Кулинария и Вино
SARIE KOS

SARIE KOS Winter 2017

SARIE KOS gaan oor kos wat die mond laat water en is trots SA. Die tydskrif is vir enigeen wat geïnspireer word deur smake en geure, wat geliefdes wil bederf met geregte so reg uit die hart. G’n fieterjasies of aansitterigheid nie, net goeie, eerlike kos en gesonde idees vir almal wat die wêreld van kos wil ontdek en die heilsaamheid daarvan wil geniet.

Страна:
South Africa
Язык:
Afrikaans
Издатель:
Media 24 Ltd
Читать больше
ПОДПИСАТЬСЯ
628,58 ₽
4 Выпуск(ов)

в этом номере

2 мин.
herman sê

En skielik is dit hier. Soos ’n dief in die nag het die groot dag gekom en voor ek nog twee keer kon dink, is ek 30! Ja, ek het gearriveer by ’n mylpaal wat ek as jong dromer van Upington as oud, oor die muur en nog (baie) ver beskou het! Maar wat is dit aan oud word wat so torring aan ons? Hoekom is ons so behep met tyd? Is tyd werklik ons vyand? Vir my is tyd ons beste bate. Dis die een ding wat ons met oorgawe moet benut en bestuur. Ek weet nou meer as ooit dat tyd ook vir ons lesers belangrik is. Die e-posse, briewe en Facebook-boodskappe maak my keer op keer daarvan bewus dat ons strewe na gehalte, maar in die helfte van die…

1 мин.
ons hou va n

BAK MOOI WAFELS Wil jy die wafels op bl. 48 maak? Ek het ook in okkasie-inspirasie (VIA, kanaal 147) gewys hoe. Die Kitchen Craftwafel-yster kos R224 by bankskitchenboutique.co.za. GESONDE DRANKIES Begin jou dag met ’n smoothie wat gelaai is met vars vrugte. Gebruik NutriBullet se masjien om die alles-ineen-ete maklik te maak. Dis landwyd te koop teen sowat R1 999. VEELSYDIGE LAP Hou jou skottelgoed skoon met sulke gedrukte lappe van H&M. Koop dit landwyd teen R129 per lap of aanlyn by www.hm.com/za. KOOK SAAM MET BERTUS Die bekende sjef en restaurateur Bertus Basson deel van sy geurigste kosgeheime met ons in Bertus Basson Homegrown (Jacana, R329). KOMBUISBORSEL Wie wil nou nie so ’n mooi hondjieborsel in die kombuis hê nie? Die Franse maatskappy Pylones is bekend vir sy speelse, kleurryke ontwerpe. Koop by www.pylones.co.za of winkels landwyd. 2 GUNSTELINGE ROMERIG…

2 мин.
warmste wintergier

VAN DIE BOONSTE RAK – DIE VOLVO S90 As die Sweedse vervaardiger Volvo in die koswêreld was, het dit met talle Michelin-sterre gespog. Volvo-voertuie is vergelykbaar met Michelin-bekroonde sjefs se disse, want dis ewe uitsonderlik en uniek, ’n ware ervaringsensasie. Kyk net na die bekroonde XC90-sportnuts! Nog ’n Volvo wat jou mond laat water, is die S90, ’n luukse en groot sedan met ’n elegante ontwerp. Veral sy blink sierrooster en konkawe ontwerp is treffend. Onder die enjinkap is ’n keuse van petrol- of dieselenjins met turbokrag. Ons toetsmodel was die D5-weergawe wat alwiel-aangedrewe is en ongelooflike verrigting en hantering bied. Binnelangs is daar leer-en-hout-afwerking van top-gehalte en ’n oorvloed van ruimte. Daar is ook ’n gebruikersvriendelike tabletgrootteraakskerm waar jy talle van die S90 se funksies kan beheer. Pryse vir die…

1 мин.
ons top-12

2 мин.
saartjie gee raad

Vir die meeste resepte benodig jy minder as 5 selderystingels. Geen supermark verkoop seldery in klein hoeveelhede nie. Kan seldery gevries word? Indien wel, sal dit kraakvars wees wanneer dit uit die vrieskas kom? Maré van der Walt van McGregor SAARTJIE Ongelukkig is seldery nie een van die groentesoorte wat jy kan vries as jy dit vars en krakerig wil hê nie. Sou jy dit wel vries, is dit net geskik vir stowegeregte soos bredie of sop. Om seldery minstens 3-4 dae langer in die yskas te laat vars bly, kan jy dit toedraai in foelie. Baie resepte sê klits suiker en botter tot lig en romerig, maar moet die suiker heeltemal opgelos wees voor jy ophou of hoe weet jy wanneer jy lank genoeg geklits het? Watter invloed het dit op gebak? Deirdre…

2 мин.
jou naweek met defy

MARGHERITA-PIZZA Die Defy-pizzateël waarop jy die pizza bak, laat dit proe of dit uit ’n vuuroond kom. Genoeg vir 3 pizzas 45 ml olyfolie 1 ui, fyngekap 2 knoffelhuisies, fyngekap 1 x 410 g-blik gekapte tamaties 150 ml rooiwyn sout en varsgemaalde swartpeper 1 x 500 g-sakkie winkeldeeg 140 g (250 ml) koekmeel 300 g mozzarella-kaas, in skywe gesny 400 g kersietamaties, gehalveer hand vol vars basiliekruidblare Plaas die Defy-pizzateël in die oond en verhit oond tot 200 0C. Verhit olyfolie in middelslag-pot tot warm en roerbraai ui en knoffel 3 minute. Voeg tamaties en wyn by en bring tot kookpunt. Kook 8-10 minute of tot dikkerige smoor vorm. Geur goed met sout en peper. Verwyder van hitte. Verdeel deeg in 3 balle en sprinkel koekmeel ruim op werkvlak. Rol deegballe uit in sirkels van so 5 mm dik. Smeer ’n lagie tamatiesmoor oor…