Avontuur Afrika Issue 8 (Jun 2021)

Verwelkom Avontuur Afrika, ‘n nuwe, opwindende en diverse platform wat beide Afrikaanse en Engelse drukweergawes insluit, asook ‘n sterk digitale platform vir kampeer- en landreisentoesiaste om saam te kuier en te gesels.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
MNA Media
Frequency:
Monthly
SPECIAL: Get 40% OFF with code: READ40
R 30
R 300
12 Issues

in this issue

4 min
welkom

“Die wêreld is ‘n boek, en diegene wat nie reis nie, lees slegs een bladsy.”– Saint Augustine Totdat ek ‘n paar maande gelede vir Avontuur Afrika begin werk het, het ek skynbaar dieselfde bladsy herhaaldelik gelees. Aangesien ek skaars deur Suid-Afrika gereis het, wat nog te sê van die grens oorsteek, was daar baie eerstes wat op my gewag het. Tot dusver het ek reeds vele items op my lepellys afgemerk en hierdie maand was dan ook nie anders nie. Ons reise was gevul met opwindende, eenkeer-in-‘n-leeftyd-ervarings wat moeilik sou wees om te glo as dit nie op die kamera vasgevang was nie. Vroeg in die maand het ons die langverwagte Suzuki Vitara Brezza propvol gepak en na die die Nasionale Krugerwildtuin gereis om vir ‘n paar dae by die gewilde Shingwedzi…

f0006-01
1 min
gesels>> saam

WAT SÊ ONS AANLYN GEHOOR? Wat sou jy kies en waarom? Bianca Erasmus Ek is mal oor hoe die Sonet lyk en dit bied ook lekker goeie waarde vir geld. 1 d Like reply 82 Thea Liebenberg Ek moet bieg dat die Suzuki Vitara Brezza my hart gesteel het – dit is ‘n super oulike karretjie en sal só goed lyk langs my man se Jimny! 4 d Like reply 180 Dean Witbooi Ongetwyfeld die oorspronklike speler in hierdie segment – die Ford EcoSport. Hy lyk goed en bied vrek baie waarde vir geld. 2 d Like reply 58 Steven Botha Kyk, as ek nou nie ‘n “regte” Cruiser kan kry nie, sal ek hierdie bababoetie neem – die Urban Cruiser bied sexy stilering en sover ek hoor, baie goeie werkverrigting. 3 d Like reply 70 Sam Miller Vir my is dit tussen die Nissan en Honda – beide…

f0008-02
1 min
protea koffie

Daar is min dinge in die lewe wat kan meeding met ‘n vars koppie boeretroos, terwyl jy uittuur oor ons kontinent se pragtige landskappe en natuurskoon. Met Protea Coffee is die aroma en smaak van die koffiewinkel nou haalbaar, selfs in die boendoes. Hierdie innoverende fynproewerskoffie word deur Kaapstadse koffieroosters gebrou en is beskikbaar in espresso-, premium- en ontbytmengsels. Daar is ook nou ‘n kafeïen-vrye opsie beskikbaar. Kontak: www.proteacoffee.co.za | info@proteacoffee.co.za Jy vra – ons antwoord Hoe verkry mens beter greep? - Jo Ludick WENNER Behalwe om jou bande af te blaas, kan jy ook langer vere in die veerstelsel installeer. Kort vere laat ‘n 4x4 vinniger trekkrag verloor as langer vere aangesien elke band minder gewig moet dra met ‘n langer veer.…

f0009-02
1 min
ontmoet die span…

Posisie: Joernalis Gunsteling toebehore: Op die langer reise is ‘n goeie klanksisteem vir my ononderhandelbaar. Dit laat die pad korter en makliker voel en mits jy jou reisgenoot reg kies, kan jy ure se pret met lekker musiek hê. Gunsteling vakansiebestemming: Ek is gek oor die Tuinroete en veral Mosselbaai. Behalwe vir die mooi, uitgestrekte strande is daar menige aktiwiteite om jou vakansie in dié kusdorp propvol avontuur te maak. Een van my gunstelinge is die Mosselbaai Zipline by die bekende Mosselbaai Punt. Teen 1 100 m lank is dit die langste oor-die-oseaan zipline ter wêreld. Droombestemming: Aangesien ek nog nooit buite Suid-Afrika se grense gereis het nie, sal enigiets wat ‘n stempel in my splinternuwe paspoort verseker, vir my opwindend wees. As adrenalien-verslaafde, droom ek daaroor om die Victoria Valle te besoek…

f0009-03
1 min
isuzu mu-x speel reeds op aussie paaie

Die 2021 Isuzu MU-X draai reeds koppe in Sydney, Australië. ‘n Ywerige aanhanger van CarAdvice Australia het foto’s ingestuur van hierdie langverwagte sportnutsvoertuig (SNV). ‘n Span gewapen met kamera-toerusting was besig om die aantreklike voertuig in die besige Sydney sakedistrik te verfilm, waarskynlik vir die nuwe TV-advertensie. Volgens verskeie bronne sal die nuwe MU-X spog met die nuutste veiligheidstegnologie wat, onder meer, ‘n lugsak in die middel tussen die voorste sitplekke, radar spoedreëling, ‘n tweeling-kamera, blindekol monitering, agterste kruisverkeer waarskuwing en herkenning van spoedborde insluit. Die nuwe MU-X sal waarskynlik aangedryf word deur die nuwe 3.0-liter vier-silinder turbodiesel wat ook in die nuwe Isuzu D-Max bakkie ingespan sal word. Dit sal na verwagting 140 kW krag en 450 Nm wringkrag ontwikkel en sal waarskynlik met ‘n sesgang outomatiese of handratkas…

f0010-01
1 min
opgraderings vir die subaru xv

Die opgedateerde Subaru XV oorgangsportnutsvoertuig spog nou met ‘n verfrissende laerroosterontwerp met bykomende kontoere rondom die mislampe en bufferversieringselemente. Dié staatmaker uit die Subaru stal se atletiese voorkoms word verder beklemtoon deur die nuwe 17 of 18-duim-masjienafgewerkte allooiwiele, wat ‘n gevoel van energie en avontuur na die kompakte SNV bring. Verder verseker die XV se indrukwekkende 220 mm grondvryhoogte dat dit ewe bekwaam en tuis op ‘n uitdagende avontuurpad of in besige stadsverkeer is. Die nuwe XV bevat ook ‘n hersiene veerstelsel vir beter stuurreaksie en verbeterde rygenot. Die XV-reeks word steeds aangedryf deur die 2.0-liter Boxer-enjin met direkte inspuiting wat 115 kW krag en 196 Nm wringkrag lewer. Hierdie enjin is gekoppel aan ‘n Lineartronic-palwisselratstelsel (CVT) wat voorsiening maak vir ‘n sewegang-handrat modus wat toeganklik is via ratwisselingspane agter…

f0010-02