UTFORSKABIBLIOTEK
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Mat och vin
SARIE KOSSARIE KOS

SARIE KOS

Winter 2019

SARIE KOS gaan oor kos wat die mond laat water en is trots SA. Die tydskrif is vir enigeen wat geïnspireer word deur smake en geure, wat geliefdes wil bederf met geregte so reg uit die hart. G’n fieterjasies of aansitterigheid nie, net goeie, eerlike kos en gesonde idees vir almal wat die wêreld van kos wil ontdek en die heilsaamheid daarvan wil geniet.

Land:
South Africa
Språk:
Afrikaans
Utgivare:
Media 24 Ltd
Läs merkeyboard_arrow_down
KÖP NUMMER
33,55 kr(Inkl. moms)
PRENUMERERA
125,80 kr(Inkl. moms)
4 Nummer

I DETTA NUMMER

access_time2 min
lekker verjaar!

Iewers in Augustus 2009 lui my selfoon en ’n sagte stem aan die ander kant lig my in dat Michélle van Breda, SARIE-redakteur, na my aansoek vir die pos as kosredakteur gekyk het en my graag wil nooi vir ’n onderhoud. Skaars 21, bons my hart reg uit my keel. Ek kan nie glo wat gebeur nie. Dae later, ná wat gevoel het soos ’n onderhoud van ure, kry ek die nuus: Jy is SARIE se 7de kosredakteur! Watter eer, watter groot taak en verantwoordelikheid – een wat ek destyds self nie besef het nie. My lewe verander onherroeplik. Ek is nou deel van die tydskrif waarmee ek grootgeword het. Deel van die blaaie waarna my ma so dikwels verwys het. Ek kry kans om my resepte, my kos, my Kalahariwortels te…

access_time1 min
soos tóé: die barones se teekoek

In haar soeke na foto’s in die SARIE-argief, het Michélle dié resep ontdek. Anna, barones von Blumenthal, het Sarie Marais elke tweede Woensdag besoek met modenuus en -foto’s uit Europa. Saam met haar het sy gereeld ’n teekoek gebring, gemaak volgens ’n Duitse familieresep. In haar tesis vir haar meestersgraad in joernalistiek skryf prof. Lizette Rabe die barones het altyd vertel as kinders is hulle aangesê om nie hard te raas of stamp of stap in die kombuis as die koek aan’t bak was nie. Natuurlik ook om nie die oond voor die tyd oop te maak nie. Ons skop ons 70 resepte – een vir elke jaar van SARIE – in hierdie uitgawe met dié koek van die barones af. Want ’n partytjie sonder koek is mos net ’n…

access_time1 min
sarie kos

REDAKSIONELE SPAN REDAKTEUR Michélle van Breda KOSREDAKTEUR Herman Lensing herman.lensing@sarie.com PROJEKBESTUURDER Pieter Hugo ONTWERPDIREKTEUR Anel Stapelberg TEKSREDAKTEURS Liesl Roodt & Natasja Lochner BEMARKINGSBESTUURDER Carmen Botma BEMARKINGSASSISTENT Anéne de Klerk REPRODUKSIE Noorieyah Fakier KANTOORBESTUURDER Amina Essop 021 406 2401 REDAKSIONELE ASSISTENT Liesel Pienaar 011 713 9263 DIGITALE REDAKTEUR Annemie Lombard annemie.lombard@sarie.com 021 406 4149 INHOUDSBESTUURDER Liani Jansen van Rensburg liani.jvRensburg@sarie.com 021 406 4146 ADVERTENSIEVERKOPE HOOF: ADVERTENSIEVERKOPE Sarah Curtis Bowles Sarah.CurtisBowles@media24.com VERKOOPSBESTUURDER (JOHANNESBURG) Susan Pienaar spienaar@media24.com SLEUTELKLIËNTBESTUURDER (KST) Charlene Meyer 082 928 5970 HOOFBESTUURDER: MEDIA24 MAANDELIKSE TYDSKRIFTE Nerisa Coetzee FINANSIËLE BESTUURDER Jameelah Conway SIRKULASIEBESTUURDER Riaan Weyers 021 503 7179…

access_time1 min
ons hou van

GEURIGE KOFFIE Die heel eerste koffieroostery in Gauteng wat sy eie bone gerooster het, was Roastmasters. Hulle soek die beste arabicabone in die sg. koffiegordel – die ewenaarsone wat die perfekte klimaat vir koffie is – en verskaf aan spesialis-koffiewinkels, hotelle en korporatiewe kliënte. Jy kan nou ook ’n Roastmasters-masjien huur vir jou besigheid, met koffies wat wissel van enkelboon-variëteite tot mengsels en gegeurde koffie. www.roastmasters.co.za,012 803 5549 of 071 371 6922. RUM-REVOLUSIE Boetiekrum is besig om vinnig groot opslae te maak. Ons hou veral van Don Papa-rum, wat van die ryk, soet melasse van die vulkaniese eiland Negros in die Filippyne gemaak word. Dit word sewe jaar verouder vir streelgladde vanielje-, heuning- en versuikerde vrugtegeure. Geniet dit onverdun, op ys of as deel van ’n skemerkelkie. Sowat R420 vir 750 ml by…

access_time1 min
swierige sweed

Om Volvo se XC60 te bestuur is soos om deur ’n glanstydskrif te blaai wat jou blad vir blad meevoer, sodat jy dit nie wil neersit nie. SARIE KOS het die kragtige, maar brandstofvriendelike D4-weergawe met turbodieselkrag toetsbestuur. Sewe goed wat beïndruk: 1. Die XC60 se elegante ontwerp laat dié sportnuts uittroon. 2. Daar is ’n rits veiligheidskenmerke wat gemoedsrus gee soos min ander motors. 3. Binnelangs is die afwerking luuks, maar sonder om oordadig te wees. 4. Al die passasiers geniet meer as genoeg ruimte, terwyl die bagasieruim ook taamlik groot is. 5. Dit is maklik om die tabletvormige raakskerm waarmee jy die klankstelsel en ander nutsfunksies beheer, baas te raak. 6. Die agterklap maak met die druk van ’n knoppie op die sleutel outomaties oop. 7. Op die pad voel die XC60 stewig, die rit…

access_time2 min
7 ikone vir jou drankkas

1 KLEIN CONSTANTIA VIN DE CONSTANCE Dié natuurlike soetwyn van die Muscat de Frontignan-druif is ’n skepping van Constantia waarvan die lof in die 18de en 19de eeu besing is deur Charles Dickens, Jane Austen, koning George IV en Napoleon. Deur die jonger oesjare van die huidige Vin de Constance herleef ons die glorie van ’n wyn wat deur konings aangevra is. 2 KANONKOP Kanonkop se Bordeauxstyl versnit, Kanonkop Paul Sauer 2015, is die eerste wyn in Suid-Afrika wat volpunte kon kry van die gerespekteerde Britse wynkritikus en -skrywer Tim Atkin. Hy beskryf dit as een van die beste jong wyne wat hy nóg geproe het. Bewaar dit in jou kelder waar dit kan verouder vir nog meer genot – en waar dit sal styg in waarde! 3 MEERLUST RUBICON In 1980 is nog ’n…

help