EXPLOREMY LIBRARY
Home & Garden
Die Tuinier Tydskrif

Die Tuinier Tydskrif August 2019

Die Tuinier Tydskrif verskyn maandeliks landswyd en is daaraan toegewy om tuiniers te inspireer deur praktiese raad te gee en tuinprojekte stap vir stap te wys. Ons maandartikels sluit in tuinontwerp, diepteplantartikels, die kweek van groente en kruie, watertuinmaak, tuinwildlewe en troeteldiere, spesialisplantartikels en veel meer. Ons het ‘n omvattende databasis op ons webwerf wat daagliks groei.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Lonehill Trading (PTY) LTD
Frequency:
Monthly
Read More
SUBSCRIBE
R 250
12 Issues

in this issue

2 min.
welkom

Ons omvattende oorsig oor vanjaar se Chelsea-blommeskou is vandeesmaand vars van die pers. “Tem die natuur” was so ʼn VUURWARM neiging in talle tuine dat sommige selfs die idee vertoon het van die kweek van onkruid (o aarde, ek het die “o”-woord gebruik!). Is dit inderdaad moontlik dat natuur en onkruide vertoon is by die Wereld se Voorste Tuinskou wat tuinneigings vir die jare vorentoe bepaal? Ek is verheug! Wat ons sien, is die volgende stap in tuinkultuur wat van “grillige aanplanting” na opsetlike aanplanting beweeg om biodiversiteit en balans te koester en, waarskynlik die vernaamste rede, om anders te wees. Ja, vanselfsprekend kan ons nie baie van hul “onkruide” kweek nie, maar ʼn duidelike voorbeeld van hoe ons sodanige plante in ons tuine kan invoer, is die nederige Melinis repens,…

2 min.
3 geurige erfenistamaties

‘Big Rainbow’ Ons is eenvoudig dol oor die verskeidenheid van kleur en vorm van erfenistamaties, en ‘Big Rainbow’ is ʼn goeie voorbeeld hiervan. Vanselfsprekend is die vrugte kleurvol, wat wissel van goudoranje tot rooi aksente, maar die vorm is ook van belang. In plaas van rond of ovaal te wees, lyk die vrugte van ‘Big Rainbow’ nogal soos ʼn klein pampoentjie wat gegroef en gerib is en met daardie heerlike oranje skakering. Dit is een van die biefstuktamaties wat beteken dat die vrugte baie groot is, (tot 10 cm in deursnee en amper 1 kg elk in die geval van ‘Big Rainbow’!) en met ferm, vlesige vleis. Dit is goed geskik om rou geeet te word, en sny besonder goed. Die onbepaalde ranker word ongeveer 2 m hoog en dra talryke…

11 min.
tem die natuur by chelsea

“The Savills and David Harber Garden” Dit was my heel eerste besoek aan Chelsea en hopelik die begin van nog vele meer. Ek het die vorige namiddag in Sloane Square rondgestap waar Chelsea-koors hoog geloop het. Winkeleienaars het hul vertoonvensters met massas blomme en siermotiewe versier. Die mense het gese dat Chelsea 2019 ʼn sterk hoofboodskap het om saam te neem huis toe: Gaan daarheen en vier die herskeppende krag van die natuur. Ek ontwerp gewoonlik bladplanne agter die skerms vir Die Tuinier en was nou so gelukkig om die persdag van die toonaangewendste Blommeskou in die wereld by te woon. Nadat ek my perspak gekry het, het ek Main Avenue gaan NATUURLIK, die nuwe manier om dit te doen soek waar sommige van Brittanje se beste ontwerpers die afgelope drie weke gewerk…

4 min.
in die helder maanskyn

’N GALERY VAN SILWERKLEURIGES Lavandula stoechas ‘Silver Anouk’ • Uitstekende silwerwit loof met ʼn sweempie blou.• Geurige donkerviolet blomme met laventel skut- of kroonblare in die lente – wat weer blom in ander seisoene.• ʼn Fleurige, regop groeiwyse (46 cm x 36 cm).• Vir gebruik in randakkers, as ʼn lae heining of in ʼn pot. Lychnis coronaria (hemelsrosie) • ʼn Twee- of meerjarige wat om sy silwergrys fluwelige blare sowel as oorvloed blomme in die lente en somer gekweek word.• Polvormend met digte wollerige eiervormige blare.• Uitstekend om in ʼn massa in ʼn randakker te plant.• Grootte ongeveer 80 cm by 45 cm. Podalyria sericea (silwer keurtjie) • ʼn Baie sierlike, maar ongelukkig kwesbare inheemse struik.• Sagte immergroen syagtige silwergrys loof wat ʼn silwer glans aan die hele plant gee.• Mooi pienk ertjieblomme in die winter…

3 min.
maak gereed vir die somer

1 Maak stamrose vas Die Augustuswinde kan baie maklik die koppe van stamrose afbreek as hulle nie goed vas is nie. Maak seker die stut is hoog genoeg sodat die punt tot in die kroon strek. Die ideale stut het ʼn T-staaf bo waaraan die kroon vasgebind kan word om te keer dat dit gedraai word. Ek hou daarvan om stroke skadudoek te gebruik wat al die pad op tot in die kroon toegedraai en vasgemaak word. ʼn Mens kan ook stroke broekiekous of enige bree materiaalbande gebruik, maar nie draad of kabelbinders wat uiteindelik die stam kan wurg nie. Maak goed seker die bande is nie te styf nie. 2 Maak klimrose netjies Klimrose blom die beste op die vorige seisoen se groei en hoef dus nie soos ander rose teruggesnoei te word…

2 min.
hallo lente, met somerviooltjies

Somerviooltjies is onweerstaanbaar. Hulle is klein en geurig, blom sonder fiemies en is te kry in al die kleure van die reenboog. Wat meer wil ʼn tuinier heʼn Somerviooltjies wat in Augustus geplant word, gee die lentetuin ʼn hupstoot, en as dit op ʼn sonnige maar koel plek (oggendson of spikkelskadu) geplant word, sal dit tot November, of selfs langer, aanhou blom. Eenjarige somerviooltjies dra ʼn massa piepklein blommetjies wat uitblink as tuinrande of omrandings, grondbedekkers onder bladwisselende bome en plante om barste in klipmure of loffelsteinblokterrasse te vul. Hul blomme is eetbaar, wat hulle ook geskik maak vir die wintergroente enkruietuin. Plantwerke • Werk tydens grondvoorbereiding kompos en stadig vrystellende misstof in wat gedurende die volgende maande voeding stadig sal vrystel.• Werk ekstra organiese materiaal in swaar grond in omdat somerviooltjies van goeie…