EXPLOREMY LIBRARY
Home & Garden
Die Tuinier Tydskrif

Die Tuinier Tydskrif June 2020

Die Tuinier Tydskrif verskyn maandeliks landswyd en is daaraan toegewy om tuiniers te inspireer deur praktiese raad te gee en tuinprojekte stap vir stap te wys. Ons maandartikels sluit in tuinontwerp, diepteplantartikels, die kweek van groente en kruie, watertuinmaak, tuinwildlewe en troeteldiere, spesialisplantartikels en veel meer. Ons het ‘n omvattende databasis op ons webwerf wat daagliks groei.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Lonehill Trading (PTY) LTD
Frequency:
Monthly
Read More
SPECIAL: Save 20% on your subscription!
SUBSCRIBE
R 250R 200
12 Issues

in this issue

2 min.
welkom

As jy tot hier gekom het, verdien jy om gelukgewens te word! Jy het suksesvol die heel eerste splinternuwe, digitale pioniersuitgawe ooit van die tydskrif Die Tuinier afgelaai! Wie sou kon dink dat ʼn viruspandemie ons lewensloop soveel sou verander: ons ondernemings, lewensbestaan en die manier waarop ons met die mense om ons omgaan? Ek voel party dae asof ons in ʼn parallelle heelal woon, en al wat ek wil doen, is om daaruit te loop! Die virus het ons drukkers toegemaak en ons verspreidingsmaatskappy verlam. Die uitwerking was so drasties dat verskeie groot en vertroude handelsname in die tydskrifwêreld hul deure gesluit het en nie meer ons gunstelingmetgeselle gaan uitgee wat ons baie jare, selfs dekades, geniet en ondersteun het nie. Ek moet julle ook uit die diepte van my hart…

1 min.
wen hierdie kettingsaag

Pasellas en polfyntjies vir jou tuin Ons deel uit! Kliek hier en neem deel Verbeter jou huis met die stil en vernuftige GTA 26 STIHL se jongste vrystelling is die GTA 26 koordlose handkettingsaag. Tuiniers en selfdoenentoesiaste – hierdie veelsydige masjien is vir julle! Dit is kompak en uiters beweeglik, het ʼn 10 cm-leistaaf, sny kragtig en akkuraat en het ʼn indrukwekkende lang batterylewensduur. Die masjien is ideaal vir veelvuldige tuintake soos snoei en die opsny van klein takkies, asook selfdoenprojekteen huisverbeterings methout. Dis so stil, die bure sal jou glad nie hoor nie, nie binne of buite nie, en gehoorbeskerming is onnodig. Die STIHL GTA 26 – heeltemal gerieflik en doeltreffend, plus sag op die ore en maklik om te gebruik. Jy sal nie ʼn gebruikersvriendeliker hulp vir snywerk om die huis rond…

2 min.
groothartig vir massa-aanplanting

Bulbine frutescens (rankkopieva, katstert) Bulbines sukkel nie: Hulle bedek gou-gou die grond in son of ligte skadu dig met grysgroen sukkulente blare wat soos ystervarkpenne lyk. Dit is net mooi hierdie sappige penne wat jy kan pluk om aan steekplekke, brandwonde of uitslag te smeer om dit te streel. Are geel of oranje stervormige blomme verskyn heeljaar aan hierdie bestuiwervriendelike plante. Die grondbedekkende bulbine is baie taai en droogtebestand, wat dit uitstekend maak vir rotstuine, maar dit vaar ewe goed in gewone tuintoestande. Die plante lyk oor die algemeen heeljaar goed maar kan straf teruggesny word as hulle slordig word. Verwyder ook gereeld dooie blomme om die produksie van nuwes aan te moedig. Tulbaghia violacea (wildeknoffel) Wildeknoffel is perfek vir die warmstekol in jou tuin, en selfs vir ligte skadu, en is bestand teen lang droogtetye.…

1 min.
vadersdag

Vadersdag – iets nuuts vir Pa Die veelsydige GTA 26 batterygewerkte handkettingsaag van STIHL is die ideale geskenk vir die houtwerk-of tuinentoesias. Die innoverende, kompakte en ligte GTA 26 met ʼn 10 cm-leistaaf bied ʼn indrukwekkende en akkurate snyprestasie, stil werking en lang batterylewensduur – alles wat jy nodig het vir snoei, die opsny van takke of werk aan projekte met hout as basis. www.stihl.co.za Tuinmaakgeskenke Vier Vadersdag met ʼn tuinmaakgeskenk van sy gunstelingkind. Pragtig gemaakte tuingoed is te kry by www.tanyavisser.com. Hangende Voëlvoerkoutjie Niks is beter as ʼn tuin wat wemel van die lewe nie. Laat al die voëls na jou erf toe kom met hierdie hangende voëlvoerkoutjie van Eva Solo. Dit is van keramiek en vlekvrystaal gemaak en sterk en stewig genoeg om in alle weerstoestande buite te hang. www.yuppiechef.com Die geskenk van tuinmaak Teken vir pa…

3 min.
wen een van hulle almal

Wonder Organic Vita-Boost Vermicompost Regno. B5695 N-AR1705 Wet 36 van 1947 ʼn Veeldoelige organiese misstof vir die hele tuin. Dis propvol krag van erdwurmuitskeidings wat as wurmhopies bekend staan. Ons weet almal dat erdwurms baie goed is in ons grond en die dreinering en grondstruktuur verbeter, maar die grootste voordeel is dalk dat erdwurms die grond ryker agterlaat as wat dit tevore was. Wurms voed op plantafval (dooie wortels, blare, gras, mis en grond) en hul spysverteringstelsels versterk die organiese en mineraalinhoud van die kos wat hulle vreet. Hul uitskeiding is ʼn ryk “kompos” wat geredelik beskikbaar is vir plante om te gedy. Groottes: 5 kg, 10 kg Wondersol All Purpose Regno. K8556 N-F0623 Wet 36 van 1947 ʼn Groeistimulant met ʼn organiese basis en plantstresbeheerproduk wat aan alle tuine toegedien kan word om vir plant-,…

4 min.
bekoorlike bosjes

Toe die eienaars van Bosjes die dienste van Coetzee Steyn, ʼn Suid-Afrikaans gebore argitek van Steyn Studio met sy kantoor in Londen, gekontrakteer het, was hul opdrag uiters interessant. Hulle wou hê hy moes in hul wingerd ʼn kapel ontwerp wat vir troues en ander funksies gebruik kon word en sy inspirasie uit Psalm 36:7 put. Steyn se ontwerp, wat nou stewig in die landskap gevestig is, het wydstrekkende golwings wat herinner aan die uitgespreide vlerke van ʼn groot wit voël wat reg is om te vlieg. Hierdie pragstruktuur wat met glasmure toe is, is geïnspireer deur die majestueuse Slanghoeken Waaihoekberge, die historiese Kaaps-Hollandse gewel van die herehuis op die plaas, wat in 1790 gebou is, en die tipiese gewels van soveel ander Kaaps-Hollandse plaashuise op die Wes-Kaapse platteland. Toe die kapel…