ZINIO logo

Die Tuinier Tydskrif May 2021

Die Tuinier Tydskrif verskyn maandeliks landswyd en is daaraan toegewy om tuiniers te inspireer deur praktiese raad te gee en tuinprojekte stap vir stap te wys. Ons maandartikels sluit in tuinontwerp, diepteplantartikels, die kweek van groente en kruie, watertuinmaak, tuinwildlewe en troeteldiere, spesialisplantartikels en veel meer. Ons het ‘n omvattende databasis op ons webwerf wat daagliks groei.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Lonehill Trading (PTY) LTD
Frequency:
Monthly
R 37
R 250
12 Issues

in this issue

2 min
welkom

M in plante bied soveel as die nederige gazania, ons voorbladblom dié maand. Hul komplekse kleure, skakerings, fluwelige tekstuur en patrone bekoor my al jare – die simmetrie in hierdie eenvoudige blomme gaan my verstand te bowe! Elke winter neem ek honderde foto’s van hulle, en wat vir my so interessant is, is die duidelike “aanloopbane” op elke blom wat die heuningbye reguit na die stuifmeel toe lei. Onder ultravioletlig verlig en gloei hulle baie soos ʼn stroboskopiese lig wat die bye met die presisie van ʼn GPS reguit na die prys toe lei! Hulle is een van die talle “volmaak” ontwerpte blomme, en die heel beste is hulle is inheems, taai en altyd vrolik. Geen wonder hulle word in die taal van die blomme dikwels verbind met die woorde…

f0001-01
2 min
3 superkosbome

Granaat Die wetenskaplike naam, Punica granatum, is afgelei van “pomum granatum”, wat “appel met baie sade” beteken. Dit is ʼn pragtige vrug wat die inspirasie vir kunstenaars sowel as digters was! Talle moderne kultivars word kommersieel verbou deur boere, maar is nie geredelik verkrygbaar vir huistuiniers nie. Die granaat ‘Wonderful’ is wel, en is die moeite werd om te beproef. Dit is ʼn groot struik of klein boompie van tot 5 m hoog, wat daarvan die ideale eksemplaarboom in ʼn bukstuin maak. Die interessante stam en takke wat met smal, heldergroen blare bedek is, lyk besonder indrukwekkend, en dit is voor die oranjerooi blomme van die lente tot die somer verskyn en deur ʼn herfsoes van uiters sappige rooi-tot persskilvrugte gevolg word. Granate hou van droë tot halfdroë klimaatstreke met koel winters…

f0004-01
2 min
tuinmark

“Die lewe kom nie met ʼn handleiding nie. Dit kom met ʼn moeder.” Maak Ma hierdie Moedersdag bly met die geskenk van gelukkige en veilige tuinmaak. Die EcoBuz-geskenkpak bevat ʼn verskeidenheid omgewings-en kindervriendelike tuinmaakprodukte. Ons Nurture-produkte bou gesonde grond en plante, en ondersteun sterk plante wat plaag-en siektebestand is. Sodra ongenooide gaste wel opdaag, verskaf ons biologiese Protect-reeks beheer sonder om voordelige insekte te benadeel en sonder enige chemiese residu’s: Behandel vandag, eet vandag. Gee jou ma die geskenk van stresvrye tuinmaak wat geen skadelike uitwerking op haar, haar kinders of kleinkinders het nie. www.ecobuz.co.za Vertrek in styl Ware tuiniers word nie deur die reën afgeskrik nie: Hulle trek eenvoudig ʼn waterdigte poncho aan en hou aan tuinmaak. Rosehip Waterproof Ponchos word met trots in Suid-Afrika gemaak en is te kry in ʼn groot…

f0006-01
4 min
weer eens ‘n paradys

KORTLIKS: Waar: NoordelikeKwaZulu-Natal Grootte: 2000m2 Grond: Sandsteen Ontwerper: Chris Dalzell van Chris Dalzell Landscapes Toe ek gevra is om die tuine by die nuut gestigte Babanango Wildreservaat in Noord-KwaZulu-Natal te ontwerp en te ontwikkel, was die opdrag om tuine te skep wat die natuurlike plantegroei sou aanvul wat op die reservaat van 22 000 hektaar voorkom, waterslim plante asook plante wat skoenlappers en voëls lok te gebruik en heeljaar blomme te verskaf. Toe ek in Januarie 2019 die terrein die eerste keer besoek, is ek getref deur die enorme verskeidenheid flora, asook deur hoeveel van hierdie plante in die nuwe tuine gebruik sou kon word. Dit het my nuwe doelwit geraak: om die plante in die reservaat in die nuwe tuine te gebruik. Ek het op verskillende tye van die jaar na die reservaat teruggekeer om te…

f0008-01
1 min
werk en speel met die natuur

In ʼn era waar klein tuintjies die norm is en ons voetspoor ʼn invloed op die planeet het, is daar baie om te oorweeg as ʼn tuin ontwerp word. Die onderwerpe boaan die lys is waterskaarste, voedselsekuriteit en die vernietiging van habitats – almal belangrike sake as ons in harmonie met ons wêreld wil leef. Die landskapontwerpstudente van Lifestyle College leer hierdie belangrike dinge saam met praktieser ontwerpelemente. Hulle kry dan die opdrag om wat hulle geleer het, uit te stal op die Lifestyle Tuinontwerpskou, wat van Maart tot einde Mei duur by die Lifestyle Home Garden in Randburg. Ten spyte van die struikelblokke wat ons tans met die pandemie die hoof moet bied, het die studente vanjaar die uitdaging aangepak en ʼn klompie ongelooflike tuine gemaak met hope wat te sien…

f0016-01
2 min
deel 3

REWILDING Dit gebeur selde in tuinontwerp dat die vereiste is om niks te doen nie! Dit is op sy eenvoudigste waaroor Rewilding gaan, hoewel dit nie veel van ʼn tuinontwerptaak sal wees as die studente niks gedoen het nie. Met slim kombinasies van grasse, struike en blomme is ʼn wilde tuin genaamd “Realwilding” vir die skou gemaak. ʼn Kring pale waarop swart en wit ontwerpe geverf is, omvou die sitgebied en borrelende waterfokuspunt wat ʼn mens in ʼn kokon in die natuur toespin. Uit hierdie ontspanningskol kan alle soorte natuurlewe, insekte en plante geniet word terwyl ons ʼn moderne ontwerp met die tydlose natuur verbind. PINCH ME Die skroefstaafpotplantfokuspunt is ʼn hoogtepunt in hierdie Mediterreense styl tuin met sy druiwepriële, massa laventels en geharde roosmaryn. Potkruie lok ons uit om ʼn buitelugmaal saam…

f0018-01