ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
Die Tuinier Tydskrif

Die Tuinier Tydskrif October 2020

Add to favorites

Die Tuinier Tydskrif verskyn maandeliks landswyd en is daaraan toegewy om tuiniers te inspireer deur praktiese raad te gee en tuinprojekte stap vir stap te wys. Ons maandartikels sluit in tuinontwerp, diepteplantartikels, die kweek van groente en kruie, watertuinmaak, tuinwildlewe en troeteldiere, spesialisplantartikels en veel meer. Ons het ‘n omvattende databasis op ons webwerf wat daagliks groei.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Lonehill Trading (PTY) LTD
Frequency:
Monthly
SUBSCRIBE
R 250
12 Issues

in this issue

2 min.
welkom

Noudat die grendelreels effens verslap is, was ons gister op ʼn GROOT DAGUITSTAPPIE na, wag net ʼn bietjie, Pietermaritzburg! Ja, goed – sommige van julle sal wel se dat Pmb.net met die pad op is van waar ons woon, en jy’s reg, dit is. Maar vir my was dit ʼn yslike avontuur! Dit was ongelooflik om uit te kom, by ʼn restaurant te sit en ʼn warm, gladde cappuccino in ʼn koppie met ʼn piering te geniet (wel, weet jy, tuis is daar net bekers). Ons het die geleentheid benut om ʼn paar tuinmaakerfstukke by die talle weggesteekte tweedehandse winkels in Pmb. te soek, en natuurlik het ons ʼn tuinsentrum of twee besoek. Wil jy glo: Ons het met ʼn kattebak vol plante teruggekom! Die hoofrede vir die besoek was om…

2 min.
neem ’n monster aan!

Monstera deliciosa Die geraamteplant, ʼn rankplant met reuseblare wat gewoonlik buite teen ʼn stewige boom gegroei het, het in die laaste tyd een van die gewildste binnenshuise plante op die mark geraak! Dit het diepgesnyde heldergroen blare aan dik groen stele en het volop plek nodig om binnenshuis in helder lig te groei! Dis ʼn honger monster wat maandeliks in die lente en somer vloeibare misstof nodig het, en sodra dit wortelgeknel raak gereeld oorgepot moet word in ʼn pot wat net een grootte groter is. Basiese sorg is om slegs nat te maak as die bogrond droog voel, en om die blare gereeld met ʼn nat doek skoon te maak om hulle stofvry en blink te hou. Philodendron bipinnatifidum ‘Hope’ ‘Hope’ is ʼn nierankende varieteit van die boomfilodendron met ʼn regop en…

7 min.
ʼn tuin met ʼn gevoel van ritme… en blou

Daar is ʼn asembenemende kunssinnigheid in die gemengde randakkers wat Judy Njoroge se huis omring en oor die blou heuwels van die Magaliesberg ver weg uitkyk. Toe Judy en haar gesin drie jaar gelede op die 5 000 m2-eiendom intrek, was dit ʼn kaal grashelling. Judy, wat landskappering aan die Lifestyle College of Landscape Design and Horticulture in Johannesburg gestudeer het, het geweet sy wou ʼn vloeiende, natuurlike voorkoms met hoofsaaklik inheemse waterslim plante he wat by die gevoel van wye oop ruimte pas. “Ek het egter oorweldig gevoel,” gee sy toe en het haar daarom gewend tot landskapsargitek Sonita Young, wat saam met haar aan Lifestyle gestudeer en ʼn vriendin geword het. “As dit jou tuin is, kan dit te groot voel om te hanteer, en daarom het ek regtig Sonita…

5 min.
die onselfsugtige tuinier

MOENIE HULLE DWING NIE Ek ken die pyn van om ʼn pragtige plant vreeslik graag in die tuin te wil he en om jou uiterste bes te doen om dit te laat werk, met hoegenaamd geen sukses nie. Talle plante is al na die plantbegraafplaas gestuur omdat ek hulle wou dwing om te groei op ’n plek waar hulle nie bedoel was om te groei nie. Kennis van die regte toestande kom daarop neer om die plant se natuurlike omgewing – byvoorbeeld onder woudbedekking of langs ʼn rivier – in ag te neem en dit te gebruik om te bepaal watter plante werklik in jou tuin sal aard. Die regte omgewing vir die plante moet die belangrikste wees as vir hulle tuingemaak word. Tuinmaak vir die plante, troeteldiere en die planeet Ons wil…

4 min.
niks klop bougainvilleas! nie

Bougainvilleas, wat inheems in die vogtige kusklimaatstreke van Brasilie is, vaar die beste in soortgelyke klimaatstreke, maar gedy eintlik in die meeste gebiede waar die temperatuur in die winter nie onder vriespunt daal nie en die somers warm is. Bedek jou bougainvilleas met rypdoek of plant hulle teen ʼn muur vir beskerming – of albei – in gebiede waar die temperatuur wel onder vriespunt daal. Gedurende die droe seisoen is bougainvilleas op hul treffendste en pronk met vertonings van tuimelende kleur. Papieragtige skutblare verskaf egter die kleur, nie die klein en betreklik onbeduidende roomkleurige of wit blommetjies wat hulle omring nie. Die skutblare self is te kry in ʼn verskeidenheid kleure van lila tot oranje, pienk, pers, rooi, violet, wit en geel, en wat jou paletvoorkeur dus ook al is, is…

1 min.
laeveldkastaiing vir groot warm tuine sterculia murex

Die laeveldkastaiing is ʼn indrukwekkende regop boom van 6 tot 12 m (by uitsondering tot 18 m) hoog met ʼn verspreiding van 4 tot 5 m en ʼn growwe, langsgegroefde gryserige bas. Dit het groot heldergroen handvormige blare met lang blaarstele, en uiters sierlike trossies wasagtige heldergeel koppievormige blomme met rooierige harte. Die groot gepunte vrugte herinner aan kastaiings, maar die plant is nie verwant aan egte kastaiings (genus Castanea, familie Fagaceae) nie. Hierdie pragtige lid van die Hibiscus-familie (Malvaceae) kom in die natuur in oop bosveldplantegroei in Mpumalanga and Eswatini voor, is min of meer bladwisselend en verloor die meeste van of al sy blare in die winter. Dit blom van laatwinter tot laatlente (Julie tot Oktober) en die treffende nuwe blare, wat aanvanklik bronsmaroen is, verskyn gelyktydig of…