SARIE KOS Apr/Jun 2021

SARIE KOS gaan oor kos wat die mond laat water en is trots SA. Die tydskrif is vir enigeen wat geïnspireer word deur smake en geure, wat geliefdes wil bederf met geregte so reg uit die hart. G’n fieterjasies of aansitterigheid nie, net goeie, eerlike kos en gesonde idees vir almal wat die wêreld van kos wil ontdek en die heilsaamheid daarvan wil geniet.

Читать больше
Страна:
South Africa
Язык:
Afrikaans
Издатель:
Media 24 Ltd
Периодичность:
Quarterly
344,09 ₽
1 118,28 ₽
4 Выпуск(ов)

в этом номере

2 мин.
die emosie van eet

Ek was nog nooit bang vir harde werk nie, want my ma het my geleer: As jy hard werk, word jy raakgesien. En diegene wat raakgesien word, sal altyd werk hê. “Só, my kind, jy moet hard werk om werk te hê!” En dít was my mantra, nog altyd. Maar soms raak ek moeg, nes almal. Soms wil ek ook tou opgooi en net nie meer planne maak en nuwe dinge probeer nie. Voor ek egter daar uitkom, raak dit tyd vir kosmaak en dan rus ek maar in die kombuis. Want dis waar ek rustig raak, my emosies verander. Die kombuis is eintlik my sielkundige wat my minstens drie keer per dag sien. (Dis op ’n rustige dag, meeste van die tyd is ek heeldag in haar spreekkamer!) Onlangs sit…

sariekosza2104_article_003_01_01
1 мин.
volkswagen t-roc

Daar is ’n nuweling op Volkswagen se gewilde sportnutsvoertuig-rak, die Volkswagen T-Roc. Die T-Roc skuif tussen die T-Cross en Tiguan in en ding mee met die Audi Q2 en BMW X1. Dit is ’n aantreklike ryding wat die koppe laat draai en is beskikbaar in twee afwerkingsvlakke, Design en die meer sportiewe R-Line. Daar is twee turbo-enjins, albei met outomatiese ratkaste, om van te kies: ’n 1,4-liter en die 2,0-liter, waarvan ons laasgenoemde toetsbestuur het. Dié enjin, wat ook in Volkswagen se ratse Golf GTI diens doen, is natuurlik baie op en wakker, terwyl die rit ook fantasties is. Soos enige Volkswagen-model spog die T-Roc binnelangs met topgehalte-afwerking en talle moderne elektroniese fieterjasies. Pryse begin by R489 400.…

sariekosza2104_article_006_02_01
2 мин.
ons hou van

KAAPSTAD SE EIE NESPRESSO Dié bekende koffiehandelsmerk het pas ’n unieke kapsule bekend gestel met koffie spesiaal vir Kaapstad. Die koffie is ’n 10-sterkte en die verpakking met helder patrone is spesiaal deur die plaaslike kunstenaar Baba Tjeko ontwerp. Kry Cape Town Envivo Lungo-kapsules in winkels landwyd as deel van hul World Explorations-reeks (R90 vir 10). VIR ’N GESONDER VEL Kollageen is die proteïen wat verantwoordelik is vir ons vel se elastisiteit en word natuurlik in ons liggaam vervaardig. Namate ons ouer word, neem die produksie af en moet aangevul word. SKOON. se Sk!nside out Beauty Smoothie bestaan uit ’n kombinasie van kollageen, antioksidante, probiotika asook 5 verteringsensieme. Probeer die Green Watermelon Clean Up vir ’n probleemvel. R1 296 vir 30 sakkies poeier by skoonskin.co.za OU HOLLYWOOD-GLANS Geniet Fitch & Leedes se splinternuwe Moments-reeks nie-alkoholiese…

sariekosza2104_article_006_01_01
1 мин.
ons top-12

sariekosza2104_article_008_01_01
1 мин.
hou dit plaaslik

KOOP NOU AANLYN Die bekende wyn-handelsmerk Robertson Winery het nou ’n aanlyn winkel waar jy wyn vanaf die gemak van jou rusbank kan bestel en koop. Die kelder sal jou wyn teen sakpas pryse enige plek in Suid-Afrika vir jou aflewer. Besoek die winkel by shop.robertsonwinery.co.za MOOISTE SAK Hierdie stewige Pieter de Jagerwynsak van seildoek en leer word vervaardig op Stellenbosch. Dis so ontwerp dat van twee groter MCC-bottels tot twee slanker dessertwynbottels daarin kan pas. R549 by yuppiechef.com LANK LEWE ONS WYNBEDRYF Weens die inperking en streng reëls oor alkoholverkope is ons wynbedryf onder erge druk. Checkers het besluit om te help en sowat 1,5 miljoen liter wyn van plase gekoop, wat hulle onder hul eie handelsmerk, Elephant’s Cousin, verkoop. Dié inisiatief help wynplase om van surplusvoorraad ontslae te raak sodat die nuwe seisoen…

sariekosza2104_article_010_01_01
3 мин.
dier-baar

PIZZA-AAND VIR DONALD EN KIE Jy voer eende met die beste bedoeling oorskietbrood, -tjips en -pizzakorsies. Hoeveel vreugde jy én die lekkerbek eende ook al daaruit put, kan dit baie ongesond vir hulle wees. Voëlsaad is die beste keuse (vir alle wilde voëls), volgens ’n Amsterdamse studie. Maar ook net beperkte hoeveelhede. Eende moet hoofsaaklik groengoed uit hul omgewing eet, soos gras, sowel as klein vissies en paddas. Goed waarvan daar hope by die dam is. WAT IS IN ’N NAAM? Verlede jaar was ’n wipwaentjierit – en kos, veral brood, ’n troos vir baie. Die Amerikaners het dit ’n stappie (happie?) verder gevoer met ’n toename in katname wat deur brood geïnspireer is: Croissant, Bread, Sandwich en Rye. Dan was Hash, Cheeba, Ganja, Indica en Mary Jane, geïnspireer deur cannabis, ook gewild.…

sariekosza2104_article_012_01_01