探索我的圖書館
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / 美食 & 美酒
SARIE KOSSARIE KOS

SARIE KOS

Apr/Jun 2019

SARIE KOS gaan oor kos wat die mond laat water en is trots SA. Die tydskrif is vir enigeen wat geïnspireer word deur smake en geure, wat geliefdes wil bederf met geregte so reg uit die hart. G’n fieterjasies of aansitterigheid nie, net goeie, eerlike kos en gesonde idees vir almal wat die wêreld van kos wil ontdek en die heilsaamheid daarvan wil geniet.

國家/地區:
South Africa
語言:
Afrikaans
出版商:
Media 24 Ltd
閱讀更多keyboard_arrow_down
優惠 Get 40% OFF with code: YES40
訂閱
$390.66
4 期號

本期

access_time1 最少
aan my ma

Op 22 Januarie vanjaar word ek wakker met die oproep wat ek my lewe lank gevrees het. My ma is oorlede. Binne sekondes verander my hele wêreld. Hoe kan ek voortgaan sonder haar? Sy was maar altyd daar wanneer ek haar nodig gehad het. Sy was een van my grootste fans en ook my belangrikste kosmentor. Trouens, die liefde vir kos wat sy in my wakker gemaak het, is die rede hoekom ek kook. Ek kon van jongs af sien hoe sy met kos mense bymekaarbring, mense mekaar help vergewe en mense se lewe verbeter. My ma het met kos gesê wat sy nooit met woorde kon nie. Sy was my bron van raad en koskennis as ek nie heeltemal seker was oor wat ek moet doen of hoe die resep nou…

access_time1 最少
kia sportage

Vernuwing is altyd belangrik en soms moet daar selfs aan ’n wenresep getorring word – veral as daar nuwe trends op die spyskaart opduik. Só het KIA onlangs sy gewilde sportnutsvoertuig, die Sportage, effens opgekikker. Daar is ’n paar ontwerpveranderings soos nuwe allooiwiele en kleuropsies, terwyl die modelreeks ook vereenvoudig is. ’n Belangrike verbetering is ’n nuwe agtspoed-ratkas vir turbodieselmodelle, wat SARIE KOS ook kon ervaar toe ons die Ignite Plusweergawe getoets het. Dié ratkas is meer verfynd en soepel, terwyl dit ook beter brandstofverbruik bied. Nog ’n regmerkie langs die Sportage se naam is dat dit met ’n waarborg van vyf jaar met onbeperkte kilometers kom, asook ’n diensplan. Pryse wissel tussen R386 995 en R559 995.…

access_time2 最少
ons hou van

ITALIAANSE LEKKERTE Die klassieke amandelgeurdrank Disaronno het hande gevat met die Italiaanse ontwerpershuis Trussardi (bekend vir leerprodukte) om ’n beperkte reeks bottels spesiaal in helderpienk en geel te klee. Kyk uit by drankwinkels landwyd vir die bottels (sowat R350 vir 750 ml). VIR INPAKKOS Soek jy plastiekbakke van die beste gehalte vir jou happies? Dan moet jy Tupperware koop. Die bakke pas netjies in mekaar, van klein na groot. Besoek www.tupperware.co.zavir die pryse en om jou naaste agent te vind. BEDERF VIR WAGTER Elke kombuis verdien ’n Le Creuset-pot, en nou kan jy vir Wagter ook bederf met iets moois van die luukse handelsmerk: ’n bak vir sy kos. Kyk aanlyn by www.lecreuset. co.za vir ’n hele reeks bakke vanaf R370. MIN-MOEITE-PASTA Om jou eie pasta te maak kan baie werk verg. Met Philips se outomatiese pastamaker…

access_time1 最少
ons top-12

access_time2 最少
net in suid-afrika

jeanritine@gmail.com KAAPSE LUSMAKER Historiese mengeldrankie-resepteboeke van die 1800’s verwys na ’n geheimsinnige “Kaapse Aperitief” as ’n bestanddeel – wat die avontuurlustige Deense-mengeldrankie-kenner en Kaapse wynmaker Adi Badenhorst se nuuskierigheid geprikkel het. Navorsing en eksperimentering het sy familieonderneming geïnspireer om Suid-Afrika se eens bekende Vermouth te laat herleef as Caperitif. Dit word handgemaak deur Chenin Blanc te meng met geure en aromas van ongeveer 35 botanikalieë wat die biodiversiteit van die Kaapse blommeryk vasvang. www.caperitif.com RUM OP DIE RAK Hoekom het Suid-Afrika, een van die grootste suikerrietproduserende nasies in die wêreld, geen rum-kultuur nie? Dié vraag het James Copeland aangespoor om met ’n rum vorendag te kom wat hierdie stand van sake kan regstel. Copeland Rum word gemaak van pure melasse wat gefermenteer word met tropiese gis wat dit aromas van pynappel, lietsjie en kokosneut…

access_time1 最少
vuurwarm vetkoek

MET MIELIES Eet die vetkoeke heerlik warm uit die olie, net so met ’n lekker glas wyn, vir die begin van ’n kuier. genoeg vir 10-12 Sif 280 g (500 ml) koekmeel, 20 ml bakpoeier en 2 ml sout saam. Vryf 15 ml botter daarby in. Voeg 250 ml melk by en meng goed. Voeg 1 x 410 g-blik pitmielies wat gedreineer is by en meng goed. Verhit sowat 500 ml sonneblomolie. Braai ’n bietjie van die beslag in die olie om te toets of dit warm genoeg is. As dit stadig bruin braai, is die olie reg. Skep nou lepels vol beslag in die olie en stel die hitte laer wanneer die vetkoeke begin verbruin. Braai dit sowat 10 minute om dwarsdeur gaar te word. Dreineer op kombuispapier. Sit voor met…

help