en aarbeie)4 perskes, ontpit en in skywe gesny1 kg gebreekte ys Meng al die bestanddele saam vir die sangria. Vul ’n groot glashouer met gebreekte ys en gooi die sangria daaroor.…

7 мин.
middernag fees

SPYSKAART WELKOM HIER Sout-en-asyn-tjips DIE FEESMAAL Oesters met grenadellasalsa Die nuwe biltongslaai Vark-bosbessie-en-appelkoos-terrien SOETE NAGRUS Poffers gevul met grondboontjiebotterroom Kan-nie-bak-konfettikoek As ek in die nag wil peusel, sal tjips altyd my gunsteling blyBRITTINEY DE JAGER (links) Jy kan my in die nag met bessies bederfVINISHIA RAS (regs) Ek eet wanneer die son skyn, maar so nou en dan sal ek myself met sjokolade bederfMICHELLE VISSER (links) ’n Stukkie droëwors, biltong of bevrore druiwe vir iets soetsYVONNE OOSTHUIZEN (regs) In die nag is ek reg vir sout springmielies en gespikkelde eiers!CHARLOTTE TIMMS (links) Gee my enige tyd ’n lekker stukkie kaasSCHANÉ VENTER (regs) ’n GrondboontjiebotterbroodjieDANIELLE TALMAGGIES (links) ’n Midnight snack is nie regtig in my woordeskat nie, maar as ek iets moet eet, is dit sjokoladeXANDRIE OOSTHUIZEN (regs) Oorskiet-pizza, koud op sy beste! Anders jogurt of beskuitLIEBNÉ LIEBENBERG…