EXPLOREMY LIBRARYMAGAZINES
CATEGORIES
  • Art & Architecture
  • Boating & Aviation
  • Business & Finance
  • Cars & Motorcycles
  • Celebrity & Gossip
  • Comics & Manga
  • Crafts
  • Culture & Literature
  • Family & Parenting
  • Fashion
  • Food & Wine
  • Health & Fitness
  • Home & Garden
  • Hunting & Fishing
  • Kids & Teens
  • Luxury
  • Men's Lifestyle
  • Movies, TV & Music
  • News & Politics
  • Photography
  • Science
  • Sports
  • Tech & Gaming
  • Travel & Outdoor
  • Women's Lifestyle
  • Adult
FEATURED
EXPLOREMY LIBRARY
Cars & Motorcycles
Die GROOT 4x4 Gids

Die GROOT 4x4 Gids

Die GROOT 4x4 Gids 2016

Om ’n 4x4 te koop is net die begin. Watter modifikasies moet jy daarop aanbring as jy hom in die veld wil gebruik? Watter vaardighede moet jy bemeester? Hierdie en nog baie meer vrae word in detail beantwoord in Die GROOT 4x4-gids, ’n volledige verwysingsbron van 100 blaaie, beantwoord. Beginners sowel as ervare 4x4-bestuurders kan baat by die korrekte inligting. Oor dinge soos die regte herwinningstoerusting, die regmaak van ’n pap wiel, die inhoud jou noodhulptas, die regte prosedure wanneer jy wilde diere in ’n kamp raakloop of die wettigheid al dan nie van daai mooi kolligte in die winkel. Met al die kennis wat jy in Die GROOT 4x4-gids sal opdoen, kan jy en jou gesin makliker, lekkerder en veiliger koers kies bos toe. En dit alles vir net R45.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read More

In this issue

2 min.
jou handleiding vir avontuur!

Jy’t al seker die sêding “as jy sukkel, doen jy dit verkeerd” gehoor? Dis op min dinge so van toepassing as op 4x4-ry. Dan is daar weer die gesegde: “Daar is twee soorte 4x4-ryers: dié wat al vasgesit het – en die wat nog moet vassit.” Op die oog af is hierdie twee stellings teenstrydig. Want hoe kan jy alles reg doen en steeds vassit of jouself in ’n penarie bevind? Wel, dis die wonder van 4x4-ry. Dit hou jou nederig, dit laat jou dink, dit laat jou kopkrap en gee jou ure se plesier. Dit maak ook nie saak hoe lank jy al ry nie, vroeër of later gáán jy iewers sukkel. Dit is niks om oor skaam te wees nie. Wat wél belangrik is, is om wat jou ook al…

2 min.
om te bakkie of om te stasiewa?

Hierdie is een van daai klassieke dilemmas waarvoor daar geen enkele korrekte antwoord is nie. Want dit gaan alles afhang van wat jy doen en wat jou behoeftes is. Vir die doel van ons argument, gaan ons appels met appels vergelyk. Ons gaan met ander woorde kyk na iets soos ’n Toyota Hilux of Fortuner, ’n Isuzu KB of Chev Traiblazer, ’n Ford Ranger of Everest. Of, as jy hardebaard-dinge wil doen, ’n Land Cruiser-bakkie of ’n Land Cruiser 76-stasiewa. ENKELKAJUITBAKKIES VOORDELE Jy kan maklik ’n kampeereenheid agterop laai. Dit bied jou amper die gerief van ’n woonwa en as jy klaar is, laai jy hom weer af. Jy het ’n tamaai laaibak vir alles en nog wat. Dis ligter as ’n ooreenstemmende dubbelkajuit. Dis perfek vir mense sonder kinders. NADELE Jy het net plek vir twee…

2 min.
hardebaard of sagte veldryer?

Die vraag oor watter soort 4x4 jy moet oorweeg, hang – soos so baie ander dinge – ook af van wat jy van plan is om daarmee te doen. Voertuie het verskillende eienskappe wat hulle meer of minder gepas maak vir sekere aanwendings. Kom ons bespreek die opsies aan die hand van die moontlike dinge waarvoor jy jou 4x4 wil gebruik. SAGTE VELDRYERS As jy net grondpaaie wil ry, sal jy dit maklik met die meeste “sagte” veldryers kan doen. Hulle is ligter op brandstof en 95% van die tyd geriefliker om in te ry. In die dae voordat toer met 4x4’s so gewild geword het, het mense die grondpaaie van Namibië met sedans platgery. Die bekende Peugeot 404 en 504’s was legendariese rygoed in Afrika! As jy ’n sagte veldryer kies, moet jy…

4 min.
is koop altyd die beste oplossing?

Dis nie net buitelanders wat Afrika in gehuurde 4x4’s verken nie; al meer Suid-Afrikaners oorweeg dié moontlikheid. Knyp jy oë toe en koop daai blinknuwe 4x4, of huur jy ’n volledig toegeruste 4x4 vir daai droomvakansie en ry die res van die jaar in jou sedan rond? Vir die doeleindes van die artikel onderneem ons ’n denkbeeldige twee week lange ekspedisie van Pretoria na Mabuasehube in Botswana, en later in dieselfde jaar ’n week lange visvanguitstappie na die suide van Mosambiek. Vir albei vakansies word ’n 4x4-voertuig met kamptoerusting gebruik. Twee fiktiewe karakters, Ryk Naudé en Henk Harmse, onderneem die vakansies. Wanneer Ryk en Henk nie vakansie hou nie, ry hulle elkeen gemiddeld 22 000 km per jaar om by die werk, kerk en Loftus uit te kom. DIE ROETE MABUASEHUBE TOE Die afstand…

3 min.
noodsaaklike toerusting

Bande Die ding wat die grootste verskil aan jou voertuig se veldryvermoëns gaan maak, is ordentlike veldrybande. HOEKOM ANDER BANDE? Hoewel jy dalk in die versoeking mag wees om heel eerste ’n Bulle-, Sharks-, Cheetahs- of Stormers-plakker agterop jou bakkie te plak, moet nuwe bande jou heel eerste verandering wees. Kom ons verduidelik hoekom. Jy het seker al agtergekom dat die meeste 4x4’s op die vertoonvloer redelik padgeoriënteerde bande het. Om die waarheid te sê, as jy mooi kyk, sal jy sien dat die letters “HT” dikwels daarop voorkom. Dit staan vir Highway Terrain en verklap waarvoor hulle eintlik ontwerp is. HOEKOM PADBANDE OP ’N 4X4? Hou in gedagte dat verreweg die meeste 4x4’s die meeste van die tyd op teerpaaie deurbring. Dit maak daarom sin om hulle toe te rus met padbande. Hulle het dus…

4 min.
bosbreker: nie net vir die mooigeit nie

Dit lyk dalk hardekwas, maar naas ander bande en beter vering, is ’n bosbreker een van die beste dinge wat jy vir jou veldryvoertuig kan koop. Maar onthou net, as jy die dag een wil koop, moet hom nie sommer laat sweis by Swannie en Seuns Sweiswerke daar agter die silo’s nie. Soos die meeste dinge in die lewe, kry jy vir dít waarvoor jy betaal. Daar’s ’n paar belangrike dinge wat jy moet oorweeg. ’n Tuisgesweisde bosbreker kan dalk jou voertuig se lugsakstelsel beduiwel, of as jy een van die dae ’n wenas wil opsit, is die ding dalk heeltemal in die pad daarvan. HOEKOM SAL EK ’N BOSBREKER KOOP? 1 VEILIGHEID ’n Swaar staalraam op die neus van jou voertuig kan ongetwyfeld die versekeringseis aansienlik verklein as ’n donkie of ’n verdwaalde boomstomp…