ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
SARIE

SARIE

May - June 2021
Add to favorites

SARIE is die voorkeur-glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika met ‘n moderne wêreldbeskouiing. SARIE is ‘n intieme deel van haar lewe en ‘n ware voortsetting van haar leefstyl. Maand ná maand vertel die tydskrif tipies Suid-Afrikaanse stories wat haar altyd goed laat voel oor haarself en haar wêreld. Dis na SARIE dat sy haar wend vir kernoplossings en vertroude geselsies. Dis waar sy haar spesiale inspirasie vind.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Monthly
SPECIAL: Get 40% OFF with code: JOY40
SUBSCRIBE
$19.68
6 Issues

in this issue

3 min.
michelle se...

Die groot ou plataanboom voor my woonstel in Kaapstad verander van kleur, dag vir dag. Dis ’n betowerende skouspel. Van somer se digte koelteboom – my welkome skans teen die wêreld daarbuite en speelplek vir ’n swetterjoel glasogies wat wip-wip tussen die takke – tot nou, byna broos in geel en bruin; blare wat vir oulaas in die bries ritsel voordat hulle grond toe val en die trotse boom gestroop laat vir nog ’n winter. Hierdie is my gunsteling-tyd van die jaar. Daar’s ’n stilte wat herfs en koeler dae bring, en dis sielsalig. Meteens wonder ek, wie onthou lukwarte? Self kan ek nie dink wanneer laas ek daardie wondervruggie gesien of geproe het nie. Soos ek dit het, is wintertyd lukwarttyd. Ek onthou met verlange dié boom in ons stukkie agterplaas op…

1 min.
ons inspirasie

My stem, MY STERKTE As Lady Gaga vir een ding staan, is dit individualiteit. Eie denke, ’n eie stem, wat sy nie skroom om te gebruik nie. Dís haar krag as kunstenaar. Valentino se nuwe parfuum, Voce Viva, ’n houtagtige blommegeur wat sprankel met bergamot, mandaryn en ’n tikkie gemmer, straal dieselfde energie en selfvertroue uit as dié unieke kunstenaar. Sy is die volmaakte gesig vir die tydlose en innoverende parfuumhuis se nuwe skepping. Hulle deel die slagspreuk: My stem, my sterkte. Prys: R1 650 vir 50 ml EDP. Beskikbaar vanaf Mei by uitsoektakke van Edgars en Truworths VYE SE PURPER Rooi kersies, rykroom meringue, wolkwit katoen, saggroen salie, geel nektar . . . ’n wêreld se kleurinspirasie vir Le Creuset se vele kombuisprodukte. Maar min klop die diep purper van hul vyereeks. Terselfdertyd…

4 min.
ons wêreld

Vroeglente Die jaar word ryp in goue akkerblare, sê N.P. van Wyk Louw in sy gedig “Vroegherfs”. Hier flikflooi herfs vir oulaas met die bietjie somer wat oor is, maar aan die ander kant van die planeet, in Japan, het lente se kersiebloeisels (sakura in Japannees) die landskap vir ’n paar dae in ’n sprokieswêreld van wit en pienk omtower. Vanjaar was die bloeisels die vroegste in 1 200 jaar, volgens rekords wat sedert 812 v.C. gehou word. ’n Duidelike bewys van die ontsporende impak van aardverhitting, sê die kenners. Bron: cnn.com BO Bloeisels in Kioto, Japan. FOTO GETTY IMAGES/GALLO IMAGES Hoera VIR BYE! 20 Mei is Wêreld-Byedag. Daar is goeie rede om dié besige insekte te vier . . . Bye bestuif ’n derde van alles wat ons eet (aarbeie, bloubessies, sonneblomme en…

7 min.
julle sê ...

’N DAG SE TOUSTAAN Ek sit met ’n klompie neute in die holte van my hand. ’n Tenger vrou met ’n pragtige doek om haar kop het gedeel wat sy gehad het met die vreemdelinge rondom haar. En ek dink by myself hoe gelukkig ek is om deel te wees van hierdie dag. Vandag het ek die geleentheid gehad om vir die hele dag, van tienuur tot halfsewe, by my plaaslike munisipaliteit tou te staan. Dit was ’n baie lang ry met baie diverse mense. Daar is die onderwyseres wat sommer daar, in die ry, ’n Zoom-klas aanbied. Gryskop wat vir sy verkreukelde vrou ietsie te ete aandra en Pienkhemp wat almal laat skater met sy kwinkslae. Elkeen met sy of haar eie kommernisse wat hulle gedwing het tot hier in die ry. Ná…

2 min.
ek mis die dae

Elke dogtertjie het soort van geweet van menopouse. Die tannies watt altyd by die venster gestaan en hulself met ’n tydskrif of enigiets wat ’n lugstroom kon opwek, koel gewaai het, was moeilik om te ignoreer. Maar niemand het jou oor jou middeljarige lyf gewaarsku nie. Soos ’n Lindtsjokoladeballetjie wat te lank in die son gestaan het . . . sag orals. Ek is ’n dokter, ek het nog altyd geglo alles in die liggaam het ’n doel. Maar hoekom moet ons selluliet om ons arms kry en hoekom moet die arms los velle kry? Sou die rede vir boude wat begin hang, dalk wees dat ons minderr moet sit? Dan los ek die belangrikste vir laaste – die rol om jou maag wat maak dat jy permanent jou maag so…

3 min.
nataniël sê ...

Maandag. Vanoggend besluit Andrew hy bestel ’n huurmotor, ’n pikswart Londense huurmotor met ekstra afstand tussen hom en die bestuurder. Dis soveel duurder as Uber, maar die verpligting om geselsies aan te knoop is heeltemal te veeleisend. Motors bring gereeld verligting, hy is nie in direkte kontak met ’n gebou of straat nie. Andrew groet. Do you mind the radio? vra die bestuurder en kyk na hom in die spieëltjie. Andrew skud sy kop. Hy kyk hoe die lieflike laning bome verbyvlieg, hy sien luukse hotelle met glasdeure en gekeilde lakeie, die rye jong moeders op pad na die parke met hul kinderwaentjies. Iemand lees die nuus. Mynwerkers sit vas, betogers is geskiet, ’n rugsak het op ’n stasie ontplof, vrouens word steeds gestenig in ’n land met olie. Hy vryf sy hande,…