探索我的圖書館
美食 & 美酒
SARIE KOS

SARIE KOS Jan/Mar 2020

SARIE KOS gaan oor kos wat die mond laat water en is trots SA. Die tydskrif is vir enigeen wat geïnspireer word deur smake en geure, wat geliefdes wil bederf met geregte so reg uit die hart. G’n fieterjasies of aansitterigheid nie, net goeie, eerlike kos en gesonde idees vir almal wat die wêreld van kos wil ontdek en die heilsaamheid daarvan wil geniet.

國家/地區:
South Africa
語言:
Afrikaans
出版商:
Media 24 Ltd
頻率:
Quarterly
閱讀更多
優惠 Get 40% OFF with code: DIGITAL40
訂閱
$271
4 期號

本期

2 最少
kospraatjies

Ek het nog altyd ’n sagte plek in my hart gehad vir die Kalahari en sy mense. En dis nie net omdat ek daar grootgeword het nie; kom ek vertel jou hoekom. Die mense daar is gul en hulle sal jou altyd met ’n groot glimlag groet. Dis mense wat jou verwelkom met goeie, eerlike kos – sonder tierlantyntjies. Hulle verstaan waaroor die lewe gaan: saamwees en oomblikke om te koester. Toe ek onlangs lees dat ons eie Michelin-sjef Jan Hendrik van der Westhuizen eersdaags die deure van KLEIN JAN by die Tswalureservaat in die Kalahari oopswaai, was ek bitter opgewonde. Want ek het net weer besef die Kalahari staan vir niks en niemand terug nie. Ek wou die nuwe jaar afskop met sy storie. Een van eerlike kos en ’n plattelandse…

1 最少
bmw se e-motor

BMW is een van die vervaardigers wat die voortou neem met die ontwikkeling en verkoop van elektriese voertuie. Só is die BMW i3 een van die gewildste e-motors op die mark. Sy futuristiese ontwerp trek veral baie aandag terwyl dit ongelooflik luuks is. Die jongste generasie i3-reeks, waarvan ons die sportiewe i3s-model toetsbestuur het, is ’n toonbeeld van volhoubaarheid. Die i3s kan ’n afstand van tot 240 km aflê, terwyl ons toetsmodel ’n opsionele petroltenk gehad het wat tot 120 km by jou rit kan voeg. Boonop is die i3s nogal rats en versnel dit van 0-100 km/h in ’n blitsige 6,9 sekondes. As jy die battery wil herlaai, neem dit 15 uur by ’n gewone sok om 80%-krag te laai, maar jy kan BMW se iWallbox installeer sodat jy…

1 最少
ons hou van

ELKE ITEM IS UNIEK Mooi eetware vir jou tafel is altyd besonders. Elke item in Mervyn Gers se wye reeks erdeware word met die hand gevorm en geglasuur. Ons hou veral van die seegroen kleur. Besoek www.mervyngers.com FEESBORRELS Vir ’n ligte drankie vir jou tafel die somer is Robertson Winery se sauvignon blanc met note van groenappel, soetrissie en varsgesnyde gras vol sagte borrels net waarvoor jou kuiers vra. Sowat R65 vir 750 ml KLAAR GEROL Spaar tyd die somer wanneer jy bak met klaargemaakte broskors van Spar. Dit proe byna so lekker soos tuisgemaakte deeg. Kry dit landwyd in winkels se afdeling vir bevrore kos VOL ENERGIE As jy ’n vinnige energiehupstoot benodig, wees op die uitkyk vir die Sir Fruit Cold Pressed Health Shots-reeks. Dis vol van alles wat gesond is vir jou. Geure is…

2 最少
7 organiese vir jou glas wyne

1 BETOWERENDE WIT Die Waghuis (R179) is die pronkwyn van Org de Rac, ’n Swartlandse wynkelder waar omgewingsvriendelike wynmaakmetodes prioriteit geniet. Dit is ’n eiesoortige witwynversnit van verdelho, roussanne en chenin blanc wat betower met dominante smake van ryp perskes, vars appels, speserye en neutmuskaat. 2 SIKLUS VAN WYN EN LEWE Avondale se etos is “terra est vita”, letterlik “grond is lewe”. Op dié plaas word alles gesien as ’n dinamiese stelsel met die dele interafhanklik. Die mooi web van verhoudings kom tot hul reg in hul wyne, wat almal eers goed verouder word voor bekendstelling. Die Samsara Syrah 2009 (R350) se mondgevoel is soepel met lieflike aromas van witpeper en rooi vrugte. 3 ORGANIESE BORRELS Elgin Ridge is ’n gesertifiseerde organiese wynprodusent uit Elgin wat ’n reeks verfrissende wyne maak. Die Marion Bubbly 2011…

2 最少
5 minute met barbara mugo

1. Hoekom het jy die ICA as sjefskool gekies? Omdat dit die beste in Afrika is, en ’n familievriend wat daar gestudeer het, het dit aanbeveel. Ek het na baie ander skole ook gekyk, maar keer op keer teruggekom na die ICA as my eerste keuse. 2. Wat het jy in jou drie jaar by die ICA geleer? So baie, maar ek wil die volgende uitsonder: Om gedissiplineerd te werk, hoe belangrik spanwerk is, en natuurlik ook al die kulinêre vaardighede waarvan ek voorheen nie eens bewus was nie. Die ICA het my liefde vir kos verder gestimuleer en geneem tot hoogtes wat ek nie voorheen gedink het moontlik is nie. 3. Wat het jy van Suid-Afrika se kos geleer, en hoe beïnvloed dit jou kookstyl? Suid-Afrika se kos het my gewys hoe divers Afrika se…

13 最少
lekker ou (klein) jan

Saterdagaand by die opera in Parys, elegantgesofistikeerd in ’n aandpak. En twee dae later, middernag in die gestroopte Suid-Afrikaanse Bosveld op soek na die beleërde witrenoster. “My hart het geweet waar hy hoort – en ek is bewus van my seëninge om albei te doen,” sê Jan Hendrik van der Westhuizen, Suid-Afrika se eerste (en tot baie onlangs enigste) Michelin-bekroonde sjef. Sy wêreld is in die stad Nice aan die Côte d’Azur met al sy oorvloed . . . “gesogte bestanddele, mense en strate wat van oggend tot aand druis”. Maar eweneens is daar Afrika se Lorelei-lokstem. Die ru diamant, meer ongenaakbaar, die stryd om oorlewing moeiliker. Soms, as hy in Nice sukkel om te slaap, luister hy na ’n klankbaan op sy selfoon. Afrika-naggeluide begelei deur ’n knetterende vuur. Kinders wat…