menu
close
search
探索我的圖書館雜誌
所有類別
特色刊物
探索我的圖書館
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / 美食 & 美酒
SARIE KOSSARIE KOS

SARIE KOS Jul/Sept 2018

SARIE KOS gaan oor kos wat die mond laat water en is trots SA. Die tydskrif is vir enigeen wat geïnspireer word deur smake en geure, wat geliefdes wil bederf met geregte so reg uit die hart. G’n fieterjasies of aansitterigheid nie, net goeie, eerlike kos en gesonde idees vir almal wat die wêreld van kos wil ontdek en die heilsaamheid daarvan wil geniet.

國家/地區:
South Africa
語言:
Afrikaans
出版商:
Media 24 Ltd
閱讀更多keyboard_arrow_down
優惠 Get 40% OFF with code: BLACK40
訂閱
$321.51
4 期號

本期

access_time1 最少
herman sê

Mense vra my gereeld hoekom ek so baie oor die platteland praat, en oor my grootwordjare daar. Die waarheid is dat alles wat jy eendag word, gevorm word deur die dinge wat jy in jou kinderhuis ervaar. Die platteland is diep in my hart geëts, en elke keer as ek daar is vir ’n fees, ’n boekgesprek of ’n gesellige kuier, besef ek opnuut waarom ek so lief is daarvoor. Dis die ongemaskerde eerlikheid en oorgawe waarmee alles aangepak word. Dis die warmte waarmee jy verwelkom word en die vriendelike groet waarmee jy vertrek. Toe ek klein was, was wintertye vir my die heel beste, want dan het ek geweet goeie kos wat heeldag al prut, wag vir my vanaand as die son sak. Vuurwarm lamsbredie wat saggies weggekook het tot ’n sagte…

access_time1 最少
ons kook in afrikaans

SARIE KOS is ryk in geure en kleure, en die smaaklikste Afrikaanse koswoorde. In elke uitgawe bring ons hulde aan ons taal met lekker-sê-woorde soos #wintertroos. As die koue kom kuier, is dit juis die tyd om ’n bietjie wintertroos te soek. Maak jou warm met die liefde van jou hond of jou kat se sagte pels. Wat is dan lekkerder as ’n vuurtjie in die kaggel, ’n glas vol rooiwyn en ’n pot stomende kaasfondue op die stoof (kyk bl. 79). Want, soos F.A. Fagan in sy gedig Huisie by die See sê, hier binne is dit veilig, warm en dig. En in Breyten Breytenbach se gedig Wintertroos gee hy ook raad: Verknies jou nie oor die winterreën nie. Gaan ook na Afrikaans.com…

access_time1 最少
volvo-wenner

Dié motorvervaardiger het deesdae ’n wenresep met sy nuwe reeks voertuie, met basiese bestanddele wat bestaan uit pragtige ontwerp, topgehalte-afwerking, moderne tegnologie en die beste veiligheidskenmerke. Dié resep is ook gebruik vir die opdis van die Sweedse vervaardiger se nuwe XC40, wat ’n kompakte sportnutsvoertuig is wat soos soetkoek verkoop en reeds talle ontwerppryse ingepalm het. Dit is ’n toonbeeld van styl en ongelooflike vakmanskap, beskikbaar met ’n verskeidenheid turbo-enjins wat petrol- of diesel-aangedrewe is. Die XC40 sal enigiemand dadelik tuis agter die stuur laat voel en ten spyte daarvan dat dit Volvo se kleinste sportnuts is, bied dit oorgenoeg pakplek. Pryse begin by R489 500.…

access_time2 最少
ons hou van

WYN VIR DIE WINTER Maak die lang winteraande warm met goeie kos op jou bord en lekker wyn in jou glas, soos dié Wolfkloof Shiraz van Robertson Winery. Die druiwe vir die wyn is in Maart 2013 geoes en daarna 17 maande lank in 225 liter-vaatjies verouder. Die wyn se diep bessiesmake en volronde mondgevoel maak dit die perfekte pasmaat vir wintergeregte soos bredies en vleissop. Besoek www.robertsonwinery.co.za vir meer inligting. DEUR DIE TOE DEUR Hierdie nuwe yskas van LG is ’n móét vir dié van ons wat heeltyd die deur van die yskas wil oopmaak op soek na kos! Met die tegnologie wat in die InstaView Door-in-Door™ benut word, kan jy twee keer liggies op die deur klop om die lig in die yskas aan te skakel. Loer dan sommer deur die…

access_time1 最少
roomys vir jou woef

Ja, daar’s inderdaad nou roomys vir jou hond! Ons gesels met Linda van der Walt, eienaar van die onderneming wat Cool Dogs Ice Cream uitgedink het. 1. Waar kom die idee vandaan? Ons werk al sedert 2017 aan die gedagte om ’n unieke bederf vir honde te maak. Ons wou graag roomys ontwikkel wat terselfdertyd lekker is én ’n gesonde alternatief bied. 2. Hoekom is dit gesond? Ons gebruik net die beste A-graadbestanddele: biltong, vryloopeendborsies sonder vel en vars aarbeie. Die jogurtbasis bevat slegs 0,1% laktose (laktose is nie goed vir honde se spysvertering nie). Pleks van witsuiker, word natuurlike versoeters gebruik om die bitterheid van die jogurt teen te werk en te sorg vir ’n heerlike smaak. Ons werk saam met ’n geregistreerde dieredieetkundige om seker te maak die roomys is gesond vir…

access_time2 最少
wêreldklas in jou glas!

jeanritine@gmail.com DIE KERN VAN JENEWER Internasionale jenewerkundiges meen liefhebbers van die drankie stel al hoe meer belang in waar dit vandaan kom: Hulle soek outentieke geure en ’n sterk plaaslike verhaal. Dit is dus geen wonder nie dat KWV se Cruxland-jenewer – wat ’n infusie van die seldsame Kalahari-truffels bevat – onlangs in die jaarlikse World Gin Awards in Londen deur internasionale kundiges as die SA droë jenewer met die beste smaak (Best South African Dry Gin for Taste) aangewys is. AANLYN WYNWENNERS Vivino is ’n aanlyn wyngemeenskap, wynlys en selfoon-toep waarop gebruikers wyn kan koop, evalueer en beoordeel. Jaarliks beloon dié virtuele wyngemeenskap die beste en mees geliefde wyne van regoor die wêreld in die Vivino Wine Style Awards. Die meriete word deur Vivino se 26 miljoen gebruikers bepaal, en wynstylpryswenners sluit die…

help