ZINIO logo

Tuis Verf Dit Tuis Verf Dit 2018

Al die inspirasie en verf-idees wat jy kan vra – van slim tegnieke en kleurskemas tot vernuftige selfdoenwenke. Voeg net kleur by!

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
One-off
$3.11

in this issue

4 min
steel by die reënboog

Balke toe! In Wilna Rabe en haar gesin se vakansieplek op Hermanus is daar rooi elemente deur die hele huis. Sy het selfs die oop houtbalke in die sitkamer rooi geverf – ’n goeie bewys van “wie nie waag nie, wen nie”! Smelt saam Dié vindingryke muurrak, gemaak van ’n doodgewone houtbadmatjie, is ideaal vir ekstra hangplek langs ’n lessenaar of selfs bo jou bedkassie. Voeg ’n ekstra rak by deur ’n plank wat knus pas horisontaal tussen die latte van die mat in te skuif. Verf alles dieselfde kleur as die muur vir ’n eenvoudige, moderne voorkoms en gebruik S-hake om artikels aan op te hang. Dulux Hot Paprika 1 Dulux Rapture Dulux Chilli Chocolate Dulux Muted Rouge KENNERSRAAD ’n Oulap se rooi Rooi is energiek, warm en positief, en as jy dapper genoeg is om dié helder kleur…

f0006-01
9 min
kleur in die klein - karoo

Wie woon hier? Hilindie en Johan Stemmet en hul seun, Sion (4) WAAR Montagu As Montagu se berge jou roep, dan luister jy en trek terug na jou grootworddorp – al is dit heelpad van Londen af. Dit is presies wat Hilindie gedoen het toe sy en haar ou skoolvriend, Johan, nege jaar gelede verloof geraak het. “Ons albei het hier grootgeword en omdat Johan-hulle ’n familie-onderneming het, was dit ’n uitgemaakte saak dat ons hier sou woon,” vertel sy. “In die begin was dit maar moeilik om weer aan te pas op ’n klein dorpie, maar vandag kan ek nie aan ’n beter plek dink om ons kinders groot te maak nie.” Ná ’n jaar van getroude lewe het hulle die eienaars van ’n knus ou woning op die dorp geword. Die huis is…

f0012-01
4 min
waar daar rus is

Wie woon hier? Neill en Cornel Strydom met hul kinders, Sebastian (15) en Benjamin (13) WAAR Pretoria GROOTTE 600 m² Hou jy van dié kleur? Dulux Lake of Grey is dalk net die kleur wat jy soek. Neill en Cornel Strydom se huis in Pretoria was eens op ’n tyd ’n mengelmoes van kleur: die sitkamer het helder chartreuse mure gehad, die slaapkamer was houtskoolgrys met ’n pers ondertoon, en die eetkamer en kombuis ’n diep koringkleur. Boonop was hul meubels ook in helder kleure geverf. Maar ná ’n wegbreek by hul vakansiehuis met sy neutrale dekor op St Francisbaai was Cornel vol inspirasie om hul permanente woning se kleurskema te verander. “Ek wou daardie kalm gevoel wat ons by ons vakansiehuis het, hier namaak,” sê sy. “So, al die helder kleure teen die mure moes waai.…

f0020-01
6 min
een met die natuur

Wie woon hier? Hannes Stander en DP Ferreira WAAR Rheenendal, Suid-Kaap GROOTTE 150 m² plus 45 m² stoepe Die dorpie Rheenendal, halfpad tussen Knysna en Sedgefield, was jare terug ’n bosboustasie diep in die inheemse woude van die omgewing. Hier woon en werk Hannes Stander, ’n tuinontwerper, en die blomkunstenaar DP Ferreira nou al tien jaar. Hul onderneming, Ecozest, het kliënte regoor die land. Hul blyplek, wat uit 1827 dateer, was oorspronklik ’n houtkappershuis met mure van grondsooie en klei, op plekke tot 80 cm breed. Hoewel daar met die jare aangebou is, is dit knus en gesellig. “In die ou dae het mense net die nodigste vertrekke gebou – soos ’n nes vir die gesin. Die skaal van ons huis se vertrekke, met hul lae plafonne, omvou ’n mens met warmte.” Maar dis ook hul slim…

f0028-01
3 min
baadjie blou

Wie woon hier? Janus en Jani Kotze en hul kinders, Kobus (12), Daniël (8) en Ian (5) WAAR Swellendam Kleurslim Hou jy van die blou stoeltjies? Probeer Dulux Icelandic Waters, en vir die kaste Dulux Marianna’s Aria. Toe die Kotzes besluit om hul huis op te knap, was die kombuis hul topprioriteit. “Dis waar ek en my man ons spesiale tyd saam deurbring, kook en ’n glasie wyn geniet – die ou kombuis het net nie die paal gehaal nie!” sê Jani. Die ou kombuis het bitter min werkspasie gehad; die vloerteëls was outyds en die vertrek het persoonlikheid gekort. Die paartjie sou ook graag ’n eiland wou hê. Hulle het besluit om Lisa Spaarwater van Lemon & Lilac Paint Techniques se hulp in te roep. Nie net het sy gehelp met die ontwerp van die…

f0036-01
3 min
bietjie stensil, baie styl

Wmie awokone hoievr? Gert en Lizana Watson en hul kinders, Damian (11) en Sebastian (9) WAAR Kloof, Durban Gert en Lizana Watson was nog altyd gefassineer deur Marokko, en verlede jaar het hulle uiteindelik ’n vakansie in dié bekoorlike land in Noord-Afrika beplan. “Maar omdat ons nie die kinders na ’n land wou neem wat nie altyd kindervriendelik is nie, het ons op die nipper kleinkoppie getrek,” sê Gert. Tweede prys was om Marokko huis toe te bring! Gert, ’n dorpsbeplanner en omgewingskundige, en Lizana, ’n choreograaf, danser en onderwyser, werk albei van die huis af; daarom was dit vir hulle belangrik om ’n gemaklike, opgewekte ruimte vir hul gesin in te rig. Die sitkamer Die paartjie was reeds besig met opknappings aan hul huis en het besluit om hul sitkamer in ’n Marokkaanse oase te omskep…

f0040-01