Стиль жизни - Женщины
Sarie Woon

Sarie Woon 2016

Sarie Woon fokus op stemming en mooi oomblikke. Dit bring die beste in dekor (plaaslik en internasionaal) en slim handwerk en doen-dit-self bymekaar, en vang só ‘n ware SA leestyl vas. Dit kos dikwels net ‘n eenvoudige idee om ‘n huis te verander in ‘n liefdevolle tuiste. Kyk hoe sulke sleutel-idees oorloop op elke bladsy en floreer in die huise van gewone Suid-Afrikaners wat buitengewoon kreatief en innoverend is.

Страна:
South Africa
Язык:
English
Издатель:
Media 24 Ltd
Периодичность:
One-off
Читать больше

в этом номере

3 мин.
ode aan oranje

‘Oranje is sinoniem met die gloed van die Afrikason . . . ‘ SKAKERINGS VAN ORANJE Aksentueer die struktuur van ’n leefruimte deur met kleure te speel. ’n Donker vloer, spierwit deure, ’n paar wit aksentmure en plafon dra die sterk skakerings van oranje. Kleure gebruik: Die heel agterste muur is geverf met Fire Cracker 4, en die ander muurkleure is Auburn Falls 4, Caribbean Dawn 1 en 09YR11/475, alles van Dulux. OP ’N TAFEL (OORKANT) Gooi ’n stuk oranje materiaal (soos hierdie Interlace Koi van Hertex Fabrics, www.hertex.co.za) oor ’n sytafel en maak ’n unieke vaas met ’n glasbottel. Gaan so te werk Was jou glasbottel silwerskoon en maak kurkdroog. Ons het ’n leë soetwynbottel en klein glasblompotjies gebruik. Plak dit met kleurlose silikoongom aan die bottel vas. Plak een vir een, hou…

10 мин.
’n kaapse juweel ontdek dit!

Noordhoek, Muizenberg, St. James, Kalkbaai, Vishoek, Simonstad, Kaappunt . . . Die een dorp is so karaktervol soos die volgende. Elkeen vol lekkertes wat wag om ontdek te word. Die Kaapse Suid-Skiereiland is meestal rotsagtig en steek 75 km die Atlantiese Oseaan in op die suidwestelike hoek van Afrika. By die suidelikste punt van die skiereiland kry jy sekerlik van die mees skouspelagtige dele van ons land, Kaappunt en Kaap de Goede Hoop. Dis ’n wêreld sonder lugbesoedeling, waar jou siel kan asemhaal. “Die sterre is so helder soos op Sutherland in die Noord-Kaap, maar dit is nie so koud soos daar nie. Dit is ’n voorreg om daagliks deur soveel natuurskoon omring te wees. Dit is rustig in die deep south, maar ook naby aan Kaapstad. Die beste van albei wêrelde,” vertel Uga…

2 мин.
vrae aan ’n binne-ontwerper

Watter vrae vra jy ’n kliënt wat jou nader vir raad? Wat is jou sterreteken? [Met ’n vonkel in die oog.] Ook, hoe groot is die gesin en hoe oud is elkeen. Waarvan hou hulle en waarvan nie. Dit sluit in dekor-voorliefdes en wat vir hulle afskuwelik is. Alles word in ag geneem, soos waar eet hulle: by ’n tafel of ’n toonbank? Is daar goed waarvan hulle nié wil ontslae raak nie? En laastens, wat sou hulle gryp as die huis in vlamme staan. Wat moet ’n voornemende kliënt doen of weet voor sy jou kontak? Vra jouself die volgende vrae: Is dit moontlik? Val dit binne my begroting? Gaan die voorkoms in die mode bly? Wat moet nóg gedoen word, bv. pas die ligte en vloerbedekking, of moet dit ook vervang…

4 мин.
waar branders wit breek

SLAAP OF SIT Die TV-kamer maak oop op die swembad (foto regs) en kan ook in ’n ekstra slaapkamer omskep word. Die basis van die bed is eintlik ’n bêreplek vir ekstra beddegoed. Tikkies geel helder die vertrek op. Somervakansies leef die gesin hier. ‘Ons kry nooit genoeg van die groot, blou hemel en vars lug nie. Die grootsheid van die oseaan slaan jou asem weg Dominique Beatty NET ’N TIKKIE KLEUR Dominique wou kleure sag en ongekunsteld hou. Sy het ’n goeie klankbord in haar vriendin Cate Moore en argitek-skoonsus, Saskia Vermeiren, gevind. Vir die voorportaal het sy ’n Oosterse laaikas in sagte turkoois gekies met porselein-muurprente daarbo. Die ontwerper-kapstok is van Pedersen + Lennard (www.pedersenlennard.co.za). Die vloer is gebeitste ashout (ash). Die skuifdeur met ’n interessante handvatsel sluit die onderste slaapkamers af…

3 мин.
welkom by whale house

10 Wenk Wit geverfde houtbalke vernuwe die vertrek. RUIM EN GESELLIG Met die intrapslag is jy in hierdie groot, warm vertrek met sy eklektiese versameling meubels. In die hoek regs is ’n Franse bed waarop jy ’n middagslapie kan geniet. Die antieke koffietafel en stoel leef gemaklik saam met twee moderne rottangstoele. Porseleinskerwe en artefakte uit die omgewing word in die koffietafel uitgestal. Die eenvoud van die trap na bo en die wit geverfde balke dra by tot die unieke atmosfeer. GENIET JOU OGGEND-KOFFIE Hier kan jy vroegoggend die see sit en dophou. Die ligblou hortjies vorm ’n mooi kontras met die okerkleurige mure en terracotta-teëls. Meer as 100 jaar gelede, in 1900 tot 1901, is dié huis hier staangemaak vir werkers van die Sir John Jacksonmaatskappy wat die vlootbasis se skeepswerf gebou het. Walvisbeendere is…

4 мин.
versteekte skatkis

KUNS VAN KUIER In hierdie ruim vertrek met sy lang tafel en twee gemakstoele kuier die Katzeffs alte graag. ’n Eenvoudige maal van brood en kaas word ’n vrolike partytjie as die hele gesin saam is. Die lang blou laaikas, met ’n galery van meestal seetonele daarbo, vorm ’n aweregse simmetrie met die pienk buffet. Elle het die skilderye oor die jare versamel. Die deur en trappies lei na twee van die oorspronklike slaapkamers. Die soliede plankvloere is wit gebeits. VAT ’N RUSKANS In die hoek van die eetkamer (vorige bladsy) staan die twee stoele om ’n houtstofie wat die huis geskik maak vir alle seisoene. Die antieke kas vorm ’n mooi kontras met die moderne pikkewyn-lig, die pienk buffet en Delftmotief-sytafeltjie. As die gesin see toe wou gaan, het hulle altyd koers gekies…