探索我的圖書館
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / 狩獵 & 釣魚
SA Hunter/JagterSA Hunter/Jagter

SA Hunter/Jagter

June 2019

The leading magazine for the South African hunting and conservation fraternity. Suid-Afrika se top-tydskrif vir die jagter en bewaarder.

國家/地區:
South Africa
語言:
English
出版商:
Media 24 Ltd
閱讀更多keyboard_arrow_down
訂閱
$651.76
12 期號

本期

access_time1 最少
sa hunter/jagter

REDAKSIE REDAKTEUR: Koos Barnard Koos.Barnard@media24.com Tel: 012-485-9401 ADJUNK-REDAKTEUR: Johan van Wyk Johan.vanWyk@media24.com SUBREDAKTEUR (VRYSKUT): Eunia Barnard (Artikelnavrae & taalversorging) Eunia.Barnard@media24.com Tel: 012-485-9402 SUBREDAKTEUR: Marisa Beeton (Taalversorging) Marisa.Beeton@media24.com Tel: 012-485-9350 UITLEGKUNSTENAARS: Marthie van Dyk (Uitleg en produksie) Marthie.vanDyk@media24.com Tel: 012-485-9404 Faks: 086-559-8004 Malinda Craythorne (Advertensie-ontwerp) Malinda.Craythorne@media24.com Tel: 012-485-9405 Faks: 086-535-4073 KANTOORBESTUURDER: Maphuti Mongatane (Navrae/Administrasie)Maphuti.Mongatane@media24.com Tel: 012-485-9382 Faks: 086-535-4058 MEDEWERKERS: Herman Jonker Kassie Kasselman…

access_time3 最少
tegnies gesproke...

Die nuwe kalibers wat deesdae bemark word is, tegnies gesproke, veel beter as die oueres waarmee ons nou al donkiejare aansukkel.Ek meen, vat nou maar net sommige van die nuwe 6.5-won-derwerke. Die hoeke van die dopskouers, die lengte van die dopnekke en die doppe se volume is so ontwerp dat hierdie kalibers die optimale werkverrigting gee. Hulle koeëls het hoë BC’s (BAIE belangrik), hulle verleng glo looplewe, laat gewere minder skop en die kort, vetterige doppe is so ontwerp dat hulle meer sywaartse druk in die geweer se kamer gee en dus nie soveel soos die ou veterane agtertoe skop nie (so word ek vertel). Dus kry jy wat die Ingelse noem, minder bolt thrust, wat gesonder is vir jou geweer, want dit verhoed dat die sluitnokke mettertyd beskadig…

access_time4 最少
snelvuur

City Press het onlangs berig dat Botswana se staatshoof, president Mokgweetsi Masisi ernstige oorweging skenk aan die grootskaalse uitdunning van veral olifante, sowel as die her-opening van trofeejag. Trofeejag is deur Masisi se voorganger, Ian Khama in 2014 verban na hewige druk deur diereregteorganisasies, sowel as sekere aandeelhouers in Botswana se toeriste-sektor wat gefokus is op sogenaamde foto-safari’s.Die moontlike besluit om olifante uit te dun, is teweeggebring deur die toename in konflik tussen olifante en mense in veral Botswana se noordelike distrikte. Botswana het drakapasiteit vir ongeveer 53 000 olifante, maar die werklike olifantpopulasie is na raming tot soveel as 130 000 diere. Sedert 2009 is 25 mense in Botswana deur olifante gedood.Masisi se aankondiging het onmin tussen hom en sy voorganger veroorsaak en het hom ook die argwaan…

access_time1 最少
rheinmetall denel munitions

Die meeste van ons lesers is seker al bewus van die ongeluk wat op 3 September 2018 by Rheinmetall Denel Munitions plaasgevind het (dis waar ons plaaslike “Somchem”-kruite vervaardig word). Ná die ontploffing op die perseel waarin ’n paar mense hul lewens verloor het, is die vervaardiging van kruit voorlopig opgeskort.In ’n onlangse brief het die HUB (hoofuitvoerende beampte) van Rheinmetall Denel Munitions, Norbert Schulze, te kenne gegee dat die vervaardiging van kruit vir herlaaidoeleindes (jag en sportskiet) vroeg in 2020 hervat sal word. Daar is geen spesifieke datum gegee nie, bloot genoem dat dit vroeg in 2020 sal plaasvind. Schulze noem in die brief dat die maatskappy steeds verbind is daartoe om na hul lojale kliënte (die herlaaiers) om te sien.Kom ons hoop dat hierdie belofte wel waar…

access_time1 最少
gelukkige wenners!

DENNIS KAPPETIJN-MES J Geringer van Wonderboom wen ’n Dennis Kappetijn-mes ter waarde van R1 500. Vir meer inligting oor Kappetijn-messe, besoek www. kappetijnknives.com of kontak hulle by 012-660-1270 of 082-923-5639/082-968-4242. DOVETAIL-AMMUNISIEKISSIES JHJ Coetzee van Potchefstroom en HJ van der Linde van Thabazimbi wen elk ’n Dovetail-ammunisiekissie in die kaliber van hul keuse. Dié kissies word geborg deur Rudi en Lizelle Louw. Kontak Lizelle by083-257-4041. Elke kissie is ongeveer R525 werd. PROMARK- 3 GESKENK R Horne van Bloemfontein wen ’n paar Tarzan-skoene ter waarde van ongeveer R470 van Stevenson Hamilton (beskikbaar by takke van Obaro). Vir verdere inligting oor die Stevenson Hamilton-produkte, besoek gerus hul webtuiste by www. stevensonhamilton.co.za. * Die wenners sal gekontak word en van hul pryse in kennis gestel…

access_time4 最少
betreffende ervaring

Jy ken daardie ou wat alles weet? Natuurlik, wie ken hom nie? Van jag kan jy hom niks vertel nie; hy’t al alles gedoen. Al wat spesie is het hy gejag (sommer sulke rye aan die haak) op al wat plaas is. Almal grotes, natuurlik. Die mense by Rowland Ward ken hom al op sy voornaam. En skiet! Lang skote, kort skote, hardloopskote en natuurlik kopskote: dis sy kos daai. Van gewere kan jy hom niks leer nie, sy nuwe Kruitmoor is sonder weerga. Van veldkennis ook nie, al praat hy van ’n ‘bruinjakkals’.Vat só ’n ou se stories maar met ’n skopgraaf sout, want dit is waarskynlik wat nodig is om van hom ’n gesoute jagter te maak. Ervaring is iets wat jy net op een manier kry:…

help