SARIE KOS Jul/Sep 2021

SARIE KOS gaan oor kos wat die mond laat water en is trots SA. Die tydskrif is vir enigeen wat geïnspireer word deur smake en geure, wat geliefdes wil bederf met geregte so reg uit die hart. G’n fieterjasies of aansitterigheid nie, net goeie, eerlike kos en gesonde idees vir almal wat die wêreld van kos wil ontdek en die heilsaamheid daarvan wil geniet.

Страна:
South Africa
Язык:
Afrikaans
Издатель:
Media 24 Ltd
Периодичность:
Quarterly
344,09 ₽
1 118,28 ₽
4 Выпуск(ов)

в этом номере

2 мин.
die goeie ou dae

Die laaste ruk word ek heeltyd gekonfronteer met die gedagte, wat is trooskos nou eintlik. Want jare lank al is dit een van die konstante tendense wat aanhou groei. Elkeen noem dit iets anders: ma se kos, huiskos, trooskos, nostalgiese kos, onthoukos, gister se kos . . . Maar wat is dit aan die verlede wat ons so goed laat voel? En as jy mooi daaroor dink, is dit eintlik soms hartseer dat jy dink die beste tye van jou lewe is al verby. Ons hoor dan so baie die slim mense praat van lewe in die oomblik. Doen dinge wat nou saak maak. Laat nou tel. Waarom hunker ons so gereeld na gister? Onlangs begin ek lees oor nostalgie, wat veral deesdae vir mense wêreldwyd ’n anker van hoop is. Ek kom…

sariekosza2107_article_003_01_01
1 мин.
kragprop-rygoed

Motorvervaardigers is op spoed om meer en meer elektriese rygoed na die mark te bring. In die volgende dekade of twee gaan voertuie met binnebrandenjins al hoe minder raak soos hulle plek maak vir elektriese eweknieë. In Suid-Afrika is daar nog min elektriese voertuie beskikbaar, terwyl hul pryse nogal die oë laat rek. Jy kan tans van BMW, Mini, Volvo en Jaguar kragpuntmodelle koop, en binne die volgende jaar of twee behoort nog g vervaardigers soos Mercedes en Volkswagen ook elektriese rygoed hier bekend te stel. Mini se elektriese SE-model is tans die goedkoopste opsie. Sy binneruimte en bagasiepakplek is dieselfde as die standaard-Mini s’n, maar onder die vloer is daar ’n batterypak van 12 modules litium-ioon-selle. Kraglewering is glad nie te versmaai nie met 135 kW se krag en…

sariekosza2107_article_006_02_01
2 мин.
ons hou van

(OK)JA VIR HAWERMOUTMELK Twee woorde: ryk en romerig. Dís hoe die plantgebaseerde handelsmerk okja se hawermoutmelk beskryf word. Dis ’n goeie alternatief vir koeimelk en kan nes enige ander melk in jou koffie, pap, sop en smoothies gebruik word. Vanaf R40 vir ’n 1 liter-boks by uitgesoekte aanlyn en kruidenierswinkels. TJIPS! Lief vir krakerige aartappelskyfies, maar op soek na ’n gesonder alternatief? Dan is Cheaky Co. se seesout-en-asyngegeurde Chyps die perfekte peuselhappie vir jou. Dié heerlike tjips gemaak van geroosterde kekerertjies is glutenvry, hoog in vesel, laag in cholesterol en veganisvriendelik. R49 vir ’n 200 gpak by yuppiechef .com VINNIG GAAR Tyd vir kosmaak is soms min, maar ons wil graag gesond eet. Daarom is die AMC-snelkoker II van 8 8 liter ’n belegging. Die drukkoker is so ontwerp dat dit baie veilig is en…

sariekosza2107_article_006_01_02
2 мин.
dier-baar

50% Sommige soorte tandhappies en -diëte kan plaak by honde met die helfte verminder. Bloot die eenvoudige aksie van kou, kan reeds ’n verskil maak. Wanneer droë hondekos (kibble) se deursnee verdubbel word, kan dit tandsteen met 42% verminder, het ’n studie bevind. Varkore (die otjie, nie die plant nie) is dikwels honde se gunsteling om aan te knaag, maar jou hond se tande baat g’n niks daarby nie. Dit kan soms selfs met bakterieë besmet wees. VOËLVRY Twiet . . . twiet! ’n Paar groterige klippe in jou voëlbak is nodig vir meer as net estetiese redes. Watt vir jou na ’n bietjie water lyk, is dalk veels te diep vir klein Tinktinkie en haar maters. ’n Klip is dan ’n reddingsboei waarop voëltjies kan klim terwyl hul vlerkies droogword en hulle…

sariekosza2107_article_010_01_01
7 мин.
kuier met volstruisvleis

Aïoli is ’n Provensaalse mayonnaise wat met oondgebakte knoffel gegeur word. Dit het ’n soet smaak en werk goed by vleis, ook volstruis Volstruiscarpaccio met aïoli Daar is vir my iets aan eenvoud en dis presies wat hierdie slaai is. Sit dit voor met lekker tuisgebakte brood en dit kan selfs deurgaan as ’n ligte ete. genoeg vir 6 1 knoffelknol3 eiergele15 ml Engelse mosterd sap en gerasperde skil van 2 suurlemoene350 ml kanola-olie sout en varsgemaalde swartpeper30 ml olyfolie1 groot volstruisfilet (sowat 600 g)45 ml doekka-speserymengsel50 g parmesaankaashand vol baba-slaaiblare van jou keuse Verhit oond tot 180 °C. Draai knoffelknol toe in aluminiumfoelie en plaas in warm oond. Rooster vir 15-20 minute of tot knoffel sag en pap is. Laat effens afkoel tot hanteerbaar en druk gaar knoffel met jou hand uit oor ’n…

sariekosza2107_article_014_01_01
1 мин.
dek jou tafel só

Goud bly altyd mooi. Meng en pas goue eetgerei van jou keuse om ’n luukse gevoel te skep. Oudhede-markte is wonderlike plekke om te snuffel en gister se mooi te herwin. Gebruik vetplante uit jou tuin as blomme. Knip lang stele en rangskik dit in herwinbare glasbottels; ons het ou bierbottels gebruik. Laat elke gas sommer die plant huis toe neem om in sy of haar tuin te gaan plant. Gebruik ongebleikte linne as tafeldoek; dit kos sowat R70 per meter. Koop materiaal 3 meter langer as jou tafel en laat dit op die grond hang om natuurlike tekstuur te skep. Vergeet van netjies gevoude servette en laat oorgroot servette met botaniese drukwerk sommerso los op die bord val. Ons het servette gemaak van katoenlinne gebruik. Dit kos sowat R105 per servet (50…

sariekosza2107_article_020_01_01