EXPLOREMY LIBRARYMAGAZINES
CATEGORIES
FEATURED
EXPLOREMY LIBRARY
Home & Garden
Tuis

Tuis

March 2020

Tuis is ’n praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin wat lesers in staat stel om hulle blyplekke mooi te maak, en die waarde daarvan te laat toeneem – binne én buite. Die tydskrif maak die lewe makliker vir mense wat ’n huis wil koop, bou of opknap, of lus is vir tuinmaak, kosmaak of mooimaak. Tuis wys nie net mooi goed nie – ons verduidelik ook wat waarde sal toevoeg tot jou eiendom, en hoekom. Die tydskrif bied bekostigbare en toeganklike keuses aan lesers, hulp met selfdoenprojekte, en raad vir opknapwerk. Dis vir gewone mense – mans én vroue – met gewone lewens, gewone loopbane en gewone huise; mense wat graag hulle eiendomme wil verbeter, en dit moet doen op ’n begroting.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read More
SUBSCRIBE
$38.67
12 Issues

In this issue

2 min.
hallo

Die afgelope jaar of wat het jy seker opgelet dat Tuis glad nie meer net ’n tydskrif is nie. Ons het lankal ’n digitale voetspoor ook – daar was ons eerste mobiblad; ons stuur al geruime tyd etlike nuusbriewe uit; jy volg ons dalk op Facebook, Instagram, of ons YouTube-kanaal! Maar met die bekendstelling van Netwerk24, met alles wat Media24 in Afrikaans doen op een digitale plek, het die Tuis-wêreld net nog groter geword. Nog nooit was dit so maklik om al jou gunsteling-leesstof te geniet in die palm van jou hand nie, hetsy in webformaat of PDF. Nou, in 2020, is daar nog nuwighede op die horison. Einde verlede jaar het ons die Tuis-winkel (tuishomeshop.co.za) gebou waar jy krytverf, en binnekort ook ander mooigoed, kan koop. Die Welkom Tuis-ontwerpdiens wat van enige…

1 min.
vive la france!

Ons Annie Sloan-toer verlede Oktober na Lorgues, Frankryk, was ’n groot sukses. Ons moes uiteindelik ’n groter bus en ekstra slaapplek reël om almal te akkommodeer! Johané, ons kosredakteur, was saam – vandaar die inspirasie vir die Franse geregte op bl. 114. Hier is ’n paar foto’s van die groep van 23 wie se kreatiwiteit selfs vir Annie uitgeboul het!…

2 min.
ons lesers sê

WENBRIEF Sy’t ’n hand met ’n plant Lotta Marais van Wellington skryf As ’n mens hou van plante en van tuinmaak, maak jy ’n plan. Tydens die droogte het my huishulp, Rykie, se muurtuin inspirasie en groenigheid aan die vaal Wellingtonse omgewing gegee. Wat ’n plesier om haar daar af te laai en amper elke dag ’n nuwe vetplantjie teen die muur te sien. Rykie hou van groenigheid en lewe om haar. Met haar muurtuin slaan sy twee vlieë met een klap: Sy herwin die vele plastiekbottels wat die omgewing so versuur en maak iets moois daarmee. In ’n vaal omgewing pronk haar tuin en wys sy vir almal wat daar verbykom dat ’n mens iets moois uit niks kan skep. Rykie, jy’s ’n inspirasie vir ons almal! Ideaal vir my Estelle van der…

3 min.
dagboek

OP DIE KASSIE In Open Homes (seisoen 1 begin 16 Maart op The Home Channel, DStv-kanaal 176) vergesel huis- en tuinontwerpers jou deur van die asemrowendste huise wat jy ooit sal sien – van spoggerige vakansievillas tot weggesteekte skatte met wonderlike uitsigte. Sien die voorste dekor-trends en selfs ’n huis wat teen ’n heuwel “hang”. Of jy nou opknap, bou of net die mooi wil sien, Open Homes is vir jou. DIE TOYOTA US WOORDFEES 6–15 Maart: Verskeie venues in en om Stellenbosch Die 2020-Woordfees het iets vir elkeen oor 16 kategorieë – van musiek tot teater, ’n skrywers- en filmfees, selfs landbou. Teaterliefhebbers kan kies uit 60 toneelstukke, waarvan 24 hul debuut by die fees maak. Jy kan ook ’n staptoer deur plaaslike tuine in samewerking met Tuis geniet – besoek die Johnman-tuin…

2 min.
wat’s nuut

SKEP EN INNOVEER! WIE Lebogang Sadiki WAAR Pretoria BESIGHEID S’Africa Lamp Designs HAAR WERK Lebogang Sadiki, ’n gekwalifiseerde rekenmeester, het ’n uitlaatklep vir haar kreatiwiteit gesoek; toe begin sy kontemporêre wasgedrukte lampkappe ontwerp en maak. Sy het S’Africa Lamp Designs in November 2019 begin, en in haar skeppings gebruik sy die treffende, kleurryke ontwerpe van Suid-Afrika se etniese groepe – van die Ndebele tot die Xitsonga. Haar reeks sluit lampkappe (vanaf R250), asook staanders van hout en keramiek in. Besoek safricalampdesigns.co.za om meer te sien en pasgemaakte ontwerpe aan te vra. Die meubelvervaardiger Coricraft het ’n nuwe reeks lieflike meubels vervaardig saam met Hertex en Home Fabrics. Dit spog met ’n verskeidenheid grafiese motiewe, luukse lap en geblomde borduurwerk. Die ten volle gestoffeerde Stella-stoel in Magnolia Sky-lap van Hertex (R9999) is nou in hul winkels.…

3 min.
versier ’n tafel

’n Soliede plan Beton-afwerkings ry steeds die dekorgolf – nie net vir badkamer- en kombuisblaaie, teen mure of op vloere nie, maar ook as dit kom by meubels en dekor. “Dis die rou, ongekunstelde voorkoms van sement wat huiseienaars aantrek,” sê Johan Coetzee, die eienaar van World of Decorative Concrete (WODC) wat dié stylvolle stoeptafel met ’n betonblad vir die funksiebeplanner Aleit Swanepoel se huis in Somerset-Wes gemaak het (sien sy tuin op bladsy 92 ). “Beton werk goed saam met glas, metaal, linne en selfs papier,” verduidelik Aleit. “Dis die ideale medium as jy kontras wil skep tussen harde en sagte elemente.” Om dit te illustreer het hy verskillende sementvoorwerpe soos beelde, rame, onderborde – en selfs kerse met ’n sementvoorkoms – op dié lieflike tafel gebruik. Te mooi vir woorde! Jy kan dié…