Avontuur Afrika Issue 10 (Aug 2021)

Verwelkom Avontuur Afrika, ‘n nuwe, opwindende en diverse platform wat beide Afrikaanse en Engelse drukweergawes insluit, asook ‘n sterk digitale platform vir kampeer- en landreisentoesiaste om saam te kuier en te gesels.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
MNA Media
Frequency:
Monthly
SPECIAL: Get 40% OFF with code: READ40
R 30
R 300
12 Issues

in this issue

3 min
welkom

“Adventure isn’t all about rowing oceans or climbing mountains. Adventure in its purest form is simply a way of thinking. Live by that philosophy and you’ll make more of the short time we’ve been given on this rock”.– Sean Conway, endurance adventurer Wat ‘n inspirerende uitkyk van ‘n man wat uiterste pyn en swaarkry ken, maar dit steeds dag na dag herhaal omdat dit, in sy oë, ‘n wonderlike avontuur is. In dieselfde asem kan ons dink aan plaaslike helde soos Riaan Manser wat al per fiets of boot na die uithoeke van die aarde gereis het, meestal alleen – alles in die naam van avontuur. Of Mike Horn, wat al meer ekstreme avonture oorleef het as wat die meeste mense oor kan droom. As jy gewonder het oor die punt van…

f0006-01
4 min
briewe van ons lesers

Mathys Heunis van Pretoria skryf: Baie dankie vir die lekker tydskrif – ons reis graag saam op jul opwindende avonture. As ywerige landreisigers en avonturiers het die pandemie en die gevolglike inperking met tye erg frustrerend geraak, maar ten minste kon ons darem nog die kontinent en land saam met julle beleef! As gesin geniet ons veral die kampgedeeltes en hou ons van al die wenke wat gedeel word. Een van die artikels wat ek tot dusver die meeste geniet het, was ongetwyfeld die Uganda-reeks deur Anton en Natasha Schutte. Sjoe – wat ‘n voorreg om die berggorillas in die vlees te kon sien! Beslis iets wat op my lepellys is! Sterkte met die tydskrif en veilig reis! Dankie vir jou skrywe en ondersteuning, Mathys. Nes jy, is ons mal oor hierdie ongelooflike…

f0008-01
3 min
land cruiser 300 is uiteindelik hier!

Vanaf hierdie maand sal ‘n paar trotse eienaars ‘n nuwe Land Cruiser 300 in hul oprit kan parkeer. Ja, dit ís ‘n duur voertuig, maar jy kry heelwat daarvoor! Na maande se bespiegeling oor die langverwagte nuweling, weet ons nou uiteindelik meer oor die reeks, die voorkoms, die tegnologie en die enjins. Wat stillering aanbetref is die hoogtepunte die groot sierrooster, reghoekige kopligte en die dikker kanaal in die middel van die enjinkap. Aan die agterkant vind jy ‘n groot agterklap en trapesiumvormige agterligte met ‘n deur wat vertikaal oopgemaak word. Die LC300 se platform is die eerste leerraam-aanpassing van die splinternuwe TGNA-F, kort vir Toyota New global Architecture. Twee V6-enjinvariante spog albei met ‘n top snelheid van 210 km/h en is aan ‘n nuwe 10-gang outomatiese ratkas gekoppel. Die petrol-opsie is ‘n…

f0010-01
2 min
mazda bt-50 gereed vir aksie

Ná die wêreldwye bekendstelling van die nuwe Mazda BT-50 in Junie vanjaar, het die Suid-Afrikaanse mark nou amptelike inligting oor die prys en spesifikasies van dié nuweling in die hoogs kompeterende bakkie segment ontvang. Die BT-50 sal volledig vanuit Thailand ingevoer word en is grootliks gebaseer op die opkomende nuwe generasie Isuzu D-Max. Die nuwe modelreeks is nou belyn met Mazda se passasiersmotorreeks en bestaan uit Active, Dynamic en Individual variante. Die Activemodel beskik oor ‘n nuwe 1.9-liter dieselenjin (met ‘n 110 kW krag/350 Nm wringkrag kombinasie), gekoppel aan ‘n sesganghandratkas of outomatiese ratkas. Die Dynamic en Individual modelle is slegs beskibaar in ‘n outomatiese ratkas en word aangedryf deur ‘n nuwe 3.0-liter turbodiesel wat 140 kW krag en 450 Nm wringkrag ontwikkel. Interessant genoeg, is slegs die top model in…

f0011-02
1 min
crossover corolla

Corolla entoesiaste sal uiteindelik, na jare se gewag, ‘n kompakte sportnutsvoertuig (SNV) op hul inkopielys kan plaas. Die Corolla Cross is ‘n moderne weergawe van die SNV-konsep wat in terme van grootte en aandrywingopsies netjies tussen die Toyota CH-R en die RAV4 sal inpas. Die Corolla, wat vir die eerste keer in 1966 bekendgestel is, het al meer as 50 miljoen eenhede wêreldwyd verkoop en deur 12 generasies ontwikkel om die topverkoper-passasiersmotor ter wêreld te word. Maar tot op hede is dit nog net in ‘n sedan, luik sedan, luikruig of stasiewa mondering gesien. Die Cross is dus groot nuus. Daar word verwag dat dit vroeg in November plaaslik bekendgestel sal word en sal gebaseer sal wees op Toyota se nuwe TNGA-platform (in hierdie geval GA-C) en beloof om uitstekende rygenot, massas…

f0011-01
2 min
ford doen dit “weer”

Gegewe die sukses van die Ford Ranger Thunder wat in Augustus 2020 bekendgestel is, is dit geen verrassing dat Ford nóg ‘n spesiale model met ‘n weer-geïnspireerde tema beplan nie. Die Stormtrak gebruik die gewilde Wildtrak se stillering en spesifikasievlakke as basis, met ‘n paar unieke toevoegings om die reeks interessant te hou. Die nuweling spog met ‘n opvallende swart sierrooster met rooi insetsels, ‘n swart insetsel in die onderste gedeelte van die voorste buffer, swart plakkers vir die enjinkap en deure, swart dakrelings en 18-duim glans swart allooiwiele. Verder is daar ook drie-dimensionele Stormtrak-logo’s op die onderste gedeeltes van die voordeure, sowel as op die agterklep. Vier kleure is beskikbaar wat die splinternuwe Lucid Red en bestaande Sea Grey, Frozen White en Blue Lightning insluit. Net soos die Thunder, kry…

f0012-01