EXPLOREMY LIBRARY
Home & Garden
Sarie Partytjie

Sarie Partytjie

2020

Die tweede SARIE partytjie – alles wat jy nodig het om die beste kinderpartytjie nóg te reël! 70 partytjie-idees plus 5 koek-planne, uitnodigings, speletjies én aflaai en uitdruk ontwerpe om die dag spesiaal te maak!.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read More

in this issue

1 min.
sarie partytjie

REDAKTEUR Michélle van Breda KOSREDAKTEUR Herman Lensing PROJEKBESTUURDER Pieter Hugo KUNSDIREKTEUR Enid de Beer TEKSREDAKTEUR Aniel Botha REPRODUKSIE Noorieyah Fakier & Dewald Spies FOTOGRAWE Michael Le Grange, Donna Lewis en Willem Lourens REDAKSIONELE ASSISTENT Liesel Pienaar (Jhb) 011 713 9263 KANTOOR-ASSISTENT Donald Toockley Konsepte en resepte deur Herman Lensing, SARIE. Bydraes vir partytjies bl. 110, 130, 152, 162, 184 – IDEES-tydskrif. WEBTUISTE DIGITALE REDAKTEUR Annemie Lombard Annemie.Lombard@sarie.com 021 406 4149 INHOUDSBESTUURDER Liani Jansen van Rensburg Liani.jvRensburg@sarie.com 021 406 4146 ADVERTENSIEVERKOPE HOOF: ADVERTENSIEVERKOPE Sarah Curtis-Bowles 021 461 2396 VERKOOPSBESTUURDER (JHB) Susan Pienaar 083 281 7300 SLEUTELKLIËNTBESTUURDER (KST) Charlene Meyer 082 928 5970 HANDELSBESTUURDER Lise Coetsee lise.coetsee@media24.com MEDIA24 LIVE GELEENTHEIDSHOOF 021 406 2376 Francois Malan HOOF VAN BORGSKAPPE 011 713 9147 Nikki Ruttimann BEMARKINGSBESTUURDER 021 406 2257 Andile Nkosi GELEENTHEIDSDIREKTEUR 082 820 1454 Carmen Botma GELEENTHEIDSASSISTENT 021 406 4546 Anéne de Klerk MEDIA24 LIFESTYLE CREATE STUDIO KREATIEWE DIREKTEUR 021 406 3512 Michael de Beer HANDELSREDAKTEUR 021 406 2217…

4 min.
melkskommelweg

Op planeet Melkskommelweg het hulle graag partytjie gehou. Daar was nie ’n verjaardag waar daar nie ’n GROOT makietie was nie, die hele land is dan vir die fees genooi. Kallie Kaneel en Maria Soufflé was die hoofkokkedore wat partytjies gereël het en hul hande het vir niks verkeerd gestaan nie. Hulle het saam uitnodigings en ander mooi dinge gemaak, speletjies beplan en natuurlik gebak en gebrou aan die eetgoed. Maar op een mooi dag breek die grootste dilemma denkbaar aan: Die Goue Kers wat al vir duisende jare op elke verjaardagkoek pronk, was skoonveld! Daar was geen ander keuse nie: Kallie Kaneel en Maria Soufflé moes sélf in die pad val en na die Goue Kers gaan soek, tot in die verste uithoeke van die land. Die twee se eerste stop…

7 min.
dis 'n ys-paradys

DIE TEMA DIE KOEK DIE EETGOED Ys-paradys doughnuts Niemand kan nee sê nie. GENOEG VIR 8 • 125 ml louwarm melk • 30 ml strooisuiker • 20 ml heuning • 80 g botter, gesmelt • 2 eiers • 1 x 10 g-sakkie kitsgis • 350 g (625 ml) koekmeel plus ekstra vir uitrol • 5 ml vanieljegeursel • 130 g (250 ml) versiersuiker • sap van 1 suurlemoen • pienk koskleursel • olie vir diepbraai • 200 g (250 ml) kaneelsuiker • hand vol kleurstrooisels (hundreds and thousands) Plaas melk, suiker, heuning, botter, eiers, gis, koekmeel en geursel in elektriese menger se bak. Klits by hoë spoed met mengspaan (K-beater) tot mengsel in een bal saamkom. Sit deeg in skoon bak. Draai toe met kleefplastiek en laat rys 45-60 minute op ’ n warm plek of tot…

6 min.
goggas en grille

DIE TEMA DIE KOEK DIE EETGOED Slange wat deur die modder seil… njammies! Broodslakke Koop winkeldeeg vir kortpad. GENOEG VIR 12 • 500 g winkeldeeg • koekmeel vir uitrol • 125 g-houer tamatiepesto • 24 heel naeltjies • 12 pretzel-stokkies, middeldeur gebreek Verhit oond tot 180 °C. Verdeel winkeldeeg in 12 dele en rol elke deel met ekstra koekmeel in lang wors van 20 cm lank. Gebruik koekroller en rol ⅔ van die deegwors plat. Smeer tamatiepesto op plat deel en rol stewig op – dis die dop van die slak. Plaas op bakplaat wat goed met kleefwerende kossproei gespuit is. Herhaal met res van deegworse, steek twee naeltjies in elke slak vir oë en twee pretzelstokkies vir horings. Bak vir 12-25 minute of tot goudbruin en bros. Laat effens afkoel. Gebruik skerp mes en sny kante van…

6 min.
kom ons dans

Juffrou Rosa het vir hulle pienk roomys en veerligte skuimpies gevoer…Melkskommelweg-sprokie Blombak-koekies Koop bakkies sjokolademousse. GENOEG VIR 8 • 155 g (170 ml) botter • 280 g (500 ml) koekmeel • 50 g (60 ml) strooisuiker • 45 ml yswater • 1 x 500 ml-houer sjokolademousse • 200 g sjokoladekoekies, fyngekrummel (soos Romany Creams) • versiersuikerblomme, vasgesteek op sosatiestokkies Verhit oond tot 180 °C. Plaas botter, meel en suiker in voedselverwerker en pols by hoë spoed tot tekstuur van fyn broodkrummels. Voeg water geleidelik by terwyl die menger loop totdat deeg in een bal saamkom. Verdeel deeg in 8 en vorm balletjies. Rol uit op meelbestrooide werkvlak tot sowat 5 mm dik. Spuit agterkant van muffinpan goed met kleefwerende kossproei, plaas deegsirkels bo-oor gespuite holtes en druk stewig vas. Bak vir 10-15 minute of tot goudbruin…

6 min.
woudvriende

Malvalekkers Laat die kinders hul eie malvalekkers oor die kole braai. GENOEG VIR 12 LET WEL Volwasse toesig is noodsaaklik wanneer kinders naby ’n vuur of warm kole is. • 30 ml gelatien • 125 ml koue water • 440 g (500 ml) strooisuiker • 250 ml kookwater • 5 ml vanieljegeursel • 100 g fyn klapper • 200 g donkersjokolade, gesmelt • 1 x 250 g-pakkie Marie-koekies Week gelatien in koue water vir 5 minute. Smelt in pot oor kookwater. Plaas in elektriese menger se bak saam met suiker, kookwater en vanielje. Klits by hoë spoed vir 10 minute of tot dik mengsel. Gooi mengsel in 30 x 20 cm-bak wat goed met kleefwerende kossproei gespuit is. Laat stol in yskas vir 2-3 uur. Keer uit op kapplank. Gebruik ronde koekiedrukker met 3 cm-deursnee…