探索我的圖書館
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / 美食 & 美酒
SARIE KOSSARIE KOS

SARIE KOS Jan/Mar 2019

SARIE KOS gaan oor kos wat die mond laat water en is trots SA. Die tydskrif is vir enigeen wat geïnspireer word deur smake en geure, wat geliefdes wil bederf met geregte so reg uit die hart. G’n fieterjasies of aansitterigheid nie, net goeie, eerlike kos en gesonde idees vir almal wat die wêreld van kos wil ontdek en die heilsaamheid daarvan wil geniet.

國家/地區:
South Africa
語言:
Afrikaans
出版商:
Media 24 Ltd
閱讀更多keyboard_arrow_down
訂閱
$321.51
4 期號

本期

access_time1 最少
dis ’n nuwe jaar!

Kan jy glo, 2019 is hier! Wat gaan hierdie jaar vir ons inhou? Ons het geen idee nie, en ek verkies dit so. Daar is reeds soveel dinge waaroor ons ons bekommer. Wat gaan word van brandstofpryse, wie weet waar kos se pryse gaan draai, gaan ons nog die vreugde van lekker eet en groot kook kan geniet? Want geld raak min! Hier is my belofte aan elkeen van julle: Ons gaan vanjaar seker maak dat elke resep, storie en bladsy jou beursie in ag neem. Meer smake met minder bestanddele. Elke resep sal ek met sorg en keur beplan om seker te maak die smaak en die lekker van Suid-Afrikaanse kos kom nooit in die gedrang nie. Ek wil 2019 aanpak met die mantra van die Duitse skrywer Franz Kafka: “Met kos in…

access_time1 最少
ons hou van

MOOISTE BAKKIES Elke kombuis kort bakkies in verskeie groottes vir peuselhappies of bykosse op jou feestafel. Kyk uit vir hierdie mooi reeks seegroen bakkies met pragtige patrone by @home-winkels landwyd. Tussen R25 en R129. SMAAKLIKE AVO Dis klaar moeilik om nee dankie te sê vir avokado, maar voeg biltong by en dis eenvoudig onweerstaanbaar. Gebruik Westfalia se guacamole op toebroodjies, pizzas, as doopsous of selfs as koue pastasous. Koop dit landwyd of besoek www.westfaliafruit.com. Goue nektar As jy wil weet hoe goeie heuning proe, kan jy maar The Farmer’s Table se produk probeer. Dis boonop oulik verpak. Koop dit aanlyn by thefarmerstable.co.za teen R46 vir 145 g. HIER SLAAP JY LEKKER! Pak jou kar en vat die pad platteland toe as jy nuwe koservarings soek. Jy sal verbaas wees oor wat net ’n paar kilometers van jou…

access_time1 最少
volkswagen touareg

Dié motorvervaardiger se spyskaart is deesdae nie meer onopgesmuk nie – dis trouens baie fênsie. Jy kan byna sê die splinternuwe Touareg word met silwer eetgerei voorgesit, want dis so luuks dat dit net sowel ’nAudi-kenteken kon gehad het. In der waarheid deel dit selfs ’n paar bestanddele met Bentley, wat ook deur VW besit word, se Bentyaga-sportnutsvoertuig. Die derde geslag Touareg, wat onlangs vir SARIE KOS voorgesit is, kan net as indrukwekkend beskryf word. Sy voorgangers was reeds toonaangewend, maar die nuweling is in ’n klas van sy eie danksy talle hoë-tegnologiese kenmerke soos ’n volle digitale instrumentepaneel, raakskerms en topgehalte-afwerking. Dit kom met ’n 3,0 liter-turbodiesel wat gekoppel is aan ’n agtgang- outomatiese ratkas. Daar is twee deftige modelle beskikbaar en pryse begin by R999 800.…

access_time2 最少
werk slimmer met jou geld

KOOP BESTANDDELE IN SEISOEN Die nommer-eenreël wat ons almal moet volg. Vrugte en groente in seisoen smaak nie net beter nie, dis ook meer bekostigbaar. En dis goed vir ons planeet, want groente wat buite seisoen beskikbaar is, kom gewoonlik van ver af, wat ’n yslike koolstofvoetspoor tot gevolg kan hê. DOEN DIE WERK SELF Leer ken jou bestanddele en verwerk dit eerder self as om reeds verwerkte bestanddele te koop. Hoenderporsies gaan bv. meer kos as die heel hoender, want iemand het daardie hoender verwerk, verpak en vervoer. Hoe minder prosesse by bestanddele betrokke is, hoe goedkoper is dit. VERMY DIE VERPAKKING Het jy geweet daardie plastiekof ander soort houer waarin baie produkte verpak word, sorg vir ’n reusedeel van die prys? Kies dus eerder produkte wat jy self weeg en in ’n sakkie…

access_time2 最少
vlytige vroue

Golf van sukses Trizanne Barnard is net so tuis op ’n branderplank as in die kelder – ’n stokperdjie wat wys sy hou van kompeteer. Die wyne wat sy maak onder haar eie etiket, Trizanne Barnard Wines (TBW), beïndruk altyd, soos die TBW Reserve Syrah 2017, wat sag en soepel vertoon, met ’n tikkie laventel op die neus en poeierfyn tannien. WEN! ’N R2 000-GESKENKPAK VAN TOP-WYN By Creation Wines in die natuurskone Hemel-en-Aarde-rif by Hermanus maak Carolyn Martin en haar man, JC, top-wyne soos Creation Art of Chardonnay en Art of Pinot Noir. Jy kan dié gesogte enkelwingerd-wyne nou kry in ’n aantreklike houtkissie met keldermeester Jean-Claude Martin se handtekening daarop, die perfekte geskenk vir die spesiale persoon in jou lewe. Besoek www.creationwines.com vir meer inligting. Beantwoord die vraag ONDER IN DIE…

access_time1 最少
1, 2, 3, 4 – poeding!

PIESANGBROOD-HAPPIES Saam met melk, eiers en suiker maak ’n piesangbrood ’n heerlike Sondagnagereg. genoeg vir 24 happies Verhit oond tot 180 °C. Spuit kolwyntjiepan met 24 holtes met volume van 45 ml elk deeglik met kleefwerende kossproei. Krummel 3 x 200 g-piesangbrode fyn en plaas in mengbak met 125 ml suiker. Klits saam met 1 liter melk en 5 eiers. Skep mengsel in holtes van pan en bak 10-12 minute of tot net gestol. Sit voor met vanieljevla of roomys. BEDERF JOU KOMBUIS Maak krummels in ’n kits met Kenwood se kompakte voedselverwerker. Dis klein en mooi en pas goed in ’n stylvolle kombuis. Landwyd te koop in roomkleur vanaf R1 199.…

help