EXPLOREMY LIBRARY
Home & Garden
Die Tuinier Tydskrif

Die Tuinier Tydskrif March 2020

Die Tuinier Tydskrif verskyn maandeliks landswyd en is daaraan toegewy om tuiniers te inspireer deur praktiese raad te gee en tuinprojekte stap vir stap te wys. Ons maandartikels sluit in tuinontwerp, diepteplantartikels, die kweek van groente en kruie, watertuinmaak, tuinwildlewe en troeteldiere, spesialisplantartikels en veel meer. Ons het ‘n omvattende databasis op ons webwerf wat daagliks groei.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Lonehill Trading (PTY) LTD
Frequency:
Monthly
Read More
SPECIAL: Save 20% on your subscription!
SUBSCRIBE
R 250R 200
12 Issues

in this issue

3 min.
welkom

Ek sien altyd uit na hierdie tyd van die jaar. Daar is ʼn glimp van verligting van die somerhitte, en goeiste, was dit nie warm nie! Ek het nog nooit sulke hoë temperature beleef hier by ons en ook in ander streke van Suid-Afrika nie. Dit is nou meer as ooit tevore duidelik dat ons van slim tuinmaakmetodes soos bedekking (in enige gedaante of vorm) gebruik moet maak, die regte tyd van die dag moet natmaak en moet beplan en plant deur plante te soneer. Almal gaan in 2020 baie meer hiervan hoor, en ek is nou van mening dat dit die nuwe normaal is. Met water wat die belangrikste vir tuinmaak is, het ek aan die begin van die jaar die dapper sprong gemaak en besluit om twee 6 000…

1 min.
helder (en rustieke) herfsskakerings

Sedum nussbaumerianum Plant jy hierdie spreidende vetplant met sy vlesige gepunte blare wat in klein rosetjies gerangskik is in volson tussen klippe, kry dit gou kleur met die blare wat ʼn helder koperkleur word en dit soos ʼn baken tussen ander plante laat uitstaan. Word dit as randakkerplant in ligte skadu met net oggendson gebruik, het dit steeds ʼn kopertint, maar die blaarkleur is hoofsaaklik lemmetjiegroen. In ʼn hangmandjie tuimel die spreidende stingels oor die rande, en in ʼn houer is dit ʼn spoggerige aksentplant. Dis hoe veelsydig hierdie vetkruie is. Dit plant maklik voort van stingel-of blaarsteggies, gebruik min water en is altyd sag op die oog. Die klein stervormige blommetjies kan van laatwinter tot in die lente verwag word. Carex comans ‘Bronze’ Siergrasse in die Carex-genus is ongetwyfeld van die interessantste…

5 min.
’n stryd oor rose

Tuiniers is interessante mense en alles wat blare het, is gewoonlik vir hulle belangrik. As dit wortels en blare het, is dit waarskynlik heel boaan hul inkopielys. Dit is beslis die geval in Johan van Roche House se lewe, en dietorie van die ‘Iceberg’-rose is die perfekte voorbeeld hiervan. Maar later meer daaroor. Eers die storie van hoe die tuin van Roche House so pragtig geraak het. Queenstown is bekend vir sy lang en kleurryke geskiedenis, en Roche House is sedert 1854 deel daarvan, net ʼn jaar nadat die dorp gestig is. Johan en Michelle, sy ou vriendin en sakevennoot, vertoon trots ʼn afskrif van die oorspronklike 1854-transportakte by die ingang na die gebou. “Passievolle skepper van pragruimtes” kan die eretitel wees wat aan Johan gegee sou kon word omdat hy ʼn vervalle…

4 min.
plant jou eie vleituin

Die sleutelkenmerk van hierdie tuine is oormatige klam, deurdrenkte grond wat die ideale toestande skep vir ʼn spesifieke ondergroep plante – wat meestal onbekend en soms redelik eienaardig lyk – wat nie algemeen in gewone agterplase aangetref word nie. Vleituine kom gewoonlik voor in laagliggende gebiede naby mere en riviere, maar vleituinplante waarvan net een per soort gebruik word, kan maklik in enige klimaat en enige tuin gekweek word deur ʼn paar eenvoudige stappe te volg, wat vir jou selfs ʼn groter plantkeuse gee om van te kies. LÊ DIE GRONDWERK Die beste is om vleituine in die warmer somermaande te plant om die plante genoeg tyd te gee om voor die winter te vestig. Die ideale plek om in ʼn vleituin te omskep is daardie lastige tuingebied met swak dreinering wat…

4 min.
’n blitsgids

Die Britse platteland het ʼn klompie botaniste gelok wat varings begin bestudeer en in so ʼn mate ʼn obsessie begin het dat dit sy eie naam moes kry. Varingversameling het die nuutste stokperdjie geword, varingverenigings het oral in die land ontstaan en varingmotiewe het amper oral verskyn. Die Victoriaanse weergawe het teen 1890 uitgesterf, maar dit lyk of pteridomanie terug is met die onlangse oplewing in huisplantgewildheid. Varings is om elke hoekie te sien, maar om die een of ander rede het hulle steeds die reputasie dat dit moeilik is om hulle aan die lewe te hou. Hulle is beslis nie onvernietigbaar nie, maar deur by die volgende paar riglyne te hou, kan jy seker maak joune sal baie jare gedy. PLEK Omdat dit bekend is dat varings tipies van donker oerwoudvloere…

5 min.
kruie vir groente

Kruie en groente wat goeie plantmaats in die tuin is, komplementeer mekaar se geur dikwels as dit saamgekook of in slaaie gebruik word. Basiliekruid en tamaties kom dadelik by ʼn mens op, so ook origanum en eiervrugte, beet en grasuie (ook komkommer), wortels en pietersielie. Selfs al is hulle nie plantmaats nie, is dit moeilik om nie aan ment te dink as ertjies gekook word of aan roosmaryn met gebraaide aartappels nie. ʼn Mens hoef nie ʼn vegetariër te wees om van groente te hou nie, en wat egter uitkom as jy met sjefs praat wat van hul groente hou, is dat eenvoud die beste is. Een so ʼn sjef is Daniela Gutstadt. Haar benadering as uitvoerende sjef by die tuin-na-tafel-restaurant Culinary Table in Lanseria is om die groente net so te geniet…