ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
Die Tuinier Tydskrif

Die Tuinier Tydskrif April 2021

Add to favorites

Die Tuinier Tydskrif verskyn maandeliks landswyd en is daaraan toegewy om tuiniers te inspireer deur praktiese raad te gee en tuinprojekte stap vir stap te wys. Ons maandartikels sluit in tuinontwerp, diepteplantartikels, die kweek van groente en kruie, watertuinmaak, tuinwildlewe en troeteldiere, spesialisplantartikels en veel meer. Ons het ‘n omvattende databasis op ons webwerf wat daagliks groei.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Lonehill Trading (PTY) LTD
Frequency:
Monthly
SUBSCRIBE
R 250
12 Issues

in this issue

2 min.
welkom

Lobularia, scabiosa en siphilitica is nie die name van seksueel oordraagbare siektes, breinsteurings of bakterieinfeksies nie. Nee, dit is die botaniese name van sommige van ons geliefkoosde plante! (Ek sal jou egter vergewe as jy verbaas opkyk as jy die name lees!) Natuurlik is daar ook die snaakses, veral onder plantvolksname: kangaroepoot (Anigozanthos), skoonma-se-tong en ook olifant-se-tandestokkie (Sansevieria) en my groot gunsteling, die geraamteplant (Monstera deliciosa). Hierdie maand neem Madison Moulton ons op ‘nongelooflike plantnaamreis, wat ook as botaniese nomenklatuur bekend staan – ja, nog ‘n tongknoper. Dit is gewoonlik regtig moeilik om hierdie botaniese name te onthou en uit te spreek, en as jy al ooit gewonder het hoe op aarde ‘n plant ‘n sekere naam gekry het, moenie verder soek nie. Hierdie in-die-kol artikel sal alles aan die…

2 min.
warm kleure vir koue tye

Tecomaria capensis ‘Orange’ Heuningbye, skoenlappers en suikerbekkies besoek gretig ‘n blommende Kaapse kanferfoelie vir sy soet nektar, terwyl inseketende voels invlieg om op die bestuiwers fees te vier, gevolglik is daar altyd ‘n beroering van tuinlewe in die omgewing van hierdie groot en spreidende inheemse struik (3 m x 3 m). Dis immergroen, bestand teen die wind en teen lang droogtes as dit eers gevestig is, maar is ongelukkig gevoelig vir strawwe ryp. Kaapse kanferfoelie, wat ook in geel, appelkoos, rooi en salm vorms te kry is, groei vinnig met netjiese blink donkergroen loof en dra volop blomare met buisvormige blomme aan sy stingelpunte wat in die herfs en lente oorvloedig is. Die plant word sterk aanbeveel as heiningplant en reageer uiters goed op formele snoei, wat kan maak dat ‘n tuinier sy blomme…

4 min.
‘n groeiende liefdesverhouding

Michael Hogan, afgetrede binneontwerper, kunstenaar en pottebakker, het sowat dertig jaar gelede na hierdie eiendom in die noorde van Johannesburg getrek. Hy het begin om ‘n beroemde Engels geinspireerde tuin vol rose, pastelkleurige jaarplante en mooi meerjariges te skep. Ongeveer 10 jaar gelede toe sy rose aan roossiekte doodgaan, het hy egter besluit dis tyd vir ‘n verandering. “Ek was moeg vir die gewone en alledaagse,” verduidelik hy. “Suid-Afrika het te lank aan Eurosentriese beginsels voldoen en ek wou iets skep wat ‘n bietjie eksentriek was maar steeds ritme gehad het. Ek was nie op soek na iets vreedsaams en rustigs nie, eerder na ‘n tuin vol rustelose energie, iets amper verontrustend wat my sou inspireer en versterk.” Al wat van die oorspronklike tuin oor is, is die volwasse bome en ‘n…

5 min.
verleidelike laventel!

Hierdie kruid, h‘n lid van die mentfamilie Lamiaceae, is so bekend dat sy volksnaam selfs gebruik word om ‘n kleur te beskryf. Die meeste van ons sal die term “laventel” in verband bring met ‘n sagte ligpers skakering wat elegansie, verfyndheid, kalmte, skoonheid en weelde simboliseer – laasgenoemde twee waarskynlik omdat die Latynse woord “lavare” beteken om te was. ‘n Mens kan jou net voorstel hoe die seëvierende en dekadente Romeine in bosse laventeltakkies en blomme gebaai het, hul pas gewaste togas oor die bosse oopgesprei het om dit met die vars geur te deurtrek, en gedroogde takkies met blare en blomme in donker hoeke opgestapel het om plaagbesmette vlooie af te weer! Daar word geglo dat laventel van die Mediterreense Streek, Midde-Ooste en Indie afkomstig is, en in vandag se…

4 min.
wat beteken ‘n naam?

Plantnomenklatuur en Botaniese Latyn slaan nuwe tuiniers dronk, wat nie moeilik is om te glo nie: Die stelsel van meer as 250 jaar is gegrond op ‘n taal waarvan ons vandag baie min hoor – Latyn (of verlatynse woorde uit ander tale, soos Grieks). Dalk is jy in die versoeking om nie hierdie ineengestrengelde struktuur te leer nie maar te omseil deur volksname te gebruik of vir jou plante troetelname te gee (hulle is op stuk van sake deel van die gesin). Ongelukkig kan dit tot ‘n paar probleme lei as jy hierdie roete volg: Eerstens is die volksname van plante nie universeel nie, en sommige kan verskeie volksname hê. ‘n “Bluebell” in Skotland is nie dieselfde as ‘n “bluebell” in Engeland nie. As jy dus ‘n plant met jou penvriend…

3 min.
beproef jou kennis

Buxus sempervirens “Buxus” beteken boks, “sempervirens” beteken immergroen. Dis algemeen bekend as die gewone buksboom en kry sy naam vanweë sy boksvormige voorkoms (wat as heining gebruik word) en sy immergroen kenmerk. Clematis terniflora “Clematis” uit die Grieks “cleama” beteken loot, en “terniflora” blomme in drieë. In Engels is dit algemeen bekend as “sweet-autumn clematis”. Die loot is ‘n slanke klimmende stingel met blomme wat in veelvoude van drie verskyn. Cotoneaster horizontalis “Cotone” beteken kweper, “-aster” beteken lyk soos, en “horizontalis” plat op die grond. Dis algemeen bekend as die dwergmispel, ‘n grondbedekkerplant wat na die kweper lyk. Digitalis purpurea “Digitalis” beteken vinger en “purpurea” pers. Dis algemeen bekend as die vingerhoedjie. Die Latynse naam word vertaal as pers vinger en verwys na die blomvorm. Galium odoratum “Galium” kom uit die Grieks vir melk, en “odoratum” beteken geurig. Dis…