Стиль жизни - Женщины
Sarie Woon

Sarie Woon 2017

Sarie Woon fokus op stemming en mooi oomblikke. Dit bring die beste in dekor (plaaslik en internasionaal) en slim handwerk en doen-dit-self bymekaar, en vang só ‘n ware SA leestyl vas. Dit kos dikwels net ‘n eenvoudige idee om ‘n huis te verander in ‘n liefdevolle tuiste. Kyk hoe sulke sleutel-idees oorloop op elke bladsy en floreer in die huise van gewone Suid-Afrikaners wat buitengewoon kreatief en innoverend is.

Страна:
South Africa
Язык:
English
Издатель:
Media 24 Ltd
Периодичность:
One-off
Читать больше

в этом номере

5 мин.
ons praat met elana brundyn

Waar kom jou liefde vir kuns vandaan? My ma was baie kreatief en aktief. Sy was ’n huishoudkunde-onderwyseres en het veral borduurwerk gedoen en gebrei. Sy en my pa was ook lief vir kosmaak. Ek het grootgeword met respek vir kreatiwiteit. Die skone kunste het ek op universiteit raakgeloop, waar ek gereeld kunsuitstallings besoek het. Ek en my man, Pieter, het as studente op Stellenbosch ontmoet en hy het toe reeds kuns versamel. Dit was een van ons gesamentlike passies. Ek het ’n uitdaging vir jou! Hoe verduidelik ’n mens die konsep van Zeitz MOCAA in een paragraaf? Dit is een van die belangrikste kultuurgebeurtenisse die afgelope 100 jaar in die wêreld. Dit klink ambisieus, maar dit is werklik ’n game changer. Zeitz MOCAA is ’n openbare museum wat daarop fokus om eietydse kuns…

3 мин.
blou kleur van kalmte

SKAKERINGS VAN BLOU Blou kan met ’n legio kleure gekombineer word. Hier is ’n grysblou mat (ontwerp Kemal, kleur Opalescent) met ’n duifgrys bank (die materiaal se ontwerp is Configure, kleur Moonstone) gekombineer. Groen, donkerblou en turkooisblou is vir die kussings (materiaal uit die Magicalfluweelreeks) gekies en teen die muur is ’n mat (ontwerp Carrara, kleur Bluestone) gehang. Die twee Ares-tafels kan ook apart as sytafels gebruik word en hul koperkleurige pote verskaf ’n tikkie warmte. Al die produkte is van Hertex (www.hertex.co.za). Matte, kussings en tafels kan direk van hulle gekoop word. SKANDINAWIESE STYL Hierdie styl word gekenmerk deur ’n gestroopte voorkoms, blondehoutmeubels en sagte kleure. Blou is een van die hoofkleure vir dié styl. Verkry die voorkoms deur skoon, eenvoudige lyne vir jou meubels te kies. SKOONHEID IN EENVOUD ’n Kombinasie van melkerige…

10 мин.
roete 62 beste padvakansie nog, sowaar!

Jy rý nie op Roete 62 nie, jy hou aanmekaar stil. Die Kaapse aktrise en komediant Marion Holm sê dis wat sy doen. “Jaarliks, op pad na die Kunstefees op Oudtshoorn, is dit my pad want ek hou stil by Louretta’s Cake Boutique op Robertson, die beste bakkery in die land, met pasteie van regte skilferkorsdeeg wat my oorrompel.” Dís waarvan sy hou, dat die pad jou laat stilhou, dink, tot verhaal laat kom. CNN Travel (van die Amerikaanse nuuskanaal) het vanjaar Roete 62 as een van die 10 beste padbestemmings ter wêreld aangewys. Anita Rossouw en Lounette Fourie, SARIE se dekorredakteurs, stem saam: “Elke dorpie is mooi en bied iets besonders. Dit is eg plattelands. Hou jy stil by padstalle, gesels jy met die eienaars oor ’n koppie moerkoffie en koop jy…

2 мин.
ander lekker dinge op roete 62

Die Affie Plaas-padstal lê tussen Worcester en Robertson. As jy hou van droëwors, biltong, vrugte en daardie outydse gelukspakkies vir die kinders, is dit net die plek vir jou. Of dalk wil jy net ’n bietjie bene rek en asemskep oor ’n koppie sterk koffie by die restaurant. Navrae: 023 626 4567. In die Karoo Woestyn Nasionale Botaniese Tuin op Worcester, met die Hexrivierberge op die agtergrond, is daar ’n interessante verskeidenheid vetplante. Dit is die ideale plek vir die gesin om piekniek te hou, voëls te kyk of ’n maaltyd in die Kokerboom-restaurant te geniet. Daar is ook kort en langer staproetes om te verken. Navrae: 023 347 0785; www.portfoliocollection.com Roete 62 se wynroete word beskou as die langste ter wêreld. Kry ’n paar “watergate” by kindervriendelike plase soos Bon Courage…

1 мин.
kyk wie is 30

Die welslae van hierdie onderneming is sekerlik te danke aan die eienaars wat sedert dag een met die grootste toegewydheid hul winkels bedryf. Sibley en Lynn McAdam skryf hul sukses daaraan toe dat hulle nog nooit hul passie vir die dekorbedryf verloor het nie, en hul buitengewone uithouvermoë. Block & Chisel is ook baie kliëntgedrewe. Die kliënt voel betrokke by die hele ontwerpproses, want jy kan self die materiaal, kleur en afwerking kies. Sibley is die brein agter meeste van die ontwerpe en sy span van 36 vaklui – manne en vroue – is net so toegewyd soos die McAdams. Vir Sibley en Lynn was dit 30 jaar van ontdek en groei. “Ons skryf so baie van wat ons bereik het toe aan ons span spesialiste wat hierdie besonderse meubels maak, saam met ons…

4 мин.
die tweelinghuis

Jan vertel dat hy eintlik ’n plasie in die distrik wou aanskaf nadat vriende ’n huis (sien bl. 88) hier gekoop het. Die soektog het niks opgelewer nie totdat Jan op dié ongeslypte diamant op die dorp afgekom het. Hy het Richard daar en dan gebel en dit het min oortuiging geverg: Hulle het sommer nog dieselfde dag besluit om dit te koop. Die oorspronklike vier skakelhuise, wat waarskynlik aan ambagsmanne behoort het, is later in twee skakelhuise omskep. Toe hulle dit koop, was dit een groot woonhuis. Dit was leefbaar, maar hulle wou dit weer in twee verdeel. Dit sou heelwat restourasie verg, maar Jan en Richard het kans gesien. Min is aan die struktuur verander, maar ’n gemeenskaplike stoep met twee slaapkamers is aan die agterkant aangebou. Jan beskryf…