ZINIO logo

Die Tuinier Tydskrif December 2020

Die Tuinier Tydskrif verskyn maandeliks landswyd en is daaraan toegewy om tuiniers te inspireer deur praktiese raad te gee en tuinprojekte stap vir stap te wys. Ons maandartikels sluit in tuinontwerp, diepteplantartikels, die kweek van groente en kruie, watertuinmaak, tuinwildlewe en troeteldiere, spesialisplantartikels en veel meer. Ons het ‘n omvattende databasis op ons webwerf wat daagliks groei.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Lonehill Trading (PTY) LTD
Frequency:
Monthly
R 37
R 250
12 Issues

in this issue

3 min
welkom

Ek was doodbang dat die dag waarop ek vir die eerste keer sedert Covid 19 weer moes vlieg die wereld sou verander. Ek het lugvervoer ten alle koste vermy; ek verkies die idee van om in my eie borrel in my tuiskantoor te wees met honde om my, my tuin om na te kyk. Maar helaas, ek moes maar op my tande byt en koers kies die lug in. So hier is ek nou op 2 November veilig in Johannesburg na ʼn vlug sonder veel drama! Ek het dit gedoen! Natuurlik soos altyd as ons ons opwen, het ek amper nie ʼn oog toegemaak nie: ʼn grondboontjiebottertoebie om 2:30, die honde laat uitgaan om 4:00, en toe die wekker wat afgaan om 5:00 – mmm, die vreugdes van reis! Die wolkinders…

f0001-02
2 min
maak ogies vir jou…

Romantiese hibriedname wat van die gode in die Griekse mitologie afgelei is, is aan hulle gegee. Hulle is kompak en stewig, spog met die blinkste immergroen loof, en dra onophoudelik ʼn oorvloed blomme so groot soos borde regdeur die somermaande tot diep in die herfs. Die HibisQs-reeks het ʼn skitterende versameling blomme in lewendige en helder kleure wat almal teenstellende oe het. Die afsonderlike blomme hou lank (party tot ses dae) vanwee verbeterde genetika. ʼn Versameling potte met hierdie hibiskusse in sal dramatiese dekor aan dekke, patio’s en balkonne verleen. Tropiese hibiskusse is ongelukkig net geskik vir rypvrye en warm tuine waar hulle in gemengde struikbeddings of as kleurryke heinings gebruik kan word – hul volwasse grootte is ongeveer 2 by 1,5 m. Plant hulle in ander klimaatstreke in houers wat gedurende die…

f0004-01
4 min
geskenkgids

Kry wat jy REGTIG wil he Die STIHL GTA 26 koordlose handkettingsaag is ʼn moet-he vir sowel tuiniers as selfdoenentoesiaste. Dit is veelsydig, stil en kompak, het ʼn 10 cm-leistaaf, sny kragtige en akkuraat, en het ʼn lang batteryleeftyd wat dit ideaal maak vir selfdoenprojekte met hout as basis asook die snoei van struike en bome. Voeg dit nou op jou wenslys by! www.stihl.co.za Lugplantbeginpak Lugplante is ideale geskenke vir nuwelingtuiniers, of ervare tuiniers wat op soek is na iets nuuts om te beproef. Die beginpak het ʼn plantkeuse met verskillende kleure en teksture, en is ʼn uitstekende manier om jou versameling te begin. Die pak sluit in nege geetiketteerde plante asook versorgingswenke en aanwysings, wat alles in ʼn geskenkboks verpak is. Die pak word oral in Suid-Afrika by jou deur afgelewer, en kan…

f0006-01
6 min
tem die hoëveld

Tuinargitek Mike Carver is geen onbekende by Blair Athol nie en sy gawe om manjifieke natuurlike waterfokuspunte te skep, het al tot talle opdragte op die landgoed gelei. Toe ʼn inwoner van die landgoed hom nader om sy towerkuns te beoefen, was hy maar te bly om daaraan te voldoen. “Toe ek die eiendom die eerste keer opmeet, het ek dadelik ʼn rustige ruigte bome by die bopunt raakgesien en geweet dit sou die perfekte raam vir ʼn reeks strome en watervalle wees,” het Mike opgemerk. “Ek hou veral daarvan om waar moontlik inheemse plante te gebruik en die mengsel van karee (Searsia lancea), witstinkhout (Celtis africana) en riviervaderlandswilg (Combretum erythrophyllum) het vir my ʼn lieflike mengelmoes van vorms en teksture gegee om mee te werk.” Die eiendom loop daarvandaan af na…

f0010-01
4 min
10 kitsmaniere om jou tuin te verbeter

1. Groepeer potte buite saam in driee Volgens die bekende Reel van Drie is dinge inherent interessanter, opwindender en onvergeetliker as dit in driee aangebied word. Hierdie reel kan tot antieke tye teruggevoer word toe die Romeine die frase omne trium perfectum – “alles wat in driee is, is perfek” – gebruik het. Lui tuiniers kan hierdie reel koopteer deur potte buite in driee saam te groepeer. Voer dit nog verder deur potte van drie verskillende groottes in ʼn hoek op die patio of naby jou voordeur te groepeer. So eenvoudig en tog soveel aangenamer vir die oog. 2. Snoei, snoei, snoei! Daar is iets sterks aan snoei. Met ʼn takknipper bewapen, verander ʼn tuinier van ʼn sagte versorger in ʼn dol plantdiktator wat vrolik boomtakke afsnoei. Dit is nie net vir die…

f0018-01
4 min
ʼn peperomia vir elke seisoen

Peperomia caperata As jy aan peperomia dink, sal P. caperata gewis een van die eerste wees wat by jou opkom. Dit is een van die gewildste peperomias, met hartvormige geplooide blare en roomkleurige of rooi are as die plant blom. Anders as party ander varieteite is dit te kry in verskeie kleure, van groen tot rooi of pers en selfs silwer. As jy onseker is oor watter peperomia om te kies, sal die talle kultivars van P. caperata jou nie in die steek laat nie. Peperomia angulata P. angulata staan liefderik in Engels as die “beetle peperomia” bekend. Sy voorkoms is soortgelyk aan die van die waatlemoenpeperomia – groen blare met geel strepe in ʼn soortgelyke patroon as waatlemoenskil – wat sy nuutgevonde gewildheid verklaar. Die oranjegetinte stingels verleen kontras en helderheid wat…

f0024-01