Avontuur Afrika Issue 7 (May 2021)

Verwelkom Avontuur Afrika, ‘n nuwe, opwindende en diverse platform wat beide Afrikaanse en Engelse drukweergawes insluit, asook ‘n sterk digitale platform vir kampeer- en landreisentoesiaste om saam te kuier en te gesels.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
MNA Media
Frequency:
Monthly
SPECIAL: Save 20% on your subscription!
R 30
R 300R 240
12 Issues

in this issue

3 min
welkom

“’n Ou verhaal maak nie die oor oop soos ‘n nuwe verhaal nie.”– Beninese spreekwoord Hierdie uitgawe van Avontuur Afrika is propvol nuwe en opwindende stories en ons het, soos altyd, wyd en syd gereis om interessante inhoud te ontgin. Ja, ons kan weer reis en dit lyk asof die wêreld alweer 'n ander plek is. Verlede jaar hierdie tyd het die Corona-virus die hoofopskrifte oorheers en ons vir maande aaneen in ons huise vasgekluister. Alhoewel dit steeds vandag 'n ernstige virus is, blyk dit dat daar deesdae heelwat minder mediadekking hieroor is. Ek het opgehou om daaglikse nuusberigte oor die virus te sien en dit haal bittermin die voorblaaie. Het die wêreld aan beweeg? Nee, dit het nie en dit moet ook nog nie… Alhoewel die virus miskien nie meer aan die…

f0006-01
1 min
gesels>> saam

WAT SÊ ONS AANLYN GEHOOR? Wat is jou gunsteling liedjie wanneer jy reis en hoekom? Vir Avontuur Afrika is jou opinie en mening baie belangrik. Ons wil graag hê dat jy as leser met ons gesels en ons platforms gebruik om jou mening oor die bedryf te deel. Word ons leser van die maand en staan ‘n kans om ‘n geskenkpak van Protea Coffee ter waarde van R500 te wen, perfek vir daardie koppie boeretroos in die veld. Stuur jou briewe, reisstories, foto’s of vrae aan info@4x4afrika.com (onderwerp: Gesels Saam) Webwerf: www.4x4afrika.com Instagram: @avontuuradventure_afrika Facebook: @4x4afrika Youtube: Adventure Afrika E-pos: info@4x4afrika.com *Die top drie stemme op ons platforms was “I’m Gonna Be (500 Miles)” deur The Proclaimers, “Mustang Sally” deur Wilson Picket en Kurt Darren se “Kaptein”. Ons span was verdeeld, maar dit is duidelik dat ons van die…

f0008-01
2 min
jy vra – ons antwoord

Ons het vir Richard Ransome van Big Country 4x4 gevra om hieroor uit te brei – hier is wat hy te sê het: Aangesien ons dakrakke ‘n bietjie duurder is as meeste van die ander op die mark, is ons (veral vanuit daardie oogpunt) waarskynlik goed gekwalifiseerd om hierdie vraag te beantwoord. Dit gesê, sou dit vir ons baie maklik wees om die ontwerp en konstruksie van ons dakrakke te besnoei en teen ‘n goedkoper prys te verkoop, maar ons fokus eerder op die vier basiese beginsels van ‘n goeie dakrak: Hou dit sterk: Deesdae is daar ‘n neiging in die industrie om dakrakke te vervaardig wat aanmekaar vasgebout eerder as gesweis word. Alhoewel dit uiters voordelig is vanuit ‘n besending-, prysen verpakkingsoogpunt, voel ons ‘n geboute dakrak GEEN werklike strukturele voordele bied…

f0009-03
1 min
maak jou ranger beter

In reaksie op voortdurende klante- en marktendense het Ford Suid-Afrika onlangs ‘n reeks bykomstighede en funksie-opgraderings, wat regoor hulle netwerk van meer as 100 handelaars landwyd beskikbaar sal wees, aangekondig. Hierdie bykomstighede is ontwikkel en getoets om Ford se oorspronklike toerustingkwaliteit en vervaardigingswaarborg te dra. Sommige van die hoogtepunte in die reeks sluit ‘n Ranger Raptor-styl sierrooster vir die XL-, XLS- en XLT-variante en ‘n elektriese bakrolluik vir die Ranger Wildtrak in.…

f0010-01
1 min
nuwe subaru outback die beste nóg

Kort op die hakke van die opgedateerde Forester, het Subaru aangekondig dat ons ook binnekort die aankoms van die splinternuwe Subaru Outback sportnutsvoertuig (SNV) kan verwag. Die nuwe Outback is die volgende stap in die evolusie van die SNV-wa wat vir Subaru 27 jaar gelede n baanbreker was. Volgens die handelsmerk is hierdie nuwe Outback die mees gevorderde, bekwame en veiligste voertuig in die geskiedenis van die handelsmerk. Die DriverFocus Distraction Mitigation System, wat sy debuut op die Outback sal maak, is slim nuwe tegnologie wat in die toekoms na die meeste ander voertuie in die Subaru-reeks uitgebrei sal word. Hierdie stelsel gebruik kameras en gesigsherkenning om die bestuurder te monitor vir tekens van moegheid of afleiding. Dit waarsku dan die bestuurder wanneer daar ‘n gebrek aan fokus en aandag op…

f0010-02
1 min
meer veldry vertroue vir bmw x5

Die BMW X5 is ‘n baanbreker in die veldryvoertuig-segment wat luuksheid en verrigting kombineer. Daar word dus baie van veral die bande verwag. Die nuus dat die General Tire-handelsmerk goedgekeur is as standard toerusting vir die nuutste BMW X5 is dus wyd verwelkom. Die alleterrein Grabber AT3 (in grootte 275/45 R20 110V XL) sal deel vorm van die Duitse motorvervaardiger se nuutste X-reeksmodel vir sy opsionele veldry-pakket. Die Grabber AT3 beskik oor drie innoverende tegnologieë van General Tire wat robuuste werkverrigting op beide teerpad en veldry roetes toelaat. Voorts verseker opgegradeerde akoestiese verrigting ‘n stiller rit en verbeterde kilometerafstande kan ook verwag word.…

f0010-04