ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
Huisgenoot

Huisgenoot

29 Jul 2021

Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Weekly
$2.41
$94.02
51 Issues

in this issue

6 min
menings oor stories op huisgenoot.com

1 DIE ‘GOEIE OU DAE’: WAT MIS JULLE? Na aanleiding van ’n leser se kleintydherinneringe het ons julle gevra om te deel wat dit is wat julle die meeste mis Elkeen van ons het ’n bydrae gelewer om “potjiekos” te maak in die bos. Geen pot? Geen probleem! ’n Klomp aartappels in die grond, maak ’n vuur bo-op, gaan swem – en dan’s dit opskeptyd. Hemels. HEINRICH Kersfees op Upington saam met Oupa en Ouma. En wanneer Oupa ons gevat het om na die Kersliggies te gaan kyk. Ek mis die samesyn en die liefde. Die sorgeloos lewe. My kind sal dit nie ken nie. ANNERIKE Kaalvoet in die reën speel, Kersliggies gaan kyk in die Kaap en window shopping. Vandag kan jy dit nie meer doen nie, want als het nou shutters en rollerdoors. O…

1 min
redakteursbrief

ONLANGS luister een van my kinders toe ek aanlyn met ’n kollega gesels. “Mamma, hoekom praat jy áltyd oor blokkiesraaisels?” vra hy ná die tyd. Ek lag, want dis nie ’n oordrywing nie. In hierdie huis – en by Huisgenoot – word daar báie oor die wonders van blokraaie en ander raaisels gepraat. En vandeesweek kan ek eindelik skryf oor die projek waaroor ons al so lank opgewonde droom: Huisgenoot stel nou ook aanlyn blokraaie en ander raaisels bekend (bl. 20). Ja, dis reg: Nes die wêreld se voorste mediahuise het ons nou ook ’n digitale platform geskep waar raaisel-liefhebbers ons speletjies aanlyn kan doen. Dit sluit in blokraaie, woordsoeke, sudoku’s en koderaaisels, en ons bied verskillende pakkette teen verskillende pryse. Die raaisels is interaktief en die formate is aangepas om toeganklik te…

16 min
’n land wat oorkook

HUISGENOOT DEK DIE LANDSWYE DIT is ’n toneel wat skokgolwe tot in die buiteland gestuur het en wat nie een van ons in Suid-Afrika ooit sal vergeet nie: ’n foto van ’n kleuter wat uit ’n brandende gebou gegooi word, met die uitgestrekte arms van vreemdelinge wat gereed staan om haar te vang. Dié beeld sal ons bybly van die week toe Suid-Afrika geplunder is; die week toe die land gebrand het. Dit is tekenend van die afgryse en vrees waarmee miljoene Suid-Afrikaners gevul is toe duisende mense grootskaalse chaos gesaai het, maar ook van die hoop wat weer verrys het toe gewone Suid-Afrikaners ingespring het om mekaar by te staan en die letsels van die skrikwekkende vernietiging saam op te ruim. Wanneer Naledi Manyoni (26) terugdink aan die oomblik toe sy haar babadogtertjie…

1 min
waarom brand suid-afrika – en wat nou?

Kenners meen Zuma se inhegtenisneming was net die vonk – die kruitvat was lankal daar, sê hulle. Moeletsi Mbeki, politieke ontleder: Die armoede van die meerderheid Suid-Afrikaners en die grootskaalse werkloosheid onder die jeug weens die ANC se mislukte ekonomiese beleid was die “hout en kole”. Die arm meerderheid sien geen toekoms vir hulself en hul kinders nie, en dit veroorsaak ’n gees van selfvernietiging. “Hulle beskou Zuma as een van hulle omdat hy uit die werkersklas kom en gee nie om oor sy sondes nie. Bo-op dit kom hierdie massiewe ontploffing van langdurige woede.” Die oplossing was nog altyd werkskepping en geld vir jong ondernemers om ’n toekoms te bou, sê hy. Prof. André Duvenhage, politieke wetenskaplike, Noordwes-uniWAAROM versiteit: Die gebeure moet gesien word in die lig van verskeie politieke,…

6 min
ja, dis wáre liefde!

VYF maande lank moes hulle die nuuskierige oë van die publiek ontwyk. Om mekaar selfs net in die openbaar te omhels was taboe – hul verhouding moes geheim bly. So dikwels wou die akteur Neels van Jaarsveld die mooie Florinda Hearn in die openbaar ’n soen gee of net haar hand op straat vashou. Maar dan onthou hy: Ons mág nie. Want aanhangers van die kykNET-maatsoekreeks Op my eish! was nog besig om te volg hoe 14 vroue, Florinda inkluis, meeding om Neels (42) se hart – min wetend dat hy reeds liefde gevind het. Neels het al op 27 Februarie – toe die verfilming afgehandel is – die donkerkop Florinda (26) gekies as die vrouedeelnemer met wie hy ’n régte verhouding wil bou. Maar hulle moes die verhouding tjoepstil hou tot die…

6 min
toe brand die liefde

MET eisj? Liewers met ’n ryperd, dankie … Sy het toe nie voor die TV-kameras van die kykNET-reeks Op my eish! liefde gevind nie, maar dit beteken nie Tanya Michelle se hart klop nie deesdae witwarm vir ’n bekende nie. En al het Neels van Jaarsveld in die laaste episode van die maatsoekreeks Florinda Hearn bo Tanya gekies, straal sy vandag oor die manier waarop háár liefdespaadjie intussen sommer ver weg van die kameras ontvou het. Nie saam met ’n gewilde akteur nie, nee – maar by ’n ewe bekende sanger. Dit was een aand om ’n braaivleisvuur dat haar en Dozi se romanse vlam gevat het – sommer letterlik. Nee, moenie dáái storie vertel nie, probeer Tanya (33) nou goedig keer waar sy styf langs die sanger met die rasperstem op die voorstoep…