ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
Avontuur Afrika

Avontuur Afrika Issue 2 (Nov/Dec 2020)

Add to favorites

Verwelkom Avontuur Afrika, ‘n nuwe, opwindende en diverse platform wat beide Afrikaanse en Engelse drukweergawes insluit, asook ‘n sterk digitale platform vir kampeer- en landreisentoesiaste om saam te kuier en te gesels.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
MNA Media
Frequency:
Monthly
SUBSCRIBE
R 300
12 Issues

in this issue

2 min.
dumela lumela mholo sawubona dumêlang salibonani welkom

En net so, voordat ons die stof uit ons oë kon vee, raak ons besig ons tweede uitgawe van Avontuur Afrika. Ons eerste uitgawe is met ope arms verwelkom en is in sommige areas binne enkele dae uitverkoop*. Baie dankie aan elke persoon wat hierdie droom van ons ondersteun! So, hoe behou ons die opwinding van 'n bekendstellingsuitgawe vol? Redelik maklik, eintlik – soek nog beter stories om te vertel, meer epiese avonture om oor te skryf en sorg dat jy aanhou om vir lesers die platform te gee om in te loer vir ‘n geselsie! Die Engelse ontdekkingsreisiger, William Burchell, het eenkeer gesê dat die enigste man wat hy beny die man is wat nog nie na Afrika gereis het nie. Self kon ek dit nie beter stel nie! Ekself was…

1 min.
ontmoet die span…

Naam: Anton Willemse, Uitgewer Sosiale netwerke: @willemseanton Gunsteling toebehore: Ek is mal oor my SmartCap kappie (beskikbaar vanaf RSi) aangesien dit fantasties toegerus is met ‘n kampkombuis wat vir vroulief gelukkig hou. Dit is uiters gerieflik vir ‘n vinnige veldkoffie- of ontbyt terwyl ons op avontuur is. Emmerskop bestemming: Ek droom om na Tanzanië te reis vir die wildebees migrasie. Beste reisadvies: Maak seker jy het ‘n goeie kampyskas – so bly jou bier altyd koud! Op ‘n ernstige noot: wanneer jy by ‘n werkende vulstasie in Afrika kom, maak so vol as moontlik (selfs jerry-kanne) – mens weet nooit wanneer jy weer brandstof sal kry nie. Webwerf: www.4x4afrika.com Instagram: @avontuuradventure_afrika Facebook: @4x4afrika Youtube: Adventure Afrika E-pos: info@4x4afrika.com…

2 min.
gesels >> saam

Vir Avontuur Afrika is jou opinie en mening hoogs belangrik. Ons wil graag hê dat jy as leser met ons gesels en ons platforms gebruik om jou mening oor die industrie te deel. Word ons leser van die maand en staan ‘n kans om ‘n geskenkpak van Protea Coffee ter waarde van R500 te wen, perfek vir daardie koppie boeretroos in die veld. Stuur jou briewe, reisstories, foto’s of vrae aan info@4x4afrika.com (onderwerp: Gemeenskap) Oor die nuwe tydskrif op die rakke Danielle Rademeyer Wow! Wat ‘n lekker verrassing om by my plaaslike winkel in te stap en ‘n splinternuwe tydskriftitel op die rakke te sien! Baie geluk! 3 d Like reply 55 Albertus Basson Wat ‘n lekker tydskrif! Baie geluk – ek het dit regtig geniet, veral die artikel oor die rooiduin roete in die Kalahari. Ons kannie…

2 min.
leer ken ons medewerkers

Veralda Schmidt Gunsteling resep: My gunsteling gereg is eintlik ‘n koek. Ek bak baie graag sjiffonkoek. Dit is ‘n sentimentele ding vir my aangesien my ouma Vera altyd dié koek gebak het. Ek bak dit as ek gaste onthaal, ek bak dit as ek by iemand gaan kuier, ek bak dit om dit vir iemand te gee wat swaar kry, om dankie te sê, om sterkte te sê. ‘n Sjiffonkoek is baie indrukwekkend, want dit rys hoog en lyk goed sonder dat dit swaar versiering nodig het. Dit is egter so maklik om te bak. Wat kos aanbetref, verkies ek iets met min bestanddele – maar dit moet vars en in seisoen wees. Top onthaalwenk: Maak alles wat jy kan vooruit – jy wil tog nie nie in die kombuis rondhang as…

1 min.
dagboek dit nou!

CAMPING SHOW & TELL Datum: 13 – 15 November 2020 Plek: Khomeesdrif Camping Site(Riviersonderend) Koste: R50 per stand | Kontak: overlanding@4x4outfar.com WYNVELD WINE & CRAFT FEST Datum: 21 November 2020 Plek: Lephalale (Ellisras) Koste: Free entrance | Kontak +27 83 501 4078 / +27 71 332 4325 CREEPY CRAWLY WALK Datum: 22 November 2020 Plek: Kloofendal Nature Reserve Koste: R50 Kontak: https://www.scorpions.co.za/kloofendal-22nov2020/ MUDDY PUPPY Datum: 29 November 2020 Plek: Walkhaven Dog Park Koste: R90 | Kontak: +27 72 537 0122 / http://www.octsouth.co.za FICKSBURG CHERRY FESTIVAL Datum: 20 - 21 November 2020 Plek: Ficksburg Showgrounds | Kontak: +27 51 933 6486…

1 min.
meer krafg vir prado

Die gewilde Toyota Prado bied nou uiteindelik die langverwagte verbeterde krag, met die hersiende reeks wat ‘n bykomende 20kW krag en 50Nm wringkrag uitskop. Hierdie enjin word nou uitsluitlik gekoppel aan ‘n 6-spoed outomatiese ratkas wat gepaardgaan met die nuwe-generasie 2.8-liter GD-6 turbo-dieselenjin. Die Prado se landreis- en sleepvermoë trek voordeel uit hierdie verbeterde enjin wat nou ‘n maksimum van 150kW teen 3400rpm en 500Nm tussen 1600 tot 2800rpm lewer. Die 2.8 GD-6-enjin (wat eerste sy verskyning gemaak het in die onlangs opgedateerde Hilux) het ‘n reeks opgraderings ontvang, waaronder ‘n nuwe wiellaer turboaanjaer met ‘n groter turbine en waaier, asook verbeterde verkoeling. Geoptimaliseerde suiers- en suierringe, ‘n verbetering aan die silinderblok en die gebruik van hoëprestasie-materiale vir die uitlaatspruitpyp lei tot verbterde brandstofverbruik asook verlaagde CO2 emissies. Die sterker enjin ten spyt,…