ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
Die Tuinier Tydskrif

Die Tuinier Tydskrif January 2021

Add to favorites

Die Tuinier Tydskrif verskyn maandeliks landswyd en is daaraan toegewy om tuiniers te inspireer deur praktiese raad te gee en tuinprojekte stap vir stap te wys. Ons maandartikels sluit in tuinontwerp, diepteplantartikels, die kweek van groente en kruie, watertuinmaak, tuinwildlewe en troeteldiere, spesialisplantartikels en veel meer. Ons het ‘n omvattende databasis op ons webwerf wat daagliks groei.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Lonehill Trading (PTY) LTD
Frequency:
Monthly
SUBSCRIBE
R 250
12 Issues

in this issue

3 min.
welkom

Jy het dit gemaak! Hiep, hiep, hoera! Ja, ons het dit deur die verskriklike ou jaar gemaak en sien gretig uit na ‘n positiewer, kalmer en “normaler” nuwe jaar. Ek sê dit weer: “ONS HET DIT GEMAAK!” Klop jouself op die skouer, gee jouself die vatvyf, asem baie diep in en laat alles net uitkom! Ons het almal ‘n bietjie gekneus en gehawend anderkant uitgekom, maar ek glo vas ons is almal ook veel wyser sowel as dankbaarder en nederiger. Ek weet ongetwyfeld dat COVID-19 ‘n paar diep gedagtes en gedragsveranderings by my te voorskyn gebring het. Dit is so. Ek weet dis moeilik om te glo dat ‘n Taurus kan verander, maar ek verseker jou ek het. Baie veranderings is klein, en lyk dalk na die “daaglikse motiveringsaanhalings” wat ons…

2 min.
gee om vir carex

Ons gee om vir en is selfs dol oor lede van die Carex-genus omdat hulle soos die kersies op elke koek en die skyfies saam met elke hamburger is. Hoewel hulle nie noodwendig die eerste moethe- item op elke plantlys is nie, is dit hulle wat elke plantskema afrond met bekoring en wonderlike blaarteksture. Sommige van die baie spesies en varieteite in hierdie groot genus, wat ook as rietgrasse bekend staan, het vertakkende haarwortels en digte krone, en is nuttig om grond te bind en afloop te verminder, wat sodoende die hoeveelheid reenwater verhoog wat in die grond wegsak. Hulle onderdruk ook onkruid as hulle in ‘n massa geplant word, is ‘n goeie alternatief vir perkgras, is pragtig as randakkerrande en lyk goed in gruistuine en gemengde houers. Hulle is…

5 min.
landskap en beeld

Toe ek die eerste keer die Dylan Lewis-tuin van beeldhouwerke buite Stellenbosch besoek, het ek nie geweet waarheen ek op pad was nie. Ek is net vir ‘n funksie uitgenooi en ‘n adres gegee. Min het ek geweet dat ek op die kunswerke van een van Suid-Afrika se bekendste eietydse beeldhouers vergas sou word, of dat die tuin self ‘n verlengstuk van sy werk is. As jy nie Dylan se werk ken nie, gaan kyk op sy webwerf of Instagram-toevoer om die omvang van sy vernuf te sien. Hy word algemeen beskou as een van die meesters van die diervorm, en veral sy wildekatte is iets om te aanskou. Deesdae konsentreer hy toenemend op die menslike vorm. Hy werk hoofsaaklik in brons. Dit duur vir ‘n tuinier gewoonlik ‘n ewigheid om die regte…

1 min.
laat jou plante hierdie somer skitter

Ons stel dikwels voor dat bolle, kruie, vetplante en ander plante in houers geplant word. Die keuse van die beste pot stel die plant in staat om te gedy en op sy beste te lyk. Capi Pots is ‘n uitstekende keuse – daar is ‘n omvattende katalogus van groottes en ontwerpe, wat volgens hoë standaarde in Nederland vervaardig word, met keuses vir binne en buite. Die meeste potte in die reeks is lig, ofskoon hulle sterk genoeg is om baie jare lank teen die elemente weerstand te bied. Plantbakke Capi vervaardig ‘n groot reeks plantbakke, dus sal daar beslis een wees om in die ruimte te pas en vir die plante te werk wat jy in gedagte het. Wat jy ook al wil he, klassiek en rustiek of modern en minimalisties, kort of…

1 min.
‘the great reset’

The Great Reset word aan jou gebring deur STIHL, ‘n maatskappy in die tuinboubedryf wat uiters goed vaar en aan tevrede klante innoverende gereedskap lewer wat in die kol met die mode is. STIHL, ‘n maatskappy in familiebesit, is in 1926 deur Andreas Stihl in Duitsland gestig, en sy kleinseun, dr. Nikolas Stihl, staan vandag aan die hoof daarvan. Vanaf die ontwikkeling van sy eerste kettingsaag in 1926 het Andreas Stihl se doelwit “om mense se werk met en in die natuur makliker te maak” die rigsnoer gebly en is vandag steeds die kern van die STIHL-etos. Innoverende idees, interne kundigheid en uiters noukeurige vakmanskap het gelei tot ‘n groot en voortdurend uitbreidende produkportfolio van kettingsaag- en buitekragtoerusting wat die maatskappy wereldwyd voortgedryf het. Die STIHL-groep ontwikkel, vervaardig en verkoop ‘n groot…

9 min.
vier die veelsydigheid van meerjariges

Miscanthus sinensis ‘Cabaret’ (sebragras) ‘Cabaret’ vorm ‘n digte pol van oor die 1 m hoog en sowat 2 m wyd. Sy skraal, lintvormige blare het roomwit middelriwwe en baie donkergroen rande. Die rietagtige blomstingels dra donkerpienk of koperagtige pluime in die lente wat tot laatherfs aan die plant bly en uiteindelik tot roomkleur verbleik. Gebruik dit as ‘n groot aksentplant – plant dit in groepe van drie tot vyf in die middel van die bedding. Bracteantha bracteata (strooiblom) Die strooiblom of sewejaartjie was ‘n paar jaar uit die mode, maar is met mening terug met die ‘Mohave’-reeks wat bestaan uit ‘n verskeidenheid iriserende kleure. Dit bied ‘n geronde groeiwyse en blom van die lente tot die herfs. HOOGSOMERTREFKRAG Gebruik dit om kaal kolle op die voorgrond toe te maak. Salvia ‘Salmia’ ’Salmia’ voldoen aan al die vereistes –…