WELKOM
Sjoe, wat ‘n jaar! Aan die begin van 2020 het ek – en sekerlik baie van julle – geen idee gehad wat die jaar vorentoe vir ons sou inhou nie. Ons lewens is omgedop, deurmekaar gekrap en op sy kop gedraai en baie van ons kon skaars die stukkies optel. Nie in my wildste drome het ek ooit gedink dat ek hierdie onstuimige jaar sou afsluit as die inhoudshoof van Suid-Afrika se enigste oorblywende maandelikse avontuurtydskrif nie! Vir avonturiers soos ons, is daar sekerlik geen groter straf as om maande lank in die huis vasgekluister te wees as gevolg van ‘n wêreldwye pandemie nie. Maar ons is daardeur en hier is ons nou, druk besig om ons reise en avonture vir 2021 te beplan. Hierdie jaar het my geleer dat, soos met…