Кулинария и Вино
SARIE KOS

SARIE KOS October - November 2017

SARIE KOS gaan oor kos wat die mond laat water en is trots SA. Die tydskrif is vir enigeen wat geïnspireer word deur smake en geure, wat geliefdes wil bederf met geregte so reg uit die hart. G’n fieterjasies of aansitterigheid nie, net goeie, eerlike kos en gesonde idees vir almal wat die wêreld van kos wil ontdek en die heilsaamheid daarvan wil geniet.

Страна:
South Africa
Язык:
Afrikaans
Издатель:
Media 24 Ltd
Читать больше
ПОДПИСАТЬСЯ
628,58 ₽
4 Выпуск(ов)

в этом номере

2 мин.
herman sê

Kan jy glo! Dis al 10 jaar sedert die eerste SARIE KOS destyds in 2007 die lig gesien het. Die eerste uitgawe was ’n wegholsukses, vertel hulle my, en niemand het dit sien kom nie. Ek was toe nog maar ’n student by die sjefskool op Stellenbosch, maar ek het geweet SARIE KOS praat my taal. Ek kon tussen die blaaie verdwaal en lief raak vir Suid-Afrikaanse kos. En hier is ek nou: ’n dekade later en ek kook vir daai einste blaaie van die geliefde kosboek! Dis vir my moeilik om my lewe sonder SARIE voor te stel. Maar só is daar ook mense wat jou lewe só beïnvloed dat jy jou nie kan indink sonder hulle nie. Nataniël is so ’n mens. Solank ek kan onthou, het hy my geïnspireer…

1 мин.
#slaptjips

SARIE KOS is ryk in geure en kleure, en die smaaklikste Afrikaanse koswoorde. In elke uitgawe bring ons hulde aan ons taal met lekkersê-woorde soos #slaptjips. Volgens Wikipedia kom die diepgebraaide stafies aartappel oorspronklik van België. Op die webwerf potatoes.co.za lees ons arm Nederlandse vissers het in die 1700’s aartappelskyfies gebraai wanneer hulle in die koue wintermaande nie vis kon vang nie. Sedertdien het die lekkerny dwarsoor die wêreld versprei, met verskillende variasies. Die Afrikaans daarvoor kom waarskynlik van die Nederlands “slappe chips”, waar die “slap” verwys na die sagte tekstuur van die skyfies wanneer dit gaar is en die “tjips” ’n verafrikaansing is van die Engelse “chip” (EWA). Ons tradisionele slaptjips is baie soos French fries, maar dis dikker en word langer en by laer temperature gebraai. Waar dit…

2 мин.
ons hou van

G&T-YSIES! Ja, jy lees reg: Nou kan jy ysies koop van jenewer en tonikum. Daar is twee geure: klassieke G&T en bessie. Elke ysie bevat 7% alkohol. Koop aanlyn by frostpopsicles.com teen R600 vir 25 ysies. Anderste springmielies Verras jouself met die verskillende geure van Guzzle & Wolf se produk. Kyk veral uit vir die nuwe donkersjokoladegeur, waar die mielies met ’n dun lagie donkersjokolade bedek is. Koop landwyd teen R55 vir 300 g. SJOKOLADE-BROODJIE Sjoe, wie wil nou nie Crunchie-sjokolade op sy broodjie smeer nie? Kyk uit vir Cadbury se potte vol hemel by Checkers-winkels landwyd teen R49,99 vir 400 g. BROS BROOD Gee gister se brood nuwe lewe met Defy se rooi broodrooster (dis ook in silwer metaal beskikbaar). Koop die rooster landwyd by Dion Wired-winkels vanaf R699. GLAS VOL BORRELS As jy van vonkelwyn hou, moet…

3 мин.
nog raad van saartjie

’n Bobaas-kok is ek nie, maar ek kom darem reg in die kombuis. Wat ek wel nog nooit kon regkry nie, is om ’n ordentlike ligte omelet te maak. Myne kom sponserig uit en het ’n harde “dop” buite. Hoe maak ek ’n goeie, stewige ligte omelet? Jacqui-Lyn McIntyre-Louw, Bloemfontein SAARTJIE Só maak ek ’n omelet: Ek skei 3 eiers en klits dan eers die gele en dan die witte tot lekker skuimerig – geur met sout en peper voor jy klits. Meng nou die twee. Gooi bietjie olie onderin ’n warm pan en gooi mengsel in die pan. Plaas dadelik in ’n warm oond en bak tot lekker opgepof en gaar. Skep vulsel bo-op en vou netjies toe. Ek het ’n heerlike resep vir malvapoeding. Ek wil graag ’n paar bakke vol…

1 мин.
veerlig gebak met defy

Mojito-koek Dié sponskoek gaan ’n treffer wees in jou huis. Jy kan die geur aanpas met die stroop wat jy oorgooi. genoeg vir 2 6 eiers 260 g (325 ml) strooisuiker 115 g (125 ml) botter, gesmelt 5 ml vanieljegeursel 260 g (460 ml) koekmeel STROOP 80 ml wit rum 200 g (250 ml) ligbruin suiker 2 takkies kruisement plus ekstra vir versiering VERSIERSEL 100 g (110 ml) sagte botter 250 g (480 ml) versiersuiker 250 g roomkaas by kamertemperatuur gerasperde skil van 2 lemmetjies Verhit Defy-oond tot 180 °C. Plaas eiers en suiker in elektriese menger se bak en plaas op pot met kookwater. Klits met draadklitser tot eiermengsel begin louwarm raak – toets met jou vingerpunt. Plaas bak in menger en klits 8-10 minute by hoë spoed tot dik skuimmengsel vorm. Voer intussen twee 18 cmlosboompanne met bakpapier uit en spuit goed met kleefwerende kossproei.…

1 мин.
eiers met aspersies en spek

Die Britte eet graag eiers en “soldiers” – stukkies roosterbrood, soms toegedraai in spek, wat hulle in die eiergeel doop. My soldate is aspersies. genoeg vir 4 Verhit oond tot 180 °C. Draai 24 vars aspersies toe met 250 g strepiespek. Pak op kleefvrye bakplaat. Sprinkel bietjie olyfolie oor en geur goed met sout en peper. Plaas in oond en bak 15-20 minute of tot goudbruin en bros. Kook intussen die eiers: Bring pot met water tot kookpunt. Plaas 12 eiers in water en kook 5 minute vir sagte eiers of langer as jy harder eiers verkies. (Sien gids langsaan.) Haal kastrol van plaat af en laat eiers afkoel in koue water. Sit voor met aspersies. IN JOU GLAS Ja, jy kán ’n glas wyn saam met hierdie eiergereg geniet, veral dié Chardonnay van…