SARIE KOS Jan/Mar 2021

SARIE KOS gaan oor kos wat die mond laat water en is trots SA. Die tydskrif is vir enigeen wat geïnspireer word deur smake en geure, wat geliefdes wil bederf met geregte so reg uit die hart. G’n fieterjasies of aansitterigheid nie, net goeie, eerlike kos en gesonde idees vir almal wat die wêreld van kos wil ontdek en die heilsaamheid daarvan wil geniet.

Читать больше
Страна:
South Africa
Язык:
Afrikaans
Издатель:
Media 24 Ltd
Периодичность:
Quarterly
344,09 ₽
1 118,28 ₽
4 Выпуск(ов)

в этом номере

2 мин.
’n nuwe begin

Uiteindelik kan ons 2020 groet. Totsiens sê en uitsien na ’n nuwe begin. As ek ooit gewonder het hoekom ons elke jaar so graag wil “oor begin”, verstaan ek dit vanjaar. Dit is nie asof 2020 haar beste vir ons gegee het nie! Tog beteken ’n nuwe jaar vir my nie “oor begin” nie . . . Dit beteken eerder ek kry die kans om dinge met nuwe oë aan te pak, om met ’n vars gemoed dinge te doen wat vir my lekker is. As student het die bakklasse my geleer wanneer ’n resep nie uitdraai soos dit moet nie, sien jy dit as ’n oefening om dit op die ou end wel perfek reg te kry. Van dag een af word dit as sjef by jou ingedril dat jy heeltyd…

sariekosza2101_article_003_01_01
1 мин.
op en wakker seltos

Kia is lankal ’n gedugte mededinger in die plaaslike motormark en veral die sportnutse van dié Koreaanse vervaardiger beïndruk. Die nuutste toevoeging in Kia se sportnuts-arsenaal is die Seltos. Dit skuif onder die gewilde Sportage in en moet sy man staan teen mededingers soos die Hyundai Creta, Suzuki Vitara en Nissan Qashqai. Daar is drie enjinopsies, waarvan twee petrol en een diesel is, en ons het die topmodel, die op en wakker 1.4-liter-turbopetrol GT Line, toetsbestuur. In die GT Line-gedaante spog dit met ’n sewegang- outomatiese ratkas, wat help om ’n soepel rit te verseker. Die Seltos se voorkoms trek aandag en dit is redelik luuks. Kopers sal ook beïndruk wees met hoe ruim die Seltos is en veral die bagasieruim is lekker groot en toeganklik. Pryse begin by R391 995.…

2 мин.
ons hou van

ALLES WAT JY WIL WEET ALLES WAT JY WIL EET ALMAL WAT JY WIL KEN SKOERT, VLIEG! So saam met die warm seisoen kom dikwels ook ongewenste gaste. Met hierdie stylvolle klein waaier van ShooAway kan jy buite tafel dek sonder die bekommernis dat ’n vlieg op jou kos gaan kom sit. Dit hou insekte weg sonder enige onaangename reuke, skadelike chemikalieë of dooie goggas op die tafel. R299 by Yuppiechef SOUT EN PEPER DAN VOEL JY BETER Kos is meestal nie afgerond sonder sout en peper nie en dit smaak nog beter as dit vars gemaal is. Ons is gaande oor Le Creuset se sout- en pepermeul in kusblou. Dis gemaak van keramiek sodat dit nie mettertyd verweer of roes nie, perfek vir elke dag se gebruik. Vanaf R549 per meul (20,5 cm) by Le…

sariekosza2101_article_006_01_02
1 мин.
ons top-12

sariekosza2101_article_008_01_01
1 мин.
yskoue bier

BELGIESE BIER Hierdie Europese land is nie net bekend vir sjokolade nie, maar maak ook van die wêreld se beste bier. Al is jy nie ’n groot bierdrinker nie, probeer gerus ’n Duvel. Dié bier se unieke brouproses gee dit ’n baie subtiele bitter smaak en ’n diep geur met tropiese note. Jy kan dit plaaslik by shop.thebeermerchant.co.za teen sowat R270 vir 6 bestel. VAT VYF Die vier nefies van Robertson het altyd ’n plan om jou te bederf, soos met hul reeks Fiver-drankies met wyn as basis. Dis lekker lig en vars, met net 5% alkohol. Ons hou veral van die aarbei-en-lietsjiegeur. Koop aanlyn by vanloveren.co.za teen R442 vir 24 x 275 ml-bottels. SONRYP SIDER ’n Appelbier is heerlik as jy in die somer jou dors vinnig wil les. As jy iets anders en…

sariekosza2101_article_010_01_01
3 мин.
dier-baar

SKATTEJAG Maak maaltye ’n speletjie. Moenie Kiets se korrels net in sy bak sit nie, steek dit op ’n paar verskillende plekke in die huis weg. Dit sal sy natuurlike jaginstink aanwakker en ’n uitdaging wees. Speel ’n speletjie met Wagter sodat hy sy ingeboude snuffelvermoë kan inspan. Sit sy korrels op ’n paar plekke in ’n kombers wat op ’n hoop gegooi is. En hou die pret dop terwyl hy sy kos uitsnuffel, sê Marycke Ackhurst, troeteldiergedragskundige by Hill’s Pet Nutrition. EINA, MAAGPYN! Druiwe, rosyne en korente is giftig vir jou hond en kan by sommige nierversaking meebring. Vermy ook uie, knoffel en grasuie in groot hoeveelhede. Dit kan anemie veroorsaak, asook diarree, maagpyn en naarheid. Bly sommer heeltemal weg daarvan. 10% Die hoeveelheid water in droë katkos. Anders as honde, drink katte nie…

sariekosza2101_article_012_01_01