ZINIO logo

Tuis Verf Dit 2016

Al die inspirasie en verf-idees wat jy kan vra – van slim tegnieke en kleurskemas tot vernuftige selfdoenwenke. Voeg net kleur by!

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
One-off
$3.11

in this issue

2 min
chromofobie = ’n vrees vir kleur

Kan jy glo? Seker die eerste keer gediagnoseer in die Skandinawiese lande waar als die hele winter lank toe is onder die sneeu. Dink nou maar: Maande lank net wit waar jy kyk, en dan skielik, eendag, begin die bome bot. Dit kan mense seker ontsenu … Ek is van nature ’n kommerpot, en te veel goed laat my soms wakker lê. Maar kleur? Nee. Kleur werk vir my. Om kleur te moet kies, ja, dit kan ’n dilemma wees. Maar dat daar kleur moet wees, is ’n uitgemaakte saak. Die blou van ’n Delft-bord, die heldergeel van ’n suurlemoen in ’n mooi bak op ’n kas. Die skelrooi laaikassie wat ek een aand sonder huiwering gekoop het toe ek eintlik net melk wou kry by die naaste Checkers (die laaitjies kon…

f0004-01
4 min
ons lesers sê

’N BLINK PLAN! Julle doen dit elke keer! Janine Elliott van Pietermaritzburg skryf Dankie vir ’n fantastiese tydskrif vol inspirasie. Sodra ek ’n nuwe uitgawe toemaak en neersit, raak my man benoud, want hy sien die ratte in my kop draai, gewoonlik gevolg deur die woorde: “Ek wonder of ons nie ...” Dit beteken ek het al weer ’n idee vir ’n nuwe projek! Ek en my vriendin se dogter het ’n ou laaikas mooigemaak. Hulle het onlangs getrek en sy wou haar kamer ’n reis-tema gee. Met krytverf, handvatsels, kunsleerbande, ’n ou kaart van Parys, dosyne gomstafies en harde werk het ons dié saai kas omskep in ’n stylvolle meubelstuk! Danksy julle sal ek altyd lekker projekte hê! Dis mos nie inmeng nie Hilindie Stemmet van Montagu skryf Toe ek en my man…

f0006-01
4 min
dis 'n kleurspel!

Wegkruipertjie Maak ’n deur die fokuspunt, of laat dit teen die agtergrond wegsmelt deur dit dieselfde kleur as die aangrensende mure te verf. Jy sal verskillende soorte verf vir die deur en muur nodig kry; laat dit net in dieselfde kleur meng en siedaar! Hou jy van dié rooi? Probeer Dulux Fire Cracker 2. Blokdruk Die Poolse visuele kunstenaar Andrzej Urbanski het ’n paar openbare muurskilderye vir die ART54-projek geskilder, insluitend dié treffende een by die Seepuntpromenade in Kaapstad. Hoekom verf jy nie ’n soortgelyke fokusmuur met monsters of oorskietverf nie? Gebruik maskeerband om die blokke af te baken en laat waai – die kleinspan kan ook help! Dit hang als af Gebruik ’n gaatjiesbord en verf om oulike bêreplek vir jou kinders se sporttoerusting en tekkies te maak. Dis so maklik: Verf die bord…

f0008-01
1 min
huise

Kleur is ’n baie persoonlike keuse en kan die gevoel van ’n huis dramaties beïnvloed. Maar moenie vrees nie; as helder mure nie jou styl is nie, bring spatsels kleur in met ’n kopstuk, laaikas of ’n dramatiese fokusmuur. Enige vrae? Stuur e-pos na kenners@tuis.co.za. Kleurverwysings is so akkuraat soos wat die drukproses toelaat. Verwys asseblief na die uitstallings in winkels of verfkaarte vir ’n akkurate voorstelling van die kleur. Onthou dat lig ook ’n groot invloed op die kleur sal hê.…

f0015-01
6 min
“kleur maak my gelukkig”

Hul kleurskema Jamaican Sea Signal Red Brilliant White English Yellow Ná jare van veilige keuses was Suretha Jansen van Rensburg van Durban gereed vir helder kleur in haar nuwe huis. Gewapen met ’n kwas en verskeie blikke verf is die Jansen van Rensburg-gesin se woonplek nou presies wat hulle wou hê. “Ons huis moes vrolik wees; ’n plek waar die kinders lekker kan speel,” sê Suretha. Toe die gogga eers gebyt het, was daar geen keer aan dié besige ma nie. “As iets nou nie vir my mooi lyk nie, verf ek dit mooi!” Suretha het presies die regte balans gevind – van die rooi kombuis tot die spatsels turkoois reg deur die huis (en ’n pienk kopstuk in klein Charlotte se kamer). En kyk maar mooi: Eintlik het die huis ’n eenvoudige, skoon palet. Hier kan…

f0016-01
2 min
’n gratis app vir jou! dulux visualizer tm

Sukkel jy om op ’n verfkleur vir jou huis te besluit? Danksy die gratis Dulux VisualizerTMapp is dit makliker as ooit om die perfekte keuse te maak! Die VisualizerTM-app is ’n innoverende, gebruikersvriendelike oplossing vir jou slimfoon of tablet. Dis interaktief en help jou om die regte besluit te neem. Kry dit in jou app-winkel, laai dit af en begin droom… Neem ’n foto van die muur wat jy wil verf en speel met die opsies; verander die kleure van die mure so dikwels as wat jy wil. Stoor die foto’s, of deel dit op sosiale media om met jou styl te spog. Dis so maklik om die app te gebruik; sien die stappe onder. 1 LAAI JOU FOTO OP Nadat jy die Dulux VisualizerTM-app afgelaai het (dis beskikbaar op Google Play vir Android-toestelle of die…

f0022-01