探索我的圖書館
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / 美食 & 美酒
SARIE KOSSARIE KOS

SARIE KOS Oct/Dec 2018

SARIE KOS gaan oor kos wat die mond laat water en is trots SA. Die tydskrif is vir enigeen wat geïnspireer word deur smake en geure, wat geliefdes wil bederf met geregte so reg uit die hart. G’n fieterjasies of aansitterigheid nie, net goeie, eerlike kos en gesonde idees vir almal wat die wêreld van kos wil ontdek en die heilsaamheid daarvan wil geniet.

國家/地區:
South Africa
語言:
Afrikaans
出版商:
Media 24 Ltd
閱讀更多keyboard_arrow_down
訂閱
$321.51
4 期號

本期

access_time1 最少
herman sê

Ek het nog altyd geglo elke verjaardag is iets om te vier. Maar, SARIE KOS se 11de verjaardag? Toe stap ek Mari-Louis Guy se kombuis binne om te leer van choux (bl. 26) en wat haal sy uit? ’n SARIE Marais van 23 Oktober 1968. Dieselfde maand dat SARIE KOS gebore is. Dit was vir my die teken dat 11 jaar tog belangrik is. En toe sien ek boonop die choux-deeg-trend wat nou weer opslae maak, was toe al gewild. Soos die klassieke Franse Gâteau St. Honoré op die voorblad. Net daar raak ek verlief, want vir my is dit ’n bevestiging dat sulke klassieke resepte nooit oud word nie. So, hoekom nie ons verjaardag vier met iets klassieks met ’n hedendaagse geur nie? Ons klink saam ’n glas op…

access_time1 最少
ons hou van marmite

TAXI-TEKENING Kyk uit vir ’n beperkte reeks Marmite-bottels met ’n tekening van ’n taxi op die etiket. Die publiek het dit uit ’n paar sulke ontwerpe gekies. Koop landwyd teen sowat R45 vir ’n 250 g-bottel. BROS EN LEKKER Hierdie bros ryskoekies is gelaai met die geur van Marmite. Dis die perfekte peuselhappie vir jou laai by die werk of inpakkos vir die langpad. Koop 30 g-pakkies by deli’s landwyd teen sowat R15. Hou jou baba warm in hierdie knus groeipakkie van Krag Drag. Koop dit aanlyn by www. zando.co.za teen R199. DIE DING SPRING Jou fliek gaan sommer nog interessanter wees as jy dit kyk met so ’n pakkie Marmitegegeurde springmielies van Guzzle and Wolf in die hand. Koop joune aanlyn by www.yuppiechef.comteen R25 vir 90 g. Roomkaas! Wat is lekkerder as ’n stukkie roosterbrood met Marmite…

access_time2 最少
vars en lig in jou glas!

jeanritine@gmail.com 1 Kyk op na die sterre! Verskietende sterre, satelliete en konstellasies is die inspirasie vir die Silverthorn Jewel Box MCC. Weggesteek in die Suiderkruis, die bekendste konstellasie in ons Suidelike Halfrond, is ’n groepering van sterre bekend as die Kappa Crucis – wat in 1751 in Suid-Afrika ontdek is deur Nicolas Louis de Lacaille. Dit word die juweelkissie van die sterreruim genoem, en vandaar hierdie vonkelwyn se naam. Gepas vir ’n seisoen wat ons toelaat om buite onder die sterre wyn te drink! 2 ’N TIKKIE MEDITERREENS Robertson Lightly Sparkling Sauvignon Blanc, gemaak in die styl wat herinner aan die gewilde Portuguese Vinho Verde, het ’n effense “spritz” op die tong wat vir ’n lekker verkwikkende effek sorg. Die blou-en-wit etiket lyk soos iets wat op ’n Mediterreense eiland geniet moet word –…

access_time1 最少
wen! ’n naweek weg vir 2

Smag jy na ’n idilliese naweek op die platteland om jou batterye te herlaai? Magoebaskloof Hotel is die perfekte plek. Daar’s pragtige staproetes in die weelderige subtropiese bos wat jou verby asemrowende watervalle lei. Of neem deel aan ’n verskeidenheid buitelug-aktiwiteite soos visvang, bergfietsry en boomtoptoere. Ná ’n lang dag vol aksie kan jy ontspan by die swembad of op jou stoep ’n glasie wyn geniet en die skoonheid van die natuur indrink. Omring van ongerepte inheemse bosse en bome, is Magoebaskloof die ideale plek om rustig te raak. SMS EN NEEM DEEL SMS ORION HOTELS, gevolg deur die antwoord op die vraag (geen leestekens), jou naam, van en telefoonnommer na die nommer 35409. (’n Tarief van R1,50 per SMS geld.) SLUITINGSDATUM VIR WEDSTRYD: 6 JANUARIE 2019 MOONTLIK GEMAAK DEUR: WEDSTRYDREËLS: Die prys kan nie na…

access_time1 最少
in jou mandjie

GOEIE GIS Is jy bang om met gis of suurdeeg te werk? Jy kan maar ontspan as jy Anchor Yeast se sakkies kitsgis gebruik. Gooi dit by louwarm vloeistof en jou gebak sal binne minute begin pof. Koop 10 g-pakkies landwyd teen R5 per pakkie. HOU WARM Hou die hitte binne met Glad se kleefplastiek wanneer jy brooddeeg wil laat rys. Koop landwyd teen R60 vir 50 m. VEERLIG Meel met ’n laer gluteninhoud soos Golden Cloud se koekmeel help om jou brood ’n veerligte tekstuur te gee. Koop landwyd in 1 kg-sakkies teen R14,50.…

access_time1 最少
vinnig & maklik

Ons sê huis proe soos: biltongbrood Min dinge is so lekker soos suurdeegbrood, maar dit verg tyd om te maak. Gelukkig is daar ’n kortpad. Met ’n hand vol biltong daarby, gaan dié brood enige hart laat vermurwe. genoeg vir 1 brood GISMENGSEL: Meng 140 g (250 ml) koekmeel, 250 ml lou water en 1 x 10 g-sakkie kitsgis in groot mengbak tot glad. Bedek met kleefplastiek en laat oornag in yskas rys – dis dié proses wat al die geur aan die brood gaan gee. BROOD: Plaas gismengsel in elektriese menger se bak. Voeg 500 g (875 ml) koekmeel, 200 ml louwarm water, 10 g sout en 45 ml heuning by. Meng met mengspaan (K-beater) tot ’n sagte deeg vorm. Hou aan meng vir sowat 8 minute – die deeg is…

help