WELKOM
You’re off to great places. Today is your day! Your mountain is waiting so get on your way!– Dr Seuss My naam is Liana en ek is ‘n avontuur-groentjie. Ja ek weet dit klink sleg, veral siende ek die redakteur van ‘n avontuurtydskrif is. Maar voor julle oordeel, laat ek eers verduidelik. Met avontuur bedoel ek landreis. Die verkenning van die ongerepte skoonheid van ons kontinent. Om jou veldvoertuig te laai met kos, water en wat ook al ‘n landreisiger nog nodig het om te oorleef en die pad te vat om die groot onbekende te gaan verken. Natuurlik het ek al heelwat veldryery gedoen. Ek weet hoe om ‘n tent op te slaan en ek kan ‘n ordentlike vuur maak. Ek het al in ‘n tent op ‘n soutpan in Botswana…