ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
Die Tuinier Tydskrif

Die Tuinier Tydskrif February 2021

Add to favorites

Die Tuinier Tydskrif verskyn maandeliks landswyd en is daaraan toegewy om tuiniers te inspireer deur praktiese raad te gee en tuinprojekte stap vir stap te wys. Ons maandartikels sluit in tuinontwerp, diepteplantartikels, die kweek van groente en kruie, watertuinmaak, tuinwildlewe en troeteldiere, spesialisplantartikels en veel meer. Ons het ‘n omvattende databasis op ons webwerf wat daagliks groei.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Lonehill Trading (PTY) LTD
Frequency:
Monthly
SUBSCRIBE
R 250
12 Issues

in this issue

2 min.
welkom

Merk die blokkie af: Die eerxfste maand het gekom en gegaan sonder te veel drama! Ek is een van die wat bly is dat ek nou amptelik kan se ek ruik al die einde van die somer, wat haar neus net om die hoekie steek. Ek sien uit na die take wat ek vir Februariemaand beplan het met die wete dat dit alles tot voordeel van my herfstuin is. Vandeesmaand bring ons vir julle ʼn besondere tuin van 9 hektaar in ʼn ongenadige klimaat, die Karoo. Dis ʼn tuin net buite Kimberley met sy wortels in die 1950’s. Begryplikerwys sal sommige van julle dink dat julle niks uit hierdie tuin sal leer nie bloot vanwee sy grootte en klimaat – dit was my eerste gedagte, maar nadat ek meer te wete…

2 min.
drie euphorbias

Euphorbia milii ‘Lipstick’ Die kroondoring slaan meer die asem weg as enige ander doringrige plant wat ʼn mens as sekuriteitsversperring al met die grens af of voor ʼn muur met die sypaadjie langs kan plant. E. milii en die moderne hibriede wat daaruit geteel is, kan lae, blomryke doringrige heinings vorm wat selde hoer as 60 cm tot 1 m word. Hierdie stadiggroeiende vetplante groei en lyk ook goed in potte. Die taai euphorbia van Malgassiese oorsprong se potensiaal vir die binnenshuise plantmark is gou besef en nou is ʼn wonderlike verskeidenheid varieteite te kry, soos ‘Lipstick’ met sy welige elliptiese groen blare en dosyne skokpienk blomme van laatwinter tot die lente en somer. Maak die kroondoring in die somer gereeld nat en hou dit in die winter so droog moontlik. As…

2 min.
geskenke vir jou valentyn

Kweek warmte Laat brand jou Valentynshart deur hierdie Valentynsdag jou eie plante van MayFord-brandrissiesaad te kweek. MayFord se ‘Long Slim Cayenne’-brandrissies sal binne 75 dae oesgereed wees, net betyds vir die winter as ʼn warm en pikante byvoeging by warm geregte en souse. Geniet ʼn ekstra warm Valentynsdag! www.mayford.co.za Gee ʼn iets met waarde Die vernuftige STIHL GTA 26 koordlose kettingsaag is veelsydig, kompak en uiters beweeglik. Dis perfek vir take soos die snoei en opsny van klein takkies in die tuin, en ideaal vir selfdoenprojekte met hout en huisverbeterings. Dis so stil dat geen gehoorbeskerming nodig is nie: uitstekend met bure naby! Wie wil dan die Valentynsdag sjokolade of sjampanje heʼn Gee liewer ʼn blywende geskenk om die hart van enige tuinier of selfdoenentoesias bly te maak. Besoek www.stihl.co.za. ʼn Mooi tuingeskenk Maak jou tuin…

9 min.
mauritzfontein: die storie van ’n karootuin

Vir baie tuiniers sal die grootte van die tuine by Mauritzfontein waarskynlik oorweldigend lyk. Slegs die dapperstes probeer op hierdie skaal, 9 hektaar, in die Karoo tuinmaak, en net die vreesloses pak die selfs dorder NamaKaroo aan. Vir landskapontwerper Arthur Mennigke is ʼn tuin van die grootte ʼn opwindende uitdaging. Dit is die tuin waar Joane Pim in die 1950’s baanbrekerswerk verrig het toe die eienaar, Harry Oppenheimer, haar uitgenooi het om “die veld te vergroen” rondom die opstal by sy stoetery buite Kimberley. Van kaal veld tot romantiese en oorvloedige Arkadie: Jy hoef vandag net rond te kyk om te sien hoe suksesvol die transformasie was. Joane het die projek gretig aangepak, terwyl haar klant ʼn lewendige belangstelling in haar werk getoon en volgehou het dat hierdie tuine haar…

7 min.
behaal plantsukses

As jy plantsukses behaal het, het jy waarskynlik nou al ʼn mooi tuin wat jou gelukkig en tevrede maak sonder dat dit te veel meer van jou vra. Indien nie, skep moed omdat plantsukses afhang van maklike woorde soos “klimaat”, “beplanning”, “plek”, “voorbereiding” en “sorg”. 1 Klimaatsake Een van die hoofredes waarom sommige plante die tuinier soms teleurstel (selfs al word hulle eindeloos gepamperlang), is dat hulle nie by moeilike klimaatstoestande kan aanpas nie. Hoewel kunsmatige mikroklimate in enige tuin geskep kan word om een besondere moet-he-plant te plesier, is dit onsinnig om dit vir die hele tuin te doen. As jy in ʼn gebied tuinmaak wat geneig is om in die winter strawwe ryp en koue wind te kry, oorweeg die volgende keuses: • Bladwisselende plante raak rustend in die winter, verloor al…

7 min.
die geheimenis van sampioene

As passievolle tuiniers word ons van tyd tot tyd verbaas en verras om die een of ander vorm van sampioen te kry wat oornag op ons grasperk opgeskiet het, in die blombedding verskyn het of op ʼn skadukol in ons agterplaas skuil. Party van ons neem nie notisie van hierdie betowerende klein wondertjies van die natuur nie, ander benader hulle met vrees, agterdog en bygeloof, en tog is die vraag wat die algemeenste gestel word as hulle bemerk word of die sampioene eetbaar is. Wat is hierdie vreemde, betowerende en soms treffende lewensvorms eintlikʼn Sampioene is bloot die sigbare vlesige, spoordraende vrugte van swamme. Hierdie organismes is nog plant nog dier, maar behoort tot die swamkoninkryk wat ook kimme, giste, roes- en brandswamme en skimmels insluit. Sampioene verskyn in baie vorms en fatsoene,…