EXPLOREMY LIBRARY
Home & Garden
Die Tuinier Tydskrif

Die Tuinier Tydskrif December 2019

Die Tuinier Tydskrif verskyn maandeliks landswyd en is daaraan toegewy om tuiniers te inspireer deur praktiese raad te gee en tuinprojekte stap vir stap te wys. Ons maandartikels sluit in tuinontwerp, diepteplantartikels, die kweek van groente en kruie, watertuinmaak, tuinwildlewe en troeteldiere, spesialisplantartikels en veel meer. Ons het ‘n omvattende databasis op ons webwerf wat daagliks groei.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Lonehill Trading (PTY) LTD
Frequency:
Monthly
Read More
SPECIAL: Save 20% on your subscription!
SUBSCRIBE
R 250R 200
12 Issues

in this issue

2 min.
welkom

Wat so wonderlik van plante is, is ongeag hoe lank jy al ʼn tuinier is, is daar altyd iets nuuts om te ontdek. Al het jy al die boeke en tydskrifte gelees, die wêreld deurreis of gereeld “plantsoektogte” in jou plaaslike tuinsentrum uitgevoer, is daar altyd iets om te ontdek wat jou sal verbaas en verstom, en jou asem heeltemal sal wegslaan! Ek het net verlede week so ʼn ontdekking gedoen met ʼn plant genaamd Wachendorfia. Ja, sê dit weer: “WA-CHEN-DOR-FIA”. Joe, ek het die boerpot geslaan! Ek het die plant die eerste keer gesien toe ek tussen Knysna en Plettenbergbaai gery het. Die plante het as ʼn massa polle in die moerasagtige vleie langs die N2 gegroei en was natuurlik in volle blom. Na die derde groep waarby ek teen ongeveer…

4 min.
geskenke vir afrika!

Balkonkis Die Balcony Box is die perfekte stel vir alle balkon-en terrastuiniers. Dit sluit in ʼn handgrafie, ghrop, snoeiskêr en handborsel. In die ruim plastiekkis met deksel, wat ook as skoppie diens doen, is daar plek vir al hierdie gereedskap asook nog gereedskap. Die stel is ʼn nuttige houer vir alles wat jy nodig het om vir ʼn klein tuintjie te sorg. Die kis kan ook teen die muur gemonteer word. www.gardena.co.za Aalwynvelsorg Uit die tuin en in jou handpalms in: Aloe Unique se superhidraterende Aloe & Honey Gel Mask bied ʼn vogryke ervaring om die vel te voed. Die volledige reeks het inheemse Aloe ferox as grondslag, wat die natuur se antwoord vir hernude prag gee. Doen aanlyn aankope by aloeunique.co.za. Maklik met bokasji Herbenut al jou kosafval deur gebruik te maak van Earth…

1 min.
bepaald feestelik in wit!

Witblommige meerjariges is so stylvol en sal altyd gewild wees. Hulle staan uit in gemengde beddings en koel die warm helder kleure van die somertuin af. Sit ʼn bietjie feestelike “sneeu” by met hierdie drie: Agapanthus-hibriede ‘Double Diamond’ het klein dubbelkoppe met spierwit blomme met ʼn kartelrand aan kort, stewige stingels. Dit is ʼn baie klein variëteit wat ʼn volwasse grootte van 20 by 20 cm (met die blomare) bereik. Dit blom oorvloedig in die somer en het welige donkergroen loof. Verdubbel jou wit agapantvoorkoms deur ook ‘Snow Ripple’ te plant. Hierdie middelslag (35 by 50 cm), vroegblommende variëteit met spierwit blomkoppe blom onder ideale toestande weer gedurende die winter. Die blomstingels is 50 cm hoog. ‘Great White’ dra ekstra groot wit blomme saam met mooi kompakte loof. Die plantgrootte is 50…

4 min.
opwinding in die karoo

McGregor se klimaat is soortgelyk aan dié van die Klein-Karoo: warm en droog in die somer en koud in die winter. Die tuinoppervlakte is 1 650 m2 . Die helfte is as inheemse sukkulente Karooveld laat bly. Die blote noem van die Klein-Karoo roep beelde van klip en stof op. Ons weet almal dat net die taaiste mense daar kan oorleef, om nie van tuine te praat nie! Soos enige sout-van-die-aarde-tuinier egter weet, is die beste manier om ʼn florerende tuin te maak deur die plante om jou te gebruik. Heidi Muller, oorspronklik van Engeland, het in 2012 na McGregor verhuis waar sy Jeremy ontmoet het wat langsaan gewoon het. Ten spyte daarvan dat Heidi baie min tuinmaakervaring in Suid-Afrika gehad het en Jeremy hoegenaamd nie ʼn tuinier is nie, het die…

5 min.
kersgeure

Die dinge buiten die versierings en Kersliedere wat vir jou daardie Kersgevoel gee, is die geur van speserye in die lug. Sodra die gerookte ham met naeltjies en lourierblare in die water gesit word, is Kersfees naby. Ons het ʼn paar dekoridees en resepte bymekaargemaak wat weergee wat vars vir die seisoen is en wat soos Kersfees proe. BKS-skemerkelkie ʼn Bosbessiekersskemerkelkie wat met den deurgeur is, is die perfekte begin vir die vierings. Die byvoeging van den (ons het jenewerbessie gebruik) gee ʼn sagte “denne”-smaak, maar dit gaan eerder oor die versiering en aroma as die smaak. Hoewel die meeste denne en sparbome eetbaar is, is ʼn paar giftig. Maak seker jy vermy Kanadese spar, norfolkeilandden, Australiese den en ponderosaden. As jy onseker is, gebruik roosmaryn as plaasvervanger. 2 koppies bosbessiesap200 g suiker1…

2 min.
gazanias in oorvloed

Het jy geweet? ʼn Engelse volksnaam vir gazanias is “treasure flower”. Die plant is vernoem na Theodorus van Gaza, ʼn Griekse teoloog. “Gaza” beteken rykdom in Grieks en het vermoedelik tot dié bynaam gelei. Dit is ongetwyfeld ʼn tuinskat. Wil jy somerkleur by jou vetplanttuin byvoeg? Weet jy nie wat om in jou sandgrond te plant nie? Is jy op soek na ʼn blomgrondbedekker waarvan jy amper kan vergeet? Die antwoord op al hierdie tuinvrae is eenvoudig: gazanias. Hulle is ons mees hitte-en droogtebestande inheemse blomme, en is te kry in ʼn skitterende kleurreeks wat die silweragtige, blougroen, maroen en oranjegeel blare van die meeste vetplante pragtig afrond. Die oop madeliefieagtige blomme verleen kleurdiepte omdat baie spoggerig is met strepe of harte met ʼn dieper kleur of donker ring. Hulle lok bye en skoenlappers…