ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
Die Tuinier Tydskrif

Die Tuinier Tydskrif November 2020

Add to favorites

Die Tuinier Tydskrif verskyn maandeliks landswyd en is daaraan toegewy om tuiniers te inspireer deur praktiese raad te gee en tuinprojekte stap vir stap te wys. Ons maandartikels sluit in tuinontwerp, diepteplantartikels, die kweek van groente en kruie, watertuinmaak, tuinwildlewe en troeteldiere, spesialisplantartikels en veel meer. Ons het ‘n omvattende databasis op ons webwerf wat daagliks groei.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Lonehill Trading (PTY) LTD
Frequency:
Monthly
SUBSCRIBE
R 250
12 Issues

in this issue

2 min.
welkom

Daar is oorvloed oral om ons. Net gister wys iemand my ʼn videogreep van die Theewaterskloofdam, Kaapstad se grootste opgaardam, wat die eerste keer in ʼn dekade oorloop. Aan die einde van 2017 was die dam net 12,7% vol, en nou staan dit op 99,6% van sy inhoudsmaat. Hoe wonderlik is dit nie! Onthou jy hoe dit ʼn paar jaar gelede was toe Dag Zero ons in die gesig gestaar het? Baie van ons het al hierdie onheilspellende dae vergeet van om in lang toue vir die watertenkwa te staan en wag, en om te besluit watter plant die paar druppels seperige opwaswater moet kry. Hopelik sal ons ook kan terugkyk op hierdie dag, maand en jaar en onthou hoe Covid-19 ons lewens verander het. Net soos die watertekort ons gewoontes…

1 min.
vir nou en vir altyd…

‘Knock Out’ As jy mal is oor rose, maar nie oor die voortdurende sorg wat sommige nodig het nie, is hierdie kompakte struikroos met sy oorvloedige trosse helderkersiepienk enkel- tot halfdubbelblomme net vir jou! Hierdie plante blom onophoudelik van die lente tot die herfs en is selfskoonmakend, wat beteken daar is min wat jy hoef te doen om hulle netjies te hou. Die donkerpersgroen loof is uiters bestand teen swartvlek, wat nog ʼn bonus is. Gebruik hulle as kleurryke roosrandakker langs sonnige paadjies of om jou patiogebied. Die grootte is ongeveer 90 by 120 cm. ‘My Granny’ Dit is vandag steeds een van die gewildste rose op die mark en die perfekte keuse om as spesiale geskenk te gee of ter herinnering aan iemand te plant. Swaar trosse gevierendeelde, rosetvormige sagpienk blomme wat…

6 min.
vernuftige tuinmaak

Sonkragbesproeiing GARDENA is bekend vir hul innoverende produkte, en die een is net so. Die AquaBloom Irrigation Set is ʼn outomatiese sonkragbesproeiingstelsel vir tot 20 plante. Die AquaBloom werk met sonkrag en hoef nie eens aan ʼn kraan gekoppel te word nie – dit gebruik water uit ʼn emmer! Dis ʼn drie-in-eenstelsel met ʼn geintegreerde pomp om water op te suig, ʼn beheerstelsel om seker te maak elke plant kry ewe veel water uit die drukeffeningsdrupkoppe, en ʼn sonpaneel wat die energie verskaf en herlaaibare batterye laai. En dis nie al nie: Dit het 14 voorafbepaalde benattingsprogramme en kan op ʼn tafel of aan handrelings opgestel, aan blompotrande vasgeknip of teen ʼn muur gemonteer word. Dit is veral nuttig as jou kosbare plante tuis bly as jy met vakansie gaan. Geen…

3 min.
restourasie van ʼn grande deme

Castle Ridge, ʼn sierlike huis wat vroeg in die 1920’s gebou is, is op die hoogste punt van die Westcliffrif in Johannesburg, Gauteng, gelee. Sy huidige eienaars, ʼn jong gesin, het sowat vyf jaar gelede die omvattende restourasie van die hele eiendom aangepak en Gregory Mark, ʼn bekende tuinontwerper, gevra om deel van die proses te word. ʼn Foto van ʼn roostuin op die eiendom wat in die vroee jare van die huis geneem is, dui daarop dat die tuinstyl oorspronklik formeel was. Met dit as inspirasie het Gregory en sy klient begin om van die tuinkenmerke te verwyder wat nie meer vir die huis van nut was nie, en om ander in te voer wat aan die ouderdom sowel as argitektoniese besonderhede daarvan erkenning gee. Die nagemaakte rotspoel is verwyder om…

5 min.
inheemse blomme vir buksietuine

Ons het ons eie fuchsias … Die foksia is ʼn vinniggroeiende, veelvertakkende plant met sagte, ovaal donkergroen blare en druipende buisvormige blomme waarvoor suikervoels en suikerbekkies lief is. Dit groei in die natuur in son tot ligte skadu naby water. ‘Candydrops’ is ʼn reeks uiters blomryke en bosagtige plante wat in rooi, roomkleur en dieproos te kry is (40 cm by 90 cm). Hallo, klein pronkertjie! Sy groot sus, die Septemberbossie, word ʼn groot bos, maar die dwergvorm ‘Petite Butterflies’ (ook genaamd ‘Sugar Baby’) is ʼn oulike, netjiese, geronde klein immergroen plantjie met klein groen en effens hartvormige blaartjies en fyn mauve blomme met ʼn kenmerkende wit kwassie. Hulle verskyn van tyd tot tyd heeljaar en bye, skoenlappers en voels is dol oor hulle. Hierdie klein struikie (50 x 40 cm) sal oral groei…

3 min.
bekoorlike fuchsias

Fuchsias, wat van Suid- en Sentraal- Amerika afkomstig is, het die plantwereld stormenderhand verower. Daar is duisende varieteite geteel, asook verenigings, klubs en jaarlikse skoue wat net aan hulle toegewy is. Die twee basiese fuchsiagroepe is die regop varieteite (en spesies) wat meer geskik is om in die grond te plant, en die rank- of tuimelende varieteite wat waarskynlik die perfekte keuse vir hangmandjies, vensterbakke en potte is. Stel jou voor ʼn ruim somerhouer propvol mooi fuchsias saam met lobularias, lobelias en begonias! Hoewel die blomvorms gewoonlik hangend is, is hulle veelvormig en wissel van enkel tot halfdubbel, dubbel en buisvormig (triphylla), na gelang van die getal kroonblare. Waar kan jy hulle kweek? Fuchsias hou van son sowel as skadu, en om hulle albei te gee, behels om hulle in die tuin te…