Om in LA ’n voet in die deur te kry, hang af van wie jy kenArmand Ek probeer na my innerlike stem luisterArmand Colombo, Sri Lanka, 2015. Daar is min tekens oor van die vernietigende tsoenami twaalf jaar gelede waarin sowat 30 000 mense dood is.
Destyds het ’n Hindoe-tempel, aan die stad se noordelike kusgebied, alleen onoorwonne getroon. Alles rondom was platgevee.
Dis na dié tempel waarna Armand Aucamp ingedagte staan en kyk. En dan, eensklaps tussen die woelende stadsgeluide, dring ’n TV-speletjieagtige deuntjie tot sy bewussyn deur.
Ballade vir ’n enkeling, die rolprent waarin hy twee jaar gelede sy verskyning op die Suid-Afrikaanse fliektoneel gemaak het, se ikoniese temamusiek. “Enkeling, vreemdeling . . .”
“Ta, ta, ta. Ta, ta, ta . . .” neurie hy nou. “Daai…