ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
Die Tuinier Tydskrif

Die Tuinier Tydskrif March 2021

Add to favorites

Die Tuinier Tydskrif verskyn maandeliks landswyd en is daaraan toegewy om tuiniers te inspireer deur praktiese raad te gee en tuinprojekte stap vir stap te wys. Ons maandartikels sluit in tuinontwerp, diepteplantartikels, die kweek van groente en kruie, watertuinmaak, tuinwildlewe en troeteldiere, spesialisplantartikels en veel meer. Ons het ‘n omvattende databasis op ons webwerf wat daagliks groei.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Lonehill Trading (PTY) LTD
Frequency:
Monthly
SUBSCRIBE
R 250
12 Issues

in this issue

2 min.
welkom

Dis baie hartseer dat Nancy Gardiner, ʼn ou tuinmaakvriendin, in die laaste week van Desember 2020 oorlede is. Baie van julle het waarskynlik ons Facebookplasing oor hierdie legendariese tuinier gesien; dié van julle wat dit nie gesien het nie, laat my asseblief toe om ʼn paar van my teerste herinneringe aan Nancy met julle te deel. Natuurlik het almal in die tuinmaakwêreld die naam Nancy Gardiner geken. Toe ek nog ʼn jong saailing in die tuinmaakwereld was en by Dunrobin Garden Centre in Botha’s Hill, KwaZulu-Natal, gewerk het, het Nancy dikwels die kwekery besoek. Dit was ʼn groot ding vir my: ʼn glanstuinier, skrywer van boeke en fotograaf in ons eie tuinsentrum! Wel, nodeloos om te se, het ek soos gom aan haar gekleef, vrae gestel, plante help verskuif waar ek…

2 min.
vir binne en buite

Bont hen-met-kuikens Chlorophytum comosum ‘Vittatum’ is ʼn skouspelagtige kultivar van die inheemse C. comosum met kleurryke bont blare. Hierdie immergroen wortelstokmeerjarige vorm ʼn groot basale roset met buigende lintvormige blare van tot 45 cm lank. Dit dra dun neerhangende stingels met wit stervormige blommetjies wat gou plek maak vir perfekte klein miniatuurplantjies. In gematigde tuine kan dit as polvormende grondbedekker gebruik word om lig en interessantheid aan saai skaduryke hoekies te verleen waar die talle klein plantjies wat gevorm het, gou sal wortelskiet waar hulle aan die grond raak om nog polle te maak. Sit dit binnenshuis op rakke, plant dit in hangmandjies of gebruik dit in makramépothouers en kweek dit in helder, indirekte lig. Hou die grond net klam en moenie dit oorbemes nie omdat dit die produksie kan beperk van…

6 min.
die saggeaarde reus tussen sy rose

Ligging: Underberg-platteland Tuingrootte: 1,2 hektaar Tuinouderdom: 6 jaar Kinders: Gina en Logan 1 200 rose Shaun van Huyssteen het lewenslank al ʼn liefde vir rose, en dit is sigbaar in sy tuin. Hierdie saggeaarde reus van net onder die sewe voet vind op die een of ander manier tyd om sy sowat 1 200 rose te vertroetel asook sy melkplaas te versorg, wat net buite Underberg in die Suidelike Drakensberg nestel. Sy waardering vir rose kom van sy oupa af, wie se gunstelingroos ‘Peace’ was, ʼn edelroos met buitengewoon groot geurige blomme. Shaun het in Pietermaritzburg grootgeword en sy besoeke aan sy grootouers in die Swartberg het hom geïnspireer om op 14 al rose op straathoeke te begin verkoop vir sakgeld. Dit was die begin van ʼn lang vriendskap met Tarr-rose, en vandag nog besoek…

3 min.
wenke om met ontwerpelemente te werk

1 Skaal en tekstuur in klein tuintjies ʼn Sterk opvallende houer of fokuspunt in ʼn klein tuintjie kan veel treffender wees as ʼn versameling klein items. Dieselfde beginsel geld vir die tekstuur van plante in ʼn klein ruimte. Kies ʼn paar plante met groot, interessante blare en gebruik dit saam met fyner plantmateriaal vir ʼn interessante plantskema. 2 Gebruik ʼn deklaag Maak seker dat die grond te alle tye met Óf ʼn dik laag kompos, ʼn laag klein tot middelgroot blare Óf met ʼn pragtige verskeidenheid grondbedekkers bedek word. Die bedekking sal die grond isoleer teen die son se hitte en beskadigende wind, en sal ook help om onkruid te beperk. 3 Ruim beddings en plantafstande Wye beddings kan aanvanklik oorweldigend lyk, maar sal op die duur beslis min onderhoud vereis en jou ook meer keuses…

4 min.
top-10 rose

‘Flower Carpet’ Met meer as 25 internasionale pryse is ‘Flower Carpet’-rose die rose om na op die uitkyk te wees. Soos die naam te kenne gee, is hulle grondbedekkerrose wat oor die grond rank met die potensiaal om ʼn ongelooflike 2 000 blomme van die lente tot die herfs te dra. Reeds in die 1980’s het die Australiese kweker Anthony Tesselaar ‘Flower Carpet’-rose aan die wereld bekend gestel, en ons eie Keith Kirsten het hulle in Suid-Afrika beroemd gemaak. As die rose eers gevestig is, is hulle droogtebestand met min onderhoud, waarvoor net ʼn langsteelsnoeiskêr nodig is om hulle terug te snoei as dit verlang word. Hulle is ook siektebestand. Net soos met die maak van goeie wyn, is diepgaande rosekennis vir die ontwikkeling van ʼn nuwe hibried nodig soos die kies van…

4 min.
’n passie vir rose

As Meneer Ludwig, soos hy dikwels genoem word, nie tussen sy rose is nie, is hy op sy gelukkigste om met mense oor rose te praat, of dit nou met besoekers op die roosplaas, by praatjies by tuinklubs en skoue of by sy baie demonstrasies oor hoe om rose eenvoudig en maklik te kweek is, om nie te praat van sy rubrieke in tydskrifte en koerante, sy maandelikse e-posnuusbrief, Talking Roses, en die twee boeke wat hy geskryf het nie. Hierdie maand vier Ludwig’s Roses sy 50-jarige bestaan, die gelukkige toeval van ʼn passie vir rose wat ʼn groeiende en suksesvolle onderneming geraak het. Nadat hy van kindsbeen af deel was van die familieonderneming wat rose gekweek het, was Ludwig vasberade om te wys dat dit maklik is om rose…