EXPLOREMY LIBRARY
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Home & Garden
Die Tuinier TydskrifDie Tuinier Tydskrif

Die Tuinier Tydskrif

October 2019

Die Tuinier Tydskrif verskyn maandeliks landswyd en is daaraan toegewy om tuiniers te inspireer deur praktiese raad te gee en tuinprojekte stap vir stap te wys. Ons maandartikels sluit in tuinontwerp, diepteplantartikels, die kweek van groente en kruie, watertuinmaak, tuinwildlewe en troeteldiere, spesialisplantartikels en veel meer. Ons het ‘n omvattende databasis op ons webwerf wat daagliks groei.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Lonehill Trading (PTY) LTD
Read Morekeyboard_arrow_down
SUBSCRIBE
R250
12 Issues

IN THIS ISSUE

access_time2 min.
welkom

Die mooie Oktobermaand jubel dié maand van oorvloed: ʼn Massa blomme en geure, die bome is nou heeltemal wakker en vol in die blaar. ʼn Mens kan nie anders as om daarvan te hou nie. Dit was ʼn besige lente met die Builders-promosietoer in volle gang – tot dusver het ons reeds die Suidkus, Hillcrest en Glen Eagles besoek, en vandeesmaand reis ons na die pragtige Wes- en Oos-Kaap om by George, Port Elizabeth en Queenstown aan te doen. As jy dus binne ʼn redelike ryafstand (hoe ver dit ook al vir jou is) daarvan is, bespreek gerus plek vir een van ons Meesterklaswerksessies – kyk op die www.tanyavisser.com-webwerf onder Speaking events wat die datums en tye is. Hierdie maand gesels ons in die tydskrif oor nuwe rose, en daar is baie…

access_time2 min.
die somer se kleurvolste!

Keëlblom (Echinacea purpurea) Die outydse spesie van hierdie treffende en mooi meerjarige het ʼn opvallende keëlvormige hart met effens hangende perspienk kroonblare, en was nog altyd ʼn gewilde somerplant. Afgesien daarvan dat dit in die somer skoenlappers lok, bly sit die saadkoppe na blom aan die plante om die voëls te voed tot die plant terugsterf en rustend raak. Die regopgroeiende plant wat dik polle kan maak, is op ʼn redelike groot skaal gehibridiseer tot kompakter, stewiger varieteite wat te kry is in ʼn versameling warm kleure, waaronder wit, geel, salmpienk en dieprooi. Dié nuwe plante is ewe bestand teen hitte en droogte. Hulle is blomryk met sterk blomstingels wat goed in die vaas hou. Echinaceas hou van volson of ligte skadu en is nie fiemiesrig oor grond nie mits dit goed dreineer. Maak…

access_time3 min.
tuine in ’n tuin

As jy by die werf instap, verby die put tot by die hoofingang van die Stellenberg-tuin is jy reeds bewus van (of liewer oorweldig deur) ʼn gevoel van tydloosheid, outydse grasie en rustigheid wat net te danke is aan die teenwoordigheid en koesterende skadu van ou en volwasse bome wat baie lank gelede geplant is. Elke erfenishuis en elke groot tuin is in geskiedenis gehul, en hierdie mooi 18de-eeuse Kaaps-Hollandse herehuis wat in die hart van die besige Kenilworth deur ʼn manjifieke tuin van 5 acre omring word, is geen uitsondering nie. Die opstal, saam met die omliggende grond (wat tevore veel groter was) het baie rolle in sy lang geskiedenis gespeel, wat ook die geskiedenis van die Kaap die Goeie Hoop weerspieël. Dit was ʼn plaashuis, herehuis, plattelandse toevlugsoord en…

access_time3 min.
die lelie van die inkas

Die Inkalelie van Suid-Amerika met sy tuiste in die Andesgebergte is ʼn welkome ingevoerde plant in Suid-Afrikaanse tuine. Hierdie koketterige blom wat ook as die perulelie of Alstroemeria bekend is, is vernoem na Sweedse botanis Baron von Alstroemer wat die blom in die 18de eeu in Europa bekendgestel het. Sedertdien het dit wêreldwyd een van die gewildste blomme vir ruikers geword wat vriendskap en toewyding simboliseer. Inkalelies het ʼn lang blomtyd en min probleme met plae en siektes, en is ʼn betreklike minsorgplant. Hul gewildheid as snyblomme maak van hulle die perfekte toevoeging tot ʼn somersnytuin. Kom aan die plant Inkalelies het ʼn wonderlike groot reeks van kleur en strepies. AI is blomme in oranje, pienk, pers, rooi, geel en wit verkrygbaar, is ons gunstelingvariëteite vir 2019 ‘Indian Summer’, die ‘Summer’-reeks en…

access_time2 min.
ne mesias vir inheemse lenteprag

AI is hulle met groter blomme en ʼn groter kleurreeks suksesvol “mak” gemaak, behou hulle die fyn bekoring van veldblomme. Van die drie is Nemesia fruticans die mees eteriese, en word slegs in Suid-Afrika aangetref. Dit dra ʼn massa piepklein leeubekkieagtige blommetjies aan lang, skraal stingels, en in volle blom is die blare amper heeltemal toe. Die heldergeel riffies in die keel laat die blomme uitstaan. Hoewel die oorspronklike kleure mauve, pienk en wit is, is die nuutste hibriede te kry in ʼn reeks helder kleure, waaronder magenta, boergonje, donkerblou, geel en oranje. Nemesia fruticans-hibriede is voller, bosagtiger plante as die spesie, en ontwikkel in geronde regop plante met groter blomme en blinkgroen blare. In koeler tuine kan hulle van September deur die somer tot selfs in die herfs blom. Nemesia strumosa is…

access_time3 min.
amper net pienk: splinternuwe rose

Besoek ons Roosfees wanneer die rose op ons Pretoria plaas in volle blom is 4-6 Oktober! ʼnAsemrowende skouspel! Kleur se taal ʼn 1000m2 vertoning van kleur, geur, rose, rose en nog meer rose. Kom ontmoet dié seisoen se nuwe rose! Pienk was nog altyd ʼn gewilde rooskleur, en hierdie Oktober het die meeste nuwe rose uiteenlopende pienk skakerings, van skaam laventelpienk tot flambojante fuchsiapienk. Daar is selfs ʼn pienk roos wat vernoem is ter ere van die voormalige openbare beskermer, advokaat Thuli Madonsela, ʼn professor in die Regte wat die leerstoel in Sosiale Geregtigheid aan die Universiteit Stellenbosch beklee. Pienk rose is van die maklikste rose om in ʼn roostuin op te neem omdat hulle goed pas by amper enige kleur. Gebruik ligpienk nes wit om in skadu te tref of ʼn bedding op te helder. Dit…

help