EXPLOREMY LIBRARY
Home & Garden
Die Tuinier Tydskrif

Die Tuinier Tydskrif April 2020

Die Tuinier Tydskrif verskyn maandeliks landswyd en is daaraan toegewy om tuiniers te inspireer deur praktiese raad te gee en tuinprojekte stap vir stap te wys. Ons maandartikels sluit in tuinontwerp, diepteplantartikels, die kweek van groente en kruie, watertuinmaak, tuinwildlewe en troeteldiere, spesialisplantartikels en veel meer. Ons het ‘n omvattende databasis op ons webwerf wat daagliks groei.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Lonehill Trading (PTY) LTD
Frequency:
Monthly
Read More
SUBSCRIBE
R 250
12 Issues

in this issue

2 min.
welkom

Van julle het dalk gesien dat ek verlede maand na die Ooste toe was op ʼn plant-en-tuinavontuur om die wonderlike Gardens by the Bay in Singapoer, die indrukwekkende Nong Nooch Tropiese Tuin en talle ander tuine te besoek. Ons het gewis ook plantmarkte besoek wat my laat kwyl het en uitstallings van plante by lughawens en ander willekeurige plekke wat my laat dink het daar was ʼn nasionale blommekompetisie aan die gang. Nee, dis egter net hoe hulle werk. Om elke tweede hoek in Singapoer moes ons eers stop en staar – nie omdat ons nog ʼn oop tuin of park ontdek het nie, maar bloot net omdat daar oral plante is. Reusagtige takbokvarings, Platycerium grande, rondom bome het ons in ons spore laat vassteek en sowat 50 foto’s van…

2 min.
bosvloer-blommers

Helleborus-hibriede (kersroos) Al lyk kersrose broos as hulle, na gelang van die hibried, van Junie tot September blom, is hulle eintlik een van die taaiste meerjariges vir uiters koue wintertuine met ryp. Die blare is palmagtig en baie mooi, en die pragtige blomme meestal in skakerings van pienk, room of roomgroen (weer eens na gelang van die spesie of hibried) verskyn aan stewige stingels bo die loof. Namate die blomme stadig verouder, verkleur hulle groen of ʼn dowwerige mauve terwyl geswelde saadkapsules uit hul harte ontwikkel en maande lank aan die plant bly. Hulle hou van diep, klam leemgrond met ʼn bietjie kalk bygevoeg, en ʼn organiese deklaag om hulle. Plant hulle op ʼn plek in halfskadu of in ʼn gebied wat oggendson of selfs gedeeltelik namiddagson kry. Hulle vaar goed in flou…

5 min.
kronkelende palette

KORTLIKS Wat: Privaattuin Waar: Westcliff, Johannesburg Grootte: 3 acres (1.2ha) Klimaat: Warm somers, koue winters Ontwerpers: Liz en Tim Steyn Uitsigte van rus Die sagte kleur van Westcliff-klip laat geld sy teenwoordigheid deur die hele tuin, wat uitloop op ʼn koppie met ʼn rotsrand wat die agtergrond skep vir bekoorlike siergrasse, skulpturele aalwyne en kolle vetplante. Die vermenging van die hede met die verlede en dromerige groenigheid met songebakte werklikheid was kunssinnige klipmesselwerk en harde arbeid deur die moeder-en-seun-tuinargitekspan Liz en Tim Steyn. Vandag se volmaaktheid is die toppunt van amper nege jaar se werk en is natuurlik altyd onvoltooide werk. Toe Liz en Tim die opdrag kry, het die eiendom bestaan uit talle groot bome waarvan hul fleur verby was, sigbare rotslae en ʼn huis wat van die uitsig af ver na agter geplaas is met ʼn enkele…

3 min.
sterk op struktuur

As jy lang ure op jou erf werskaf, in bepaalde seisoene ʼn bietjie sukses behaal maar deurlopende die visuele trefkrag kortkom wat jou tuin heeljaar kan hê, ontbreek struktuur dalk. Wat is tuinstruktuur? Die struktuur van ʼn tuin verwys na hoe die verskillende komponente daarin met mekaar verbind of by mekaar aansluit om ʼn volledige prentjie te vorm – baie soos die binnenshuise versiering van ʼn mooi kamer in die huis. Hierdie “komponente” kan plantontwerpe wees wat met harde materiale saamspan om minituine in die tuin te skep. Hier is 9 idees om struktuur aan jou tuin te verleen. 1 Verdeel jou tuin in kamers • Bring gemaklike paadjies aan wat na verskillende afdelings van jou tuin toe lei. Onthou dat ʼn paadjie altyd êrens heen moet loop.• ʼn Mooi tuinboog wat met ʼn klimplant…

3 min.
mooi blare!

Hulle is fantastiese huisplante, en selfs tuinplante mits jy in ʼn subtropiese gebied is. Hierdie plante kom uit die Suid-Amerikaanse trope en is verwant aan Maranta, die gebedeplant. Die blomme van sommige spesies is nogal skouspelagtig, hoewel die meeste plante eerder om hul blare as hul blomme gekweek word. Plante is beperk wat baie lae ligtoestande in die huis of kantoor kan verdra, hoewel die groot verskeidenheid kleure wat van calatheas verwag kan word, ruimskoots hiervoor vergoed. HOE OM DIT TE KWEEK Sommige mense vind dit dalk ʼn bietjie moeilik om Calathea-variëteite goed te kweek, hoewel dit meestal redelik maklik is mits die toestande reg is vir die plante. Groot, breë blare is ʼn duidelike aanduiding dat hierdie plante skadutoestande verkies, hoewel hulle dalk opgewasse is teen ʼn bietjie baie vroeë direkte…

5 min.
kruie vir hoender

Is daar ʼn kombuiskruid wat nie goed met hoender saamgaan nie? ʼn Paar van die tydlose treffers is roosmaryn, sitroentiemie, salie, origanum en knoffel. Hoekom nie maar iets anders uittoets nie? As jy in Franse kookkuns belangstel, is dragon waarskynlik op die lys, maar dit is steeds een van die minder bekende kruie al is dit net so ʼn goeie metgesel vir hoender as roosmaryn. Sampioenkruid is die nuweling op die toneel. Dit het ʼn sterk sampioengeur, en soos die meeste sjefs weet, is hoender en sampioene nog ʼn klassieke kombinasie. Vir mense met wie sampioene nie akkordeer nie, is dit ʼn geurryke en veilige keuse. Die gebruik van sampioenkruid help ook dat ʼn paar sampioene ver gerek kan word. Roket is ʼn slaaikruid en sy peperagtige blare is ʼn heerlike aanvulling by…