探索我的圖書館
美食 & 美酒
SARIE KOS

SARIE KOS Summer 2018

SARIE KOS gaan oor kos wat die mond laat water en is trots SA. Die tydskrif is vir enigeen wat geïnspireer word deur smake en geure, wat geliefdes wil bederf met geregte so reg uit die hart. G’n fieterjasies of aansitterigheid nie, net goeie, eerlike kos en gesonde idees vir almal wat die wêreld van kos wil ontdek en die heilsaamheid daarvan wil geniet.

國家/地區:
South Africa
語言:
Afrikaans
出版商:
Media 24 Ltd
頻率:
Quarterly
閱讀更多
優惠 Get 40% OFF with code: DIGITAL40
訂閱
$271
4 期號

本期

2 最少
herman sê

Dis 2018! ’n Nuwe jaar en nuwe dinge. Maar wat sal die jaar vir ons inhou? Niemand weet nie – en ek dink dis goed so, want dan kan jy al die verrassings wat oor jou pad kom, met uitbundige vreugde geniet. Tog kan ek my nooit keer om te wil weet wat die koskenners en foendies vir ons voorspel nie. Hier is ’n paar van die goed wat hulle volgens Google reken in 2018 op ons borde gaan wees: 1. Plantaardige melkprodukte – of jy nou suiwel wil vermy of net iets anders wil probeer, 2018 gaan die jaar van neut- en hawermout-melk wees. Kyk ook uit vir amandelmelk. Dis baie lekker en gesond. 2. Die geur van blomme – die blomgier kom al lank aan. Van mode, dekor, skoonheid en…

1 最少
#gesondheid

Ons kook in Afrikaans SARIE KOS is ryk in geure en kleure, en die smaaklikste Afrikaanse koswoorde. In elke uitgawe bring ons hulde aan ons taal met lekker-sê-woorde soos #gesondheid. #Gesondheid kan verwys na ’n “toestand van liggaamlike en geestelike welsyn” volgens die Verklarende Afrikaanse Woordeboek. Dit is ook volgens dr. W.F. Botha van die WAT: “’n Uitroep waarmee iemand met die drink van ’n glas wyn of dergelike drankie gesondheid toegewens word of waarmee ’n heildronk ingestel word.” In dié Somer-uitgawe van 2018 klink ons ’n glasie op die nuwe jaar en op ons lesers. Mag jy geseën wees met gesondheid en voorspoed. #Gesondheid! Gaan ook na Afrikaans.com…

1 最少
nuwe stasiewa op die spyskaart

Soos in die koswêreld is daar in die motorbedryf ook trends wat kom en gaan, byvoorbeeld stasiewaens. Maar Volvo het besluit basta met die norm en ’n robuuste stasiewa, die V90 Cross Country, op sy Sweedse spyskaart gesit. Dié model is basies ’n stasiewa op steroïede met ’n knippie of twee sportnutsvoertuig-bestanddele. Nie net lyk dit lewendiger as ’n gewone vaal stasiewa nie, maar dit is ook ’n toonbeeld van Sweedse elegansie. Die V90 is ongelooflik ruim, propvol luukse en tegnologiese kenmerke en natuurlik baie veilig. Kragtige turbo-petrol- en turbo-dieselenjins is beskikbaar, asook vierwielaangedrewe. Pryse begin by R791 900.…

2 最少
ons hou van

YSKOUD Geniet Nespresso se nuwe koffie-verrassing, ’n beperkte voorraad koffiekapsules wat spesiaal vir die somer ontwerp is om oor ys te geniet. Kyk uit vir twee geure, Intenso on Ice en Leggero on Ice. Jy kan die koffiekapsules ook in ons voorbladresep op bl. 52 probeer. LAATWAAI-BIER Hulle maak nie net musiek nie, maar het nou ook hul eie bier. Die groep Fokofpolisiekar span saam met die brouery Devil’s Peak om jou met Fokof Lager te bederf. Die bier is nie te swaar nie en selfs mense wat nie gereeld bier drink nie, kan dit skink. Koop by Makro-winkels teen sowat R125 vir 6 of besoek fokoflager.com. JAFFEL-YSTER Dié somer bak ons jaffels soos van ouds (bl. 36), maar waar kry jy so ’n jaffelpan? Danksy LK’s is dit nou vanaf R220 beskikbaar by winkels…

3 最少
saartjie se planne

Ek kook gereeld pasta en gooi olie by die water, nes die resepte aandui, maar sodra dit afkoel, sit die pasta weer vas aan mekaar. Wat moet ek doen om dit te keer? Dirkie Coetzee, Postmasburg SAARTJIE Ai, ek is bly jy volg die raad van die sjefs, maar dit werk mos nie altyd nie! Die geheim is om die olie eerder ná die kooktyd oor die pasta te gooi pleks van in die water. Jy gooi die olie saam met die water weg wanneer jy die pasta dreineer, daarom kleef die pasta aan mekaar. As jy ’n bietjie olie oorsprinkel sodra die pasta gaar is, is jou probleem opgelos. Ek is dol daaroor om knoffel in my kos te gebruik, maar ek hou niks van die reuk op my hande nie. Hoe…

1 最少
in jou mandjie

SOET POEIER As suikersoet jou mikpunt is, moet jy bak met Huletts se versiersuiker. Die herseëlbare sakkies sorg dat dit klontvry bly. Koop landwyd teen R37,99 vir ’n 750 g-sakkie. GEURIGE NEUT Klapper is vol goeie olies en bly ’n gunsteling-bestanddeel op spyskaarte. Imbo s’n is beskikbaar in twee opsies: fyn of baie fyn. Landwyd te kry vanaf R18,99 vir 200 g-sakkie. GOUE NEKTAR Maak jou lewe nog soeter met Rhodes se heuning. Van ontbyt tot vanmiddag se gebak en vanaand se smoothie kan net lekkerder smaak. Sowat R58,99 vir 340 g-bottel.…