ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
Die Tuinier Tydskrif

Die Tuinier Tydskrif September 2020

Add to favorites

Die Tuinier Tydskrif verskyn maandeliks landswyd en is daaraan toegewy om tuiniers te inspireer deur praktiese raad te gee en tuinprojekte stap vir stap te wys. Ons maandartikels sluit in tuinontwerp, diepteplantartikels, die kweek van groente en kruie, watertuinmaak, tuinwildlewe en troeteldiere, spesialisplantartikels en veel meer. Ons het ‘n omvattende databasis op ons webwerf wat daagliks groei.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Lonehill Trading (PTY) LTD
Frequency:
Monthly
SUBSCRIBE
R 250
12 Issues

in this issue

2 min.
welkom

Hierdie tydperk van ingeperkte beweging wat ons deurmaak, het ʼn paar voordele gehad. Een goeie ding is dat ek werklik die kans kry om plante te sien groei, knop maak en blom! Net vanmôre is ek begroet deur ʼn eensame geel affodil in ʼn bedding wat deur blou dwergagapante omring word. Ek het gedink: Siestog, jy moet nogal alleen voel. En dis wat met bolle en baie ander plante gebeur, moet ek toegee; ons plant en saai, geniet hulle ʼn rukkie en vergeet van hulle. Dan, tot ons groot verbasing, sien ons dat hulle die hele volgende seisoen deurgemaak het sonder ons tussenkoms, of selfs ons sterk woorde, gebede, die brand van wierook of watter taktiek ook al. Die natuur kom bloot aan die gang en doen sy ding! Hierdie uitgawe…

2 min.
wolke geur!

Jasminum polyanthum (Chinese jasmyn) Hierdie geil immergroen klimplant is perfek om naby vensters en braaiplekke te plaas sodat sy lentegeur deur almal geniet kan word. Dit groei die beste in son en ligte skadu, en hou van goed gedreineerde, komposverrykte grond. Plante het matige waterbehoeftes as dit gevestig word. Chinese jasmyn blom van laatwinter tot in die lente en dra talle koppe soetgeurige blomme. Sy pienk knoppe ontvou in klein wit, eetbare, steragtige blommetjies. Aangesien dit ʼn sterkgroeiende klimplant is, sal jy dit met ʼn traliewerk moet ondersteun of toelaat om oor ander struike in die tuin te rank. Dit werk ook goed as dit langs ʼn heining geplant of teen ʼn onooglike muur opgehelp word, en bedek watertenks en ander nutsgoed mooi. Snoei hierdie klimplant na blom om dit netjies te…

4 min.
die tuine van stone cottage

Die tuin van Stone Cottage op Bedford is die hoogtepunt van ʼn lang en persoonlik fisieke reis deur die eienaars, Tony en Lesley. Hulle het in 2009 van die VK hulle in Suid-Afrika kom vestig, maar het eers in 2016 Karoo toe getrek en die huis gevind waarna hulle op soek was. Vergeleke met die tuin van 13 acres wat hulle in die VK gemaak het, is Stone Cottage op ʼn piepklein stukkie grond van net 1 100 m2 geleë. Aangesien Tony en Lesley nie meer so jonk is as toe nie en omdat hulle altyd alles in die tuin self doen, is ʼn kleiner eiendom sinvoller. Wat benewens die ligging in die smaak van die paartjie geval het, was dat die kothuis presies in die middel van die erf was…

1 min.
priceless

It’s not just the plants that give me such pleasure, Deep in my garden lies its real hidden treasure. I use my garden to grow my soul, To anchor my roots, to make me whole; To understand how good it can feel To weed out life’s trivia, to nurture what’s real; To connect with nature, finding peace in its earth, So how can I value what my garden is worth? www.thepoetryoftonygraham.com Die vyf tuinkamers word saamgebind danksy slim geplaaste paadjies en hekke. Kennis van die mikroklimaat van elke deel beteken dat Tony en Lesley plante kan plaas waar hulle sal gedy. Vyf fokuspunte met plantkombinasies en potte skep pouses terwyl ʼn mens deur die tuin ronddwaal.…

3 min.
uitsonderlike buiteruimtes

Moderne tuinmaak vereis ʼn holistiese benadering. Die dae is verby dat ʼn tuinbedding noukeurig versorg en die grasperk perfek gemaak word, maar ʼn metaaltafel of bank net in die hoek neergeplak en so laat staan word. Deesdae is jou tuin se harde landskapperingselemente net so belangrik as die plante self en word die ruimtes dikwels die meeste gebruik. Kies jou gunsteling uit hierdie kategorieë of voeg hulle saam om by jou uitsonderlike, moderne tuinontwerp te pas. KLEURRYK Tuiniers gaan mal met kleur as dit by plante kom. Waarom word daar dan van die gebruik van kleur in onthaalruimtes weggeskram? Dit sal nie jou tuin oortref as jy sterk kleure vir harde landskappering gebruik nie – die gebruik van komplementêre kleure sal net jou kosbare plante na vore bring. Spatsels rooi is die…

5 min.
die hoya is terug

Die genus Hoya bevat tussen 200 en 300 verskillende spesies. Daarby is daar ook ʼn menigte hibriede en kultivars van sekere spesies wat daarvan ʼn ongelooflik uiteenlopende groep plante maak. Hoya-plante staan as wasplante en wasblomme bekend. Hierdie plante het ʼn verspreidingsgebied wat van Indië in die weste tot China in die ooste, suidwaarts deur Thailand, Viëtnam en Maleisië, deur al die Suidoos-Asiese eilande en selfs tot in die noordelike gebiede van Australië strek. Vanweë hierdie groot verspreidingsgebied, wat talle verskillende habitats insluit, het hierdie plante uiteenlopende groeivereistes, wat ons in gedagte moet hou as ons hulle hier in Suid-Afrika wil aanhou. Die meeste hoyas kan oor die algemeen as tropies beskryf word, terwyl sekere spesies subtropies is. Die subtropiese spesies is die maklikste om in ons klimaat te kweek omdat die…