WELKOM
Dankie dat jy hierdie uitgawe van Avontuur Afrika gaan koop het. Ons tydskrif is al in sy vyfde uitgawe en alhoewel dit nie aldag maklik is nie, byt ons vas. Julle positiewe terugvoer, tesame met ons passie vir hierdie avontuur genaamd lewe, hou ons op spoor – of dit nou op die teer- of grondpad is. Hou asseblief aan om met ons te gesels via ons digitale platforms of deur die vele lesersafdelings in die tydskrif – in die proses kan jy selfs fantastiese pryse wen, soos ‘n Protea Koffie-mandjie (bl 8), ‘n spesery-mandjie van Scalli’s (bl 79) of ‘n stel kampstoele van Tentco (bl 82). Ons is gek oor hierdie ongelooflike kontinent wat ons bevoorreg genoeg is om huis te noem. Die Suid-Afrikaanse sangeres Miriam Makeba sê tereg dat Afrika vol…