EXPLOREMY LIBRARY
Home & Garden
Die Tuinier Tydskrif

Die Tuinier Tydskrif September 2019

Die Tuinier Tydskrif verskyn maandeliks landswyd en is daaraan toegewy om tuiniers te inspireer deur praktiese raad te gee en tuinprojekte stap vir stap te wys. Ons maandartikels sluit in tuinontwerp, diepteplantartikels, die kweek van groente en kruie, watertuinmaak, tuinwildlewe en troeteldiere, spesialisplantartikels en veel meer. Ons het ‘n omvattende databasis op ons webwerf wat daagliks groei.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Lonehill Trading (PTY) LTD
Frequency:
Monthly
Read More
SUBSCRIBE
R 250
12 Issues

in this issue

2 min.
welkom

Dit is dalk nog ʼn bietjie koud maar ons weet dat die lente hier is! O ja, die eerste tekens is hier en jy kan dit ruik! Waarskynlik die bekendste en ikoniese simbool van die lente is die baie geliefde wit jasmyn (Jasminum polyanthum). Hierdie geil ranker het in baie van jul tuine ʼn tuiste gevind, en tereg ook. Sommer uit die niet begin hierdie jasmyn om trosse rooierige tot helderpienk knoppies te maak wat oornag in wit bloeisels uitbars! Wat ʼn gesig en plesier; wie sou nou kon dink dat so ʼn gewone plant soveel vreugde aan soveel van ons kan gee. As jy nie een in jou tuin het nie, loop jy baie mis (tensy jy minstens die helfte van die vreugde kan geniet omdat jou bure een…

2 min.
pienk prêrieplante

Gaura lindheimeri Vir ʼn mooi sagpienk plant wat ideaal vir ʼn graslandtuin is, is engelvlerkies net die ding. Baie mooi blomme verskyn aan lang stingels wat van vroegsomer tot in die herfs soos skoenlappers in die briesie dans. Hulle is sonliefhebbers en kan in halfskadu geplant word, verdra hitte- en vogtigheid en kan droogtetye oorleef. Plant hulle in goed dreinerende grond wat aanvanklik met kompos en algemene misstof verryk is, waarvan hulle hou. Maak drie maal per week nat en kyk net hoe blom hulle. Hulle maak gou polle en kan in die herfs verdeel word om hulle te vermeerder. Engelvlerkies is uitstekende skoenlapper- en byelokkers en word amper 1 m hoog. Wees op die uitkyk na die hoer varieteit ‘Sparkle’ onder die hibriede en na ‘Belleza’ en ‘Little Janie’ onder die…

2 min.
só lyk die lente

Pelargoniums heel eerste! Pelargoniums (geraniums) blom nou en is so moeilik om te weerstaan. Maak jou houers vol met hul helder blomme en balanseer die spatsels kleur met die sagte teksture van grasse en die kontrasterende kleure van tipiese somerjaarplante soos petunias, Supertunias en calibrachoas. Potte soos dié sal die hele lente blywende kleur gee. Uitbundige lentepotte Die hele doel van hierdie potresepte is om soveel blommende een- en meerjariges moontlik saam te plant om minituintjies te skep wat die skoonheid van die lente weergee. Met potidees soos dié kan selfs balkontuinmaak daardie opheffende gevoel van die lente gee. Al hierdie plante behoort in volle blom by jou gunstelingtuinsentrum te kry te wees. Die lug ruik na lente! Die soet geur van jasmyne is een manier waarop ons tuine ons laat weet dat die lente hier…

5 min.
tem die natuur by chelsea

Nadat ek die afgelope twee weke die Chatsworth en die Hampton Court Palace-blommeskou van die RHS besoek het, het ek die gemeenskaplike draad wat vanjaar deur al die RHS-skoue loop, “natuur en die leer”, herken wat herwonne en hergebruikte elemente en volhoubare plantskemas benut. Die meeste tuine is ontwerp om natuurlewe te lok en met “welwees” as die nuwe gonswoord was lewende mure wat sierlik sowel as eetbaar is, ook ʼn hoogtepunt by die skoue. Chelsea is beslis die grootste apploustrekker met ontwerpers wat alles uithaal om die beoordelaars en die skares te beindruk. In die Augustus-uitgawe het ek die gouemedaljewenners van die skoutuine en die nuwe kategorie “Space to Grow”-tuine vertoon. In ons lente-uitgawe wil ek graag die speelse Artisan-tuine wys wat ʼn goue medalje gewen het. Kleurryke presteerders tussen…

4 min.
speldekussingprag en -vreugde

Langblywende blomkoppe in gele, oranjes en rooie bestaan uit ʼn klomp klein blommetjies met stywe uitstaande style – fassinerend en amper onnatuurlik om aan te raak. Hibriede en kultivars van ons inheemse speldekussings word oral ter wereld vir die snyblombedryf gekweek, en is waarskynlik een van die kenmerkendste en herkenbaarste blomme op aarde. In Suid-Afrika, waar speldekussings vandaan kom, sal jy van Julie tot November hulle aan die blom kry. Spesies soos Leucospermum cordifolium, L. tottum, L. reflexum, L. lineare en L. glabrum is in ruim mate met mekaar gekruis en ʼn groot verskeidenheid moderne hibriede en kultivars wat van gesonde steggies gekweek word, is vir die huistuinier beskikbaar om te plant. Omdat speldekussings deel van die Kaapse fynbosflora is, is daar dalk die opvatting dat hulle temperamenteel en moeilik is om in…

3 min.
gca-tuinsentrumevaluering 2019

Vanjaar se GCA-evaluering was ʼn reusesukses. Die Onafhanklike Tuinsentrums en Tuiswinkels het moeite gedoen om ʼn skouspelagtige ervaring vir hul klante te skep. Johan du Preez, die evalueringskoordineerder, wil graag almal hartlik bedank wat vanjaar se evaluering so besonders gemaak het. Namens die SAKV wil ons graag die beoordelaars, Frik, Verne, Marie en Jennifer, en die moderator, Dawn Collard, bedank vir die professionele manier waarop hulle die evaluering aangepak het. Baie geluk aan al die wenners wat hul pryse by die SAKV/SAGIC-konvensie in Junie 2019 ontvang het. Onafhanklike tuinsentrums Die Beste Tuinsentrum van die Jaar 2019 Greener Tidings Streekpryse Gauteng-Noord Plantland Menlyn Gauteng-Suid Garden Pavilion Eckards Vrystaat Greenside Kwekery Wes-Kaap Stodels Nurseries Milnerton Mpumalanga Concrete Garden Creations Limpopo Greener Tidings Die Beste Groottekategorie Groot Greenside Kwekery Middelgroot Greener Tidings Klein Concrete Garden Creations Die Mees Verbeterde Kwekery Stodels Nurseries Milnerton Toptien Onafhanklike Tuinsentrums Greener Tidings Greenside Kwekery Stodels Nurseries Milnerton Garden Pavilion…